Die
Noordpool
is die geografies noordelikste punt op
Aarde
en die middelpunt van die
Noordelike Halfrond
. Die Noordpoolstreek staan bekend as Arktika en bedek die
Arktiese Oseaan
, ook bekend as die Noordelike Yssee.
Anders as die
Suidpool
, wat ’n aardmassa is, bestaan die Noordpool uit ’n see wat met voortdurend verskuiwende ys bedek is. Dit is dus onprakties om ’n permanente stasie daar te bou soos op die Suidpool. Tog het die
Sowjetunie
, en later
Rusland
, sedert 1937 ’n paar drywende bemande stasies op min of meer ’n jaarlikse basis gebou, waarvan sommige oor die pool of baie naby daaraan beweeg het. Sedert 2002 het Rusland ’n basis, Barneo, naby die pool wat vroeg elke
lente
’n paar weke lank werksaam is. Studies in die 2000's het voorspel die Noordpool kan seisoenaal ysvry raak omdat die Arktiese ys aan die krimp is, met tydskale wat gewissel het van 2016
[1]
[2]
tot die laat 21ste eeu of later.
Rusland het die seediepte by die Noordpool in 2017 op 4 261 m gemeet
[3]
en die
Verenigde State
in 1958 op 4 087 m.
[4]
[5]
Die naaste land word gewoonlik beskou as
Kaffeklubbeneiland
aan die noordkus van
Groenland
, sowat 700 km van die pool af, hoewel daar ’n paar moontlik semipermanente gruisbanke effens nader le. Die naaste permanent bewoonde plek is
Alert
in
Kanada
, wat 817 km van die pool af is.
Die
Son
is by die Noordpool in die somer deurentyd bo die horison en in die winter onder die horison.
Sonsopkoms
is net voor die
Maart-nagewening
(omstreeks 20 Maart); dit neem die Son daarna drie maande om sy hoogste punt met die
somersonstilstand
(omstreeks 21 Junie) te bereik. Daarna begin dit sak en bereik
sonsondergang
net voor die
September-nagewening
(omstreeks 23 September). Wanneer die Son by die pool sigbaar is, lyk dit of dit in ’n horisontale sirkel bo die horison beweeg.
Hierdie verskynsels word veroorsaak deur die Aarde se
ashelling
en sy wenteling om die Son. Die rigting van die ashelling, sowel as die Aarde se hoek relatief tot die vlak van sy
wentelbaan
om die Son, bly oor ’n tydperk van ’n jaar baie naby aan konstant (albei verander baie stadig oor lang tydperke). In die middel van die noordelike
somer
wys die Noordpool so ver as moontlik in die rigting van die Son. Namate die jaar verbygaan en die aarde om die Son beweeg, draai die Noordpool geleidelik weg van die Son totdat dit in die middel van die
winter
so ver as moontlik van die Son af wys. Dieselfde gebeur by die Suidpool, maar met ’n tydsverskil van ses maande.
Die Noordpool is aansienlik warmer as die Suidpool omdat dit by seevlak in die middel van ’n oseaan le (wat as ’n reservoir van hitte dien), eerder as op ’n hoogte op ’n kontinentale landmassa. Ondanks die yskap het dit van dieselfde eienskappe as ’n
toendraklimaat
(
ETf
) vanwee die temperature in Julie en Augustus wat soms net bo die vriespunt is.
Wintertemperature by die noordelikste weerstasie in Groenland kan wissel van sowat -50 tot -13 °C met ’n gemiddeld van sowat -31 °C; die Noordpool is effens kouer. Somertemperature (Junie, Julie en Augustus) wissel om vriespunt. Die hoogste temperatuur wat nog aangeteken is, is 13 °C,
[6]
? baie hoer as die Suidpool se hoogste aangetekende temperatuur van net -12,3 °C.
[7]
Die seeys by die Noordpool is gewoonlik sowat 2 tot 3 m dik,
[8]
hoewel dit baie kan wissel na gelang van die weer en klimaat.
[9]
Studies het bevind die dikte het die afgelope jare afgeneem.
[10]
Globale verwarming
kon daartoe bygedra het, maar dit is nie moontlik om die onlangse skielike afname in die dikte geheel en al aan die waargenome warmer weer in die Arktiese gebied te wyt nie.
[11]
Verslae het ook voorspel dat die
Arktiese Oseaan
binne ’n paar dekades in die somer heeltemal sonder ys sal wees.
[12]
Die krimping van die Arktiese ys sal globale verwarming vererger, want minder ys sal minder sonlig weerkaats en kan ernstige implikasies inhou deur by te dra tot die vorming van Arktiese
siklone
.
[13]
Weergegewens vir Noordpool
|
Maand
|
Jan
|
Feb
|
Mar
|
Apr
|
Mei
|
Jun
|
Jul
|
Aug
|
Sep
|
Okt
|
Nov
|
Des
|
Jaar
|
Hoogste maksimum (°C)
|
?13
|
?14
|
?11
|
?6
|
3
|
10
|
13
|
12
|
7
|
9
|
0,6
|
0,7
|
13
|
Gemiddelde maksimum (°C)
|
?29
|
?31
|
?30
|
?22
|
?9
|
0
|
2
|
1
|
0
|
?8
|
?25
|
?26
|
Gemiddelde temperatuur (°C)
|
?31
|
?32
|
?31
|
?23
|
?11
|
?1
|
1
|
0
|
?1
|
?10
|
?27
|
?28
|
Gemiddelde minimum (°C)
|
?33
|
?35
|
?34
|
?26
|
?12
|
?2
|
0
|
?1
|
?2
|
?11
|
?30
|
?31
|
Laagste minimum (°C)
|
?47
|
?50
|
?50
|
?41
|
?24
|
?12
|
?2
|
?12
|
?31
|
?21
|
?41
|
?47
|
?50
|
Humiditeit
(
%
)
|
83,5
|
83,0
|
83,0
|
85,0
|
87,5
|
90,0
|
90,0
|
89,5
|
88,0
|
84,5
|
83,0
|
83,0
|
85,8
|
Bron: Weerbasis
[6]
|
Naas die eintlike Noordelike Yssee bestaan die watergebied van die Noordpoolgebied ook uit 'n aantal randsee, baaie en seestrate. Kenmerkend vir die seegebied is die groot vastelandsplat (tot 200 m diep) onder sowat 'n derde van die wateroppervlakte.
Met uitsondering van
Spitsbergen
en
Franz Josef-land
le al die eilande van die Noordpoolgebied op hierdie vastelandsplat. Noord van
Siberie
is die plat op sy wydste (600-1800 km). In die jare veertig het Russiese wetenskaplikes bewys dat die
Noordelike Yssee
nie uit 'n enkele bekken bestaan nie, maar dat dit op ’n gemiddelde diepte van 1 000 m deur 'n rif in twee gedeel word. Hierdie sogenaamde
Lomonosofrif
strek van die
Ellesmere-eiland
byna oor die Pool tot by die
Nieu-Siberiese Eilande
en verdeel die see in die Eurasiese en die
Amerasiese Bekken
, wat onderskeidelik le aan die kant van die kontinente wat in die name genoem word. Latere navorsing het getoon dat hierdie skeiding nog uitgebreider is. Wat die seestrominge betref, is die skeiding van die Lomonosofrif die belangrikste.
Aan die Europese kant van die rif oorheers antikloksgewyse oppervlakstrominge. Aan die ander kant is daar 'n feitlik heeltemal geslote, kloksgewyse watersirkulasie wat sowat een keer elke tien jaar 'n volledige omwenteling maak. Die beweging van die water kan bestudeer word aan die hand van die dryfys. Die ys dryf gemiddeld 4 km per dag, maar dit gebeur ook dat dit soms tot 35 km per dag dryf. Die yseilande is besonder geskik vir die vestiging van permanente navorsingstasies.
Dit is arktiese tafelysberge wat hier, in teenstelling met die Suidpoolgebied, seldsaam is en slegs rondom die Ellesmere-eiland en Franz Josef-land gevorm word. Die eerste yseiland is in 1946 noord van Point Barrow in
Alaska
ontdek en T
x
(Target X) gedoop. Na die ontdekking van ander eilande is die naam na T
1
verander. Die yseilande verskil van die res van die see-ys deurdat hulle 'n reelmatige, effens golwende oppervlak het, besonder hard en permanent is. Die eerste permanente waarnemingstasie is in 1952 (tot 1954) deur die Verenigde State gevestig op
Fletchers-yseiland
(T
3
), wat twee jaar tevore ontdek is. Origens kom in die winter sowel as in die somer oop watervlakke voor en is gemiddeld sowat 80% van die seegebied met ys bedek. Hierdie ys, wat 2 tot 4 m dik is, beweeg voortdurend, nie net as gevolg van die stroming nie, maar ook as gevolg van die wind. Dit veroorsaak dat die gebied se oppervlak voortdurend verander en moeilik begaanbaar is.
Die ys word onderbreek deur skeure, oop vlakke water en ysbultjies wat ontstaan deurdat die gebreekte ys opgewaai word. Hierdie bultjies is soms meer as 100 m dik. Sowat 3000 km³ see-ys word jaarliks deur die stroming langs die ooskus van Groenland suidwaarts afgevoer. Dit smelt gewoonlik voor dit breedtegrade laer as 60˚ bereik,
Naas die werking van die ys het ook vulkaniese uitbarstings en twee periodes van bergvorming tot die tipiese landskap van die Noordpoolgebied bygedra. Aktiewe vulkane kom nog in Alaska, in
Kamtsjatka
, op
Jan Mayen
en op die
Aleoetiese Eilande
voer. In Groenland word warmwaterbronne aangetref. Daar word aangeneem dat die eilande Franz Josef-land en Spitsbergen, wat nie op die vastelandsplat le nie, deur vulkaniese uitbarstings gevorm is.
Jong berge met hoe pieke word langs die kus van Groenland, langs die oostelike rand van die
Kanadese Arktiese Argipel
, in Noordoos-Siberie en in Alaska aangetref. Die eiland
Nowaja Zemlja
, die Siberiese skiereiland
Taimir
en die Kanadese eilande noord van die
McClure-seestraat
le op 'n ouer plato met 'n heuwelagtige terrein. Die grootste deel van die landgedeelte van die Noordpoolgebied is egter 'n laagliggende vlakte met toendraplantegroei in die somer.
Die grond is tot 'n groot diepte permanent geys en in die somer ontdooi slegs die boonste lae. Die grondys voorkom dan dat die water afvloei, waardeur in die warmer seisoen mere en moerasse ontstaan. Teen die hellings kom aardverskuiwings dikwels voor, wat gladde profiele tot gevolg het. Landskapstreke kenmerkend vir gebiede met afwisselende periodes van bevriesing en ontdooiing kom ook voor, byvoorbeeld in die vorm van klipperige streke wat ontstaan deurdat rotse aan wisselende temperature blootgestel word.
Slegs sowat 40% van die landgedeelte rondom die Noordpool is permanent met ys bedek. Feitlik nerens in die Noordpoolgebied kom gebiede wat permanent met
sneeu
bedek is, laer as seevlak voor nie. Permanente yskappe wat wel laer as seespieel voorkom, is die gevolg van gesmelte sneeu wat onmiddellik weer verys vanwee die inwendige temperatuur van die yskap bo seespieel. Die ysbedekking het tydens die Pleistoseen (sowat 2,4 miljoen jaar gelede) baie groter afmetings aangeneem.
Die landgedeelte was in die tydperk laer gelee en nadat die ys teruggetrek het, is die land met seesedimente oorstroom. Sulke sedimente word nag op groot hoogtes aangetref as gevolg van die opheffing van die land, wat steeds voortgaan. In
Kanada
styg die land sowat 1 m per eeu. Daar is aanduidings dat die ysbedekking teenswoordig opnuut afneem en daar is bewys dat sommige gletsers nog (relatief) onlangs tot by die see gestrek het.
- ↑
Black, Richard (8 April 2001).
New warning on Arctic sea ice melt
. BBC
- ↑
Ljunggren, David (5 Maart 2009).
Arctic summer ice could vanish by 2013: expert
Geargiveer
17 November 2015 op
Wayback Machine
. Reuters
- ↑
Russian sub plants flag at North Pole
, Reuters, 2 Augustus 2007
- ↑
Андерсон, Уильям Роберт (1965).
"
"Наутилус" у Северного полюса"
(in Russies). Воениздат.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 April 2020
. Besoek op
12 Januarie
2012
.
- ↑
Mouton, M.W. (1968).
The International Regime of the Polar Regions
. Acadimie de Droit International de La Ha. pp. 202 (34).
ISBN
9028614427
. Besoek op
12 Januarie
2012
.
- ↑
6,0
6,1
"Closest Data For North Pole ? 440 Mi/709 Km, Greenland"
. Weatherbase
. Besoek op
19 September
2015
.
- ↑
"Antarctic Sun: Heat Wave"
, US Antarctic Program
- ↑
Beyond "Polar Express": Fast Facts on the Real North Pole
, National Geographic News
- ↑
"Sea Ice"
.
State of the Cryosphere
(in Engels). NSIDC.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020
. Besoek op
6 Maart
2012
.
- ↑
"Arctic ice thickness drops by up to 19 percent"
Geargiveer
5 November 2014 op
Wayback Machine
,
The Daily Telegraph
(28 Oktober 2008).
- ↑
"Model-Based Estimates of Change"
(in Engels). IPCC. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 November 2018
. Besoek op
6 Maart
2012
.
- ↑
Jonathan Amos (12 Desember 2006).
Arctic sea ice "faces rapid melt"
, BBC.
- ↑
"Future of Arctic Climate and Global Impacts"
(in Engels). NOAA. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Julie 2013
. Besoek op
6 Maart
2012
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Noordpool
.
|
Koordinate
:
90°N
0°W
/
90°N -0°O
/
90; -0