in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hermanus Jacobus Kriel
(1941?2015) was 'n minister van wet en orde in die
kabinet van F.W. de Klerk
, asook die eerste premier van die
Wes-Kaap
in 1994.
[1]
Kriel is op
14 November
1941
op
Kakamas
in die
Noord-Kaap
gebore.
[2]
[3]
Hy het 'n
BA
- en 'n LLB-graad aan die
Universiteit van Stellenbosch
verwerf. Daarna was hy 'n prokureur tot in 1981, waarna hy tot die uitvoerende komitee van die Kaapse Provinsiale Raad verkies is.
Op 1 Junie 1990 het hy, as die minister van beplanning en provinsiale sake, die
Wetsontwerp op die herroeping van diskriminerende wetgewing betreffende openbare geriewe
by die Parlement ingedien.
Van 1991 tot 1994 was hy die minister van wet en orde. Hy was verantwoordelik vir die aanstel van 'n ombudsman om bewerings van wangedrag onder polisielede te ondersoek. Hy het ook die aantal swart lede in die Polisie uitgebrei, 'n eenheid vir onlustebeheer (wat apart van die SAP funksioneer) daargestel, en 'n kode vir polisie-optrede ontwikkel.
Kriel het van 11 Mei 1994 tot 11 Mei 1998, steeds as 'n lid van die
Nasionale Party
, as premier in die Wes-Kaap gedien. Hy was bekend daarvoor dat hy die objektiwiteit van
Waarheid-en-versoeningskommissie
bevraagteken het.
[4]
Hy het ook die herinstelling van die
doodstraf
bepleit.
Hy is op
5 Julie
2015
oorlede.