Hoerskool Groote Schuur
|
|
Leuse
|
Ek sal handhaaf
|
Gestig
|
28 Januarie
1959
|
Tipe
|
Staats
|
Hoof
|
H.W. Ehrenreich
|
Leerlinge
|
775
|
Grade
|
8-12
|
Adres
|
Palmyraweg, Nuweland
|
Stad
|
Kaapstad
|
Provinsie
|
Wes-Kaap
|
Land
|
Suid-Afrika
|
Kleure
|
|
Koshuis(e)
|
Een
|
Webblad
|
Tuisblad
|
Die
Hoerskool Groote Schuur
in
Nuweland
,
Kaapstad
, is van kort na sy ontstaan in
1959
tot in die jare 90 gereken as een van die beste skole in die Skiereiland en was in 'n nie-Afrikaanse omgewing, tot met die invoer van parallelmedium-onderrig in die vroee jare 90 (Engels is van 2011 af die enigste onderrigmedium
[1]
), 'n lewende monument van Afrikaanse kultuur en opvoeding waarop die Afrikaanse gemeenskap in die suidelike voorstede met reg trots kon wees.
Die behoefte aan 'n eie Afrikaanse hoerskool in die
Rondeboschomgewing
is reeds sedert die stigting van die
Laerskool Groote Schuur
in
1936
gevoel. Vroeg in 1937 het die hoof van die destydse Sekondere Skool Simon van der Stel (tans die
Hoerskool Voortrekker, Kenilworth
), dr. L. Macfarlane, 'n onderhoud met dr.
F.C.L. Bosman
, een van die stigters van die laerskool, gevoer. Die gesprek het gegaan oor die stigting van 'n Afrikaanse hoerskool in die Rondebosse gebied. Daar is ooreengekom dat verteenwoordigers van Simon van der Stel saam met afgevaardigdes van Laerskool Groote Schuur 'n byeenkoms sou reel om die moontlikheid van 'n gesamentlike hoerskool in Rondebosch,
Wynberg
of elders te bespreek.
Nadat die laerskool sy spreekwoordelike voete gevind het, word 'n byeenkoms op 1 Februarie
1938
in die laerskool gebou, waar lede van Wynberg voorstel dat 'n kommissie saamgestel word bestaande uit drie lede van Simon van der Stel en drie van Groote Schuur om onderhoude met die laerskool se skoolkomiteevoorsitter, 'n lid van die skoolraad en uiteindelik dr. W. de V. Malan, superintendent-generaal van onderwys, te voer. Die skoolkomiteevoorsitter is kort daarna oorlede en tydens die
Tweede Wereldoorlog
wil dinge net nie vlot nie.
Na die inwyding in
1949
van die laerskool se nuwe gebou, het ouers opnuut begin voorspraak maak vir die totstandkoming van 'n hoerskool. Met die besluit van die onderwysdepartement dat alle st. 6-leerlinge van 1 Januarie
1953
na hoerskole oorgeplaas moes word, voel die skoolkomitee die tyd is reg om weer vertoe te rig insake die stigting van 'n hoerskool naby die laerskool. Die komitee rig 'n brief aan die skoolraad waarin hy meld dat alle hoerskole in die omgewing Engels is, dus sal die oorplasing vir ouers baie ongerief teweeg bring. Hulle stel voor dat die stigting van 'n eie hoerskool die enigste oplossing is.
Die skoolraad willig in om die komitee te ontmoet. Tydens 'n vergadering op 23 April 1953 is die saak weer bespreek en die gevoel was dat dit vroeer eerder as later moes gebeur aangesien grond selfs toe al skaars beskikbaar was en net al hoe moeiliker bekombaar sou word.
'n Besluit is geneem om die komitees van die naaste Afrikaanse hoerskole,
Hoerskool Voortrekker, Kenilworth
, en
Hoerskool Nassau
in Mowbray te nader, en die skole se komitees willig in. 'n Gesamentlike vergadering met Laerskool Groote Schuur is op
12 Oktober
1953
in die laerskool gehou. Die laerskool het op die vergadering dit duidelik gestel dat die te stigte hoerskool nie afbreuk aan die ander skole moet doen nie, aangesien hulle die "Afrikaansmediumskole as so 'n groot Afrikanersaak beskou".
Nassau se hoof het tydens die vergadering gese die skool is in
1933
in
Observatory
gestig omdat die Afrikaners se getalle daar dit geregverdig het, maar dat die omgewing aan die verval was en die skool dit dus moeilik gevind het om sy getalle te handhaaf. Voortrekker weer het dit jare lank moeilik gevind om 'n geskikte perseel te kry, maar na jare se gesukkel kon die skool uiteindelik sy intrek neem in die voormalige administrateurswoning "Highclere" in
Kenilworth
, nadat die provinsiale administrasie besluit het om die meer gerieflik gelee
Leeuwenhof
in die stadskom aan te koop. Voortrekker se hoof het gevoel dit sou beter wees om eerder enkele sterk hoerskole te he as 'n klomp kleintjies wat sou sukkel om voort te bestaan. 'n Lid van
Pinelands
het gemeld dat Afrikaanssprekendes daar toeneem, en dat hulle bereid sou wees om 'n hoerskool in Rondebosch te steun. Ook het prof. Burger gese dat die
Hoerskool Jan van Riebeeck
tot oorlopens toe vol was en 'n Rondebosse hoerskool nie daardie skool sou benadeel nie. Reeds toe was die algemene gevoel dat mense uit die stadskom nie na die suidelike, maar na die noordelike voorstede verhuis sodat daar nie genoeg kinders sou wees vir drie Afrikaanse hoerskole nie.
By die volgende vergadering van die laerskool se komitee word besluit om die skoolraad te versoek om dadelik grond aan te koop waarop later 'n hoerskool gebou kon word. 'n Stuk grond in Keurboomweg (die eiendom van die stadsraad) en nog 'n perseel in Palmyraweg word aanbeveel.
Nassau se perseel was destyds ongeskik vir 'n hoerskool en gerugte het die ronde gedoen dat die skool na
Rosebank
sou verskuif om as gesamentlike skool vir sy destydse voedingsgebied en Rondebosch te dien. Laerskool Groote Schuur se komitee het egter gevoel 'n hoerskool in die Rondebosse gebied moes aan die laerskool verwant wees en ook sy naam, wat toe al wyd bekend en hooggeag was, dra.
Teen
1956
is 'n geskikte perseel vir 'n hoerskool in Rosebank gekry, maar dit blyk later dit sou onmoontlik wees om 'n voorgestelde snelweg deur die perseel te keer. 'n Nuwe stuk grond in die omgewing van
Mowbray
-
Observatory
word toe aan Nassau toegeken, waarmee Groote Schuur se komitee glad nie tevrede was nie omdat dit so ver van Rondebosch gelee was. Toe Groote Schuur nie die Rosebank-voorstel verder wou steun nie, het die hoof van die laerskool, D. Lamprecht, werk daarvan gemaak om die voorvermelde stukke grond vir die Hoerskool Groote Schuur te laat onteien. Die stuk grond aan Keurboomweg het 'n sierlike herehuis,
Vredenhof
wat tot 1953 aan die familie van
C.L. Marais
behoort het, bevat wat aanvanklik die skool gehuisves het en later as koshuis en toe kunssentrum gebruik is. Vandag is dit die Frank Joubert-kunssentrum. Die naasliggende sportvelde is steeds deel van die skool se terrein. Ses persele aan Palmyraweg is ook onteien en gekonsolideer en hier is die nuwe skoolgebou op
17 Junie
1964
ingewy.
Uiteindelik het die administrateur van Kaapland,
Otto du Plessis
, na baie deeglike oorweging sy goedkeuring aan die hoerskool in Rondebosch verleen, presies net soos die skoolkomitee van die laerskool dit in 1937 in die vooruitsig gestel het. Hy het die skool amptelik op
28 Januarie
1959
geopen. In sy openingsrede het hy onder meer gese: "Veral Rondebosch staan bekend as een van die belangrikste opvoedkundige gebiede in Suid-Afrika. 'n Mens moet die skole geluk wens met hul prestasie, maar almal sal saamstem dat die Afrikaners ook nou 'n monument moet kry wat nie hoef terug te staan vir enige ander skool in Rondebosch of Kaapland nie. Soos alle ander skole moet hierdie skool ontwikkel tot iets waarop die Afrikaner met reg trots kan wees."
Die eerste sooi vir die nuwe skoolgebou is op
11 Desember
1963
gespit deur admiraal
Hugo Biermann
, hoof van die Vloot en later van die Suid-Afrikaanse Weermag,
[2]
en 'n oudleerder van
Hoerskool Jan van Riebeeck
. Dit was ook die jaar waarin die eerste sowat 13 matrieks hulle skoolloopbaan aan die skool voltooi het. Die nuwe gebou is op
17 Junie
1964
deur
Nico Malan
, administrateur van Kaapland, ingewy toe sy vrou die skoolgebou oopgesluit het en hy die hoeksteen in die voorportaal onthul het.
Die skool het binne enkele jare die administrateur se woorde laat waar word toe Sunette van Schalkwyk in 1970 in die Senior Sertifikaat-eksamen tweede in Kaapland kom en Wilhelm Duminy en Louise Kellerman in die daaropvolgende jare onder die voorste tien kandidate. Duminy was ook in 1970 junior burgemeester van Kaapstad, en die akteur en TV-aanbieder
Eon de Vos
, wie se vader predikant van die
NG gemeente Keurboom
was, en Nancy Duminy onderskeidelik junior burgemeester en burgemeesteres. Nancy het van 1972 tot 1973 die Suid-Afrikaanse rekord in haar ouderdomsgroep in hoogspring gehou. Dirk Hoffman was in 1973 saam met Nancy as hoofdogter, hoofseun. Eon was in 1974 hoofseun. Ook wen W. Liebenberg in 1971 'n silwermedalje in die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
se Wiskunde-olimpiade, en Stephan Malherbe 'n silwermedalje in 1983.
[3]
Aan die einde van
1977
sluit
Hoerskool Nassau
finaal sy deure en skakel leerders (na beraming sowat 140) van Januarie
1978
by die Hoerskool Groote Schuur in. Laasgenoemde se skoolwapen is gewysig om die leeu van Nassau te akkommodeer, die leuse "Ek sal handhaaf" is oorgeneem en 'n nuwe skoollied, teks geskryf deur
Henk Rall
, musiek gekomponeer deur Jacobus van Soelen, is in gebruik geneem, maar oor een ding het Groote Schuur vasgestaan: die skool se naam, wat met soveel ywer opgebou is, sou onveranderd behoue bly. Groote Schuur begin die 1978-skooljaar met meer leerlinge as in sy hele bestaan toe sowat 420 hulle inskryf. In die jare 80 is die Nassau-teater op die skoolperseel opgerig as lewende herinnering aan die
Hoerskool Nassau
.
In 1986 lys die "Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek" die voorste Kaapstadse skole as volg: "
Among the outstanding schools are the South African College School, South Africa's oldest, the Diocesan College (Bishops), Rondebosch, Westerford, Herschel, St. Cyprian's Grammar,
Jan van Riebeeck
, Groote Schuur,
D.F. Malan
and Fairmont."
Ondanks sy klein getalle neem die skool lank in die A-afdeling van die Westelike Provinsie se swemliga deel, vaar veral puik in meisieshokkie en -tennis, en sorg die jaarlikse interskole teen Hoerskool Jan van Riebeeck,
Hoerskool Voortrekker
en
Hoerskool Zwaanswyk
altyd vir groot geesdrif, veral op die pawiljoen. Groote Schuur maak in die laaste klompie jare van die kompetisie sy stem in so 'n mate dik, dat hy die Sangbeker tussen 1986 en 1990 net in 1988 nie kon wen nie.
Weens die gedurige verhuising van Afrikaanse ouers uit die suidelike na die noordelike voorstede, het die getalle geleidelik afgeneem tot 245 in 1986 en slegs 199 in 1990.
Prestasies bly egter nie uit nie. In 1989 wen die skool die nasionale skoletoneelkompetisie van die A.T.K.V.
[4]
en in 1990 wen Morne van Rooyen die Nasionale Geskiedenis-olimpiade van die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
,
[5]
[6]
[7]
nadat hy in 1989 onder die voorste 50 kandidate was. Boonop kry Rainer Hoft
[8]
[9]
in 1995 'n medalje in die junior afdeling van die Akademie se Nasionale Wiskunde-olimpiade, gevolg deur silwermedaljes in die senior afdeling in 1996,
[10]
1997 en 1998.
[11]
Hy eindig ook onder die voorste tien in 1998 se Rekeningkunde-olimpiade, wen dieselfde jaar 'n silwermedalje op die internasionale wiskunde-olimpiade in
Taiwan
[12]
en blink op universiteit uit in die Ou Mutual/Rekenaarvereniging van Suid-Afrika se Rekenaarolimpiade.
[13]
Die skool is altyd gekenmerk deur 'n hegte, familie-atmosfeer, klein klasse, 'n wye vakkeuse (vier derdetale tot 1986) en 'n besonder gunstige getalverhouding van leerlinge tot onderwysers (in 'n stadium selfs net 12:1). En die leerlinge het wyd respek afgedwing danksy hulle tweetaligheid, netjiese voorkoms en beleefdheid.
Groote Schuur word laat in 1990 die eerste Afrikaanse hoerskool in die land wat sy deure aan alle rasse, maar met die behoud van Afrikaans as onderrigtaal, oopstel. Mnr. Louis Terblanche, indertydse hoof, het aan
Die Burger
gese: "Ons is pro-Afrikaans, maar nie anti-enigiets nie. Ons gaan ons as Afrikaansmedium-skool ook in die nuwe Suid-Afrika as ware Suid-Afrikaanse skool handhaaf." In
1991
en
1992
beleef die skool 'n verdere daling in leerlingtalle, ondanks die ingebruikneming van 'n koshuis vir 100 inwoners.
Dit word duidelik dat die enigste kans op oorlewing, die invoer van parallelmediumonderrig is. Gou neem die getalle skerp toe tot byna 600, maar met 'n ooreenstemmende afname in gehalte. Terwyl die skool in 1987 byvoorbeeld 9 A-gemiddeldes in die Senior Sertifikaat-eksamen kon behaal (18% van sy totale getal matrieks, in 'n tyd toe die standaard baie hoog was), kon matrieks in 2006 nie 'n enkele A-gemiddelde kry nie. Die Afrikaanse leerders het ook drasties afgeneem tot skaars 5%. Met ingang 2011 was die skool enkelmedium-Engels. In 2014 het die skool se leerders tot 780 toegeneem.
- P.J. du Plessis (1959?1970)
- J.A. de Jager (1970?1972)
- J.D. Slabbert (1973?1977)
- H.J.R. Hamman (1978?1984)
- B. Volschenk (1985?1988)
- Louis Terblanche (1989)
- Dr. H.P. Punt
- H.W. Ehrenreich
Van die oudleerlinge van die skool is:
- Rozanne Botha
, sangeres
- Janine Neethling
, pianis en musiekregisseur
[14]
- Rossouw Botha, vuurwapenkenner en -opleier
[15]
- Anize du Plessis
, sangeres,
[16]
- Drs. Braam Ackermann (ook musikant
[17]
), Anneke Hesseling, Lizann Victor en Xander van der Poll, dokters
- Dr. Thomas Hiemstra, mediese navorser
[18]
- Morne van Rooyen
, nasionale wenner van die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
se geskiedenis-olimpiade (1990), naweek-nuusanker by Kfm en vertaler
[19]
- Willemien Brummer
, bekroonde joernalis
[20]
- Nicola Hanekom
, aktrise en teaterskepper
[21]
[22]
- Anneke Boshoff, voorheen van
Tafelberg-uitgewers
- Ilze van der Poll
, kunstenaar en sangeres
- Annette Hartmann
[23]
en
Elizabeth Archer
,
[24]
aktrises
- Jane Rademeyer
,
[25]
sangeres en musikant
- Madri Gerber (nee Victor), Nederlandse TV-kookprogramaanbieder
[26]
- (
af
)
Kelly, Maureen,
Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek
, HELM Publikasies, Johannesburg, 1986.
- (
af
)
Lamprecht, D. 1972.
Woelinge langs die Liesbeek
. Kaapstad: Die Laerskool Groote Schuur.