in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
La Paz
[la 'pas] (
Spaans
:
La Paz de Ayacucho
,
Aymara
:
Chukiagu
) is die
regeringsetel
van
Bolivie
en die hoofstad van die
departamento La Paz
(die amptelike Boliviaanse hoofstad is nog steeds
Sucre
). La Paz le teen die noordwestelike hang van die
Cordillera Real-bergreeks
, sowat 3 600 tot 3 700 meter bo seevlak, in die onvrugbare riviervallei van die
Rio Choqueyapu
(
Rio de la Paz
). Die stadsgebied word deur die sneeubedekte bergspits
Illimani
(6 882 meter) oorheers.
La Paz is amptelik op 20 Oktober 1548 deur die
Spanjaarde
gestig en het destyds 'n ou
Inka
-stad vervang. Die huidige La Paz is 'n moderne
metropool
met 'n bevolking van meer as 1,8 miljoen in die metropolitaanse gebied en dien as die kulturele, nywerheids-, handel- en opvoedkundige sentrum van Bolivia. La Paz beskik oor 'n aantal universiteite waarvan die oudste in
1674
gestig is, en 'n aantal wetenskaplike en kulturele instellings.