in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Delphi
of
Delfi
(
Grieks
:
Δελφο?
, uitspraak ðel?fi) is ’n
argeologiese
terrein en moderne dorp in
Griekeland
, op die suidwestelike uitloper van
Berg Parnassos
in die vallei van
Phokis
. Streektaalvorme het ingesluit
Belphoi
(
Aioliese
vorm),
Dalphoi
(
Phokiese
vorm) asook ander Griekse variante.
[1]
Die argeologiese terrein van Delphi is in
1987
deur
Unesco
as
werelderfenisgebied
aangewys.
In die
Griekse mitologie
was Delphi die ligging van die
Delphiese orakel
, die belangrikste
orakel
van die klassieke Griekse wereld, en ’n vername heiligdom vir die god
Apollo
nadat hy die
Piton
sou verslaan het. Die was ’n godheid wat glo hier gewoon en die
middelpunt
van die
aarde
beskerm het. Sommige beweer Pito (afgelei van die werkwoord
pythein
, "om te vrot") was die oorspronklike naam van die ligging na aanleiding van die Piton wat hier deur Apollo verslaan is.
[2]
Die
Homeriese lofsang
aan die Delphiese Apollo roep egter in herinnering dat die antieke naam van die terrein "Krisa" was.
[3]
Apollo se heilige gebied in Delphi was ’n panhelleense heiligdom, waar atlete van oor die Griekse wereld vanaf 586 v.C. elke vier jaar
[4]
meegeding het in die
Pitiese Spele
, een van die vier
panhelleense
(of stephanitiese)
spele
, voorgangers van die
Olimpiese Spele
. Aan die wenners by Delphi is ’n lourierkroon toegeken wat seremonieel van ’n boom in Tempe gesnoei is, deur ’n seun wat ’n vertolking gelewer het van die onderwerping van die Piton.
[4]
Delphi het verskil van die ander speleterreine aangesien dit ook gasheer was vir die
mousikos agon
, ’n kompetisie in musiek.
[2]
Die Pitiese Spele was, wat belangrikheid en chronologiese volgorde betref, tweede uit die vier stephanitiese spele.
[5]
Dit het egter nie, soos die spele by Olimpia, die belangrikste rol in die bestaan van die stad verteenwoordig nie. Delphi sou ’n vername stad gewees het of dit gasheer was vir die spele of nie; dit het ander attraksies gehad wat daartoe gelei het dat dit as die
omfalos
("middelpunt") van die aarde beskou is.
[6]
In die binneste
hestia
("herd") van die Tempel van Apollo het ’n
ewige vlam
gebrand. Na die
Veldslag van Plataia
het die Griekse stede hul eie vure uitgedoof en nuwe vure uit Delphi gebring; in die ontstaanverhale van verskillende Griekse kolonies is die stigtingskoloniste eers by Delphi ingewy.
[7]
- ↑
"www.travel-to-delphi.com"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Maart 2016
. Besoek op
15 Julie
2010
.
- ↑
2,0
2,1
Miller, 1995
- ↑
Lofsang aan Pitiese Apollo
, l. 254-74:
Telphousa
sou ’n voorstel aan Apollo gemaak het om sy orakeltempel te vestig by die ligging van "Krisa onder die ooptes van
Parnassos
".
- ↑
4,0
4,1
Miller, 1996
- ↑
Miller, 96
- ↑
Miller, 96-7
- ↑
Burkert 1985, bl. 61, 84.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Delphi
.
|