Lili Kraus
(
3 April
1903
-
6 November
1986
) was 'n
Hongaars-gebore
pianis
.
Lili Kraus is in 1903 in
Boedapest
gebore. Haar vader was van Tsjeggiese afkoms, en haar moeder van 'n geassimileerde Joods-Hongaarse familie.
Sy studeer aan die Franz Liszt Musiekakademie, en op die ouderdom van 17 skryf sy in by die Boedapest Konservatorium waar sy studeer onder
Zoltan Kodaly
en
Bela Bartok
. In the 1930's sit sy haar studies voort onder Severin Eisenberger en Eduard Steuermann in
Wene
, en
Artur Schnabel
in
Berlyn
, wat haar belangstelling in die klassieke tradisie aanwakker.
Lili Kraus word spoedig bekend as 'n spesialis in die musiek van
Mozart
en
Beethoven
. Haar vroee kamermusiekopvoerings en opnames saam met die violis Szymon Goldberg help haar om kritiese lof in te oes en loods terselfdertyd haar internasionale loopbaan. In the 1930's toer sy deur
Europa
,
Japan
,
Australie
en Suid-Afrika. In 1940, tydens die
Tweede Wereldoorlog
, onderneem Kraus 'n toer van
Asie
, waartydens sy en haar familie in
Java
gevange geneem word deur Japannese magte en vanaf Junie 1943 tot Augustus 1945 deur die Japannese magte geinterneer word.
Na die oorlog vestig sy haar in
Nieu-Seeland
waar sy vir 'n aantal jare opvoerings en onderrig gee. Sy word 'n Nieu-Seelandse burger en sit aldaar haar loopbaan voort met uitgebreide toere. In die vroee 1950's voer sy 'n volledige siklus van Beethoven se vioolsonates op saam met die
violis
Henri Temianka. Sy gee vanaf 1967 tot 1983 as inwonende kunstenaar klas aan die
Texas Christian University
in
Fort Worth
. Hierna vestig sy haar in Asheville,
Noord-Carolina
, waar sy in 1986 oorlede is.
Kraus se eggenoot was Otto Mandl (gebore 1889, sterf 1956), 'n welgestelde Joodse (hy het hom later tot die Katolisisme bekeer) myningenieur en filosoof. Hulle is op 31 Oktober 1930 getroud. Mandl het sy sakebelange verkoop ten einde sy vrou se loopbaan te bevorder.
[1]
'n Seun en dogter genaamd Ruth en Michael is uit die huwelik gebore.
[1]
Kraus was een van die vernaamste en prominentste 20ste eeuse vertolkers van die musiek van
Mozart
. Haar volledige opname van sy klaviersonates, wat in die laat 1960's opgeneem is, word vandag steeds as 'n toonaangewende interpretasie beskou; haar opnames van Mozart se klavierconcertos (saam met die Weense Fees-simfonieorkes onder leiding van Stephen Simon) vanaf 1965/66, parallel met
Geza Anda
se volledige opnames, wat in 1961 begin is, is van groot artistieke waarde. Anders as baie pianiste van haar tyd, het Kraus nie 'n kragtige en oordonderde toon verkies nie. Aangesien sy nooit 'n eksklusiewe kontrak met 'n platemaatskappy gesluit het nie, was dit vir 'n lang tyd moeilik om haar opnames te bekom. Intussen is haar opnames van 1933?1958 asook die volledige opnames van die Mozart-concertos op die Parlophone, Ducretet-Thomson en Les Discophiles Francais (insluitend opnames van Mozart en Beethoven se vioolsonates saam met Goldberg) plate-etikette vrygestel.
- Biografie by Bach Cantatas
- Europese Argief
Kopiereglose
langspeelplaat-opname van Lili Kraus wat twee klaviersonates deur
Haydn
speel by die Europese Argief
- Naxos: Lili Kraus
- 'Camera Three' episode: Lili Kraus oor Schubert se 'Grazer' Fantasie (11/2/1969)
(slegs klankgreep, geen video)
- Kraus speel Mozart se klavierconcertos Nos.11,12,13,14,17,18 en 19 saam met die Weense Fees-simfonieorkes onder leiding van Stephen Simon
- Kraus speel Mozart se klavierconcertos Nos. 20,21,22,23,24,25,26 en 27