Oswald Spengler
|
|
Gebore
|
(
1880-05-29
)
29 Mei 1880
Blankenburg, Hertogdom van Brunswyk,
Duitse Keiserryk
|
Oorlede
|
8 Mei 1936 (op 55)
Munchen
,
Beiere
,
Nazi-Duitsland
|
Nasionaliteit
|
Duitsland
|
Vakgebied
|
Filosofie van die geskiedenis
|
Alma mater
|
Universiteit van Munchen
Universiteit van Berlyn
Universiteit van Halle
|
Beinvloed deur
|
Leo Frobenius
,
Johann Wolfgang von Goethe
,
Georg Wilhelm Friedrich Hegel
,
Herakleitos
,
Friedrich Nietzsche
,
Arthur Schopenhauer
,
Johann Joachim Winckelmann
|
Invloed op
|
Theodor Adorno
,
Northrop Frye
,
Karl Haushofer
,
Ernst Junger
,
George F. Kennan
,
Henry Kissinger
,
H. P. Lovecraft
,
Malcolm X
,
Henry Miller
,
Paul Nitze
,
J. Ortega y Gasset
,
Arnold J. Toynbee
,
G. H. von Wright
,
Ludwig Wittgenstein
,
Martin Heidegger
,
Julius Evola
,
Michel Aflaq
|
Handtekening
|
|
Oswald Arnold Gottfried Spengler
(Blankenburg,
29 Mei
1880
?
Munchen
,
8 Mei
1936
) was 'n
Duitse
geskiedenisfilosoof en
kultuur
historikus
.
Spengler studeer in die
wiskunde
en
natuurwetenskappe
in
Halle
, Munchen en
Berlyn
en promoveer in
1904
in Halle met 'n filosofiese
proefskrif
("
Der metaphysische Grundgedanke der Heraklitischen Philosophie
").
Na hy onderwyser was in 'n gymnasium in Hamburg, waar hy in wiskunde, natuurkunde,
Duits
en
geskiedenis
gee, vestig Spengler homself in Munchen, as onafhanklike skrywer oor kultuur. Hy skryf monargistiese en antiparlementere artikels. In
1918
en
1922
word sy vernaamste tweedelige werk "Die ondergang van die
Awendland
" gepubliseer, waarin hy sy pessimistiese siening van die Westerse geskiedenis ontvou. Hiermee word hy een van die grondleggers van die kultuurpessimisme. Aanvanklik steun hy die opkomende
nasionaalsosialisme
, waarmee hy die afkeer van die
Republiek van Weimar
deel, maar later wys hy dit af, veral weens die
antisemitisme
. Hoewel hy in
1933
in die Duitse akademie van wetenskappe gekies word, mag sy werk en idees nie meer genoem word op die Duitse radio nie.
Die Ondergang van die Awendland
[
wysig
|
wysig bron
]
Spengler verwerp alle idees van vooruitgang, waarvoor die nasionaalsosialiste hom kwalik neem. In die plek stel hy kultuur siklusteorie waarin kulture net soos individue opgroeie, volwasse word en sterwe. Dit illustreer hy aan die hand van die agt wereld
beskawings
: Die Babyloniese, die Egiptiese, die Chinese, die Indiese, die Indiaans-Meksikaanse, die klassieke of Grieks-Romeinse en die Magiaanse beskawing.Onder hierdie laatste beskawing plaas Spengler die Arabiese, Joodse en
Bistantynse beskawings
. Die vorming van sy kultuurpalet is oorspronklik en is gesien as 'n reaksie teen die tradisionele Europese kultuur- en geskiedsopvattings van die
verligting
, die
renaissance
en die
Christendom
. In sy
morfologiese
denke oor kultuurvorming word Spengler be?nvloed deur
Johann Wolfgang von Goethe
en
Friedrich Nietzsche
. Die rasionele samelewing en wetenskap was volgens hom die triomf van die Westerse wil gewees. Dit sou volgens Spengler nog 'n weile voortduur as gevolg van sterk wil van Duitsland en hul voeling met die “innerlike gees”. Die boek word onmiddellik 'n sukses, ook kommersieel. Elisabeth Forster-Nietzsche, die suster van Friedrich Nietzsche, vind dit so goed, dat Spengler op haar initiatief die Nietzscheprys kry en daardeur bekentheid verwerf.
Volgens Peter Rietbergen (2015) het Spengler "... 'n 'kultusboek' geskryf. Hy bied, as mens sy styl waardeer, iets vir almal. Alles wat mense ooit geskep het, kom daarin aan die orde: skilderkuns en beeldhoukuns, argitektuur, musiek, literatuur, historiese en politieke tekste, alle soorte wetenskap en tegnologie, staatskonstruksies, ekonomiese stelsels, gelowe en godsdienste: hulle was almal deel van daardie kulture wat die mensdom geproduseer het."
Spengler leef die laatste jare van sy lewe vereensaam en teruggetrokke in Munchen, waar hy duisende boeke koop en 'n versameling antieke wapens opbou. Kort voor sy dood skryf hy aan 'n vriend Hans Frank, dat die Duitse ryk binne tien jaar sou ophou om te bestaan. Hy sterf kort voor sy 56ste verjaardag aan 'n
hartaanval
.
- Konservativ und liberal
(1911)
- Romer und Preußen
(1916, 1918)
- Der Untergang des Abendlandes
(1918, 1922)
- Preußentum und Sozialismus
(1920)
- Neubau des Deutschen Reiches
(1924)
- Der Mensch und die Technik. Beitrag zu einer Philosophie des Lebens
(Munchen 1931)
- Politische Schriften
(1932)
- Jahre der Entscheidung
(1933)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia