in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Advent
(
Latyn
:
adventus
, letterlik: "naderende koms"), afgelei van
adventus Domini
(Latyn vir: "naderende koms van die Here"), is die tydperk, waarin
Christene
hulself vir
Kersfees
, die geboortefees van
Jesus
voorberei. Daarbenewens herinner die tydperk Christene aan die verwagte wederkoms van Jesus. Die Advent begin volgens
Rooms-Katolieke
en
Protestantse
tradisies met die Vesper op die vooraand van die eerste Adventsondag en vervolgens ook die nuwe
liturgiese jaar
.
[1]
Tussen die konfessie van die
Adventiste
en die Adventtydperk bestaan 'n indirekte verband, omdat albei benamings na die verwagte (weder)koms van Jesus verwys.
Die benaming "Advent" kan as 'n vertaling na die
Griekse
term ?πιφ?νεια
epiphaneia
("Verskyning", sien
Epifanie
) teruggevoer word en het in die
Romeinse Ryk
na die naderende koms, teenwoordigheid of besoek van 'n ampsdraer, veral die van 'n
koning
of
keiser
(
adventus Divi
, "naderende koms van die goddelike heerser") verwys. Die term kon egter ook na die naderende koms van 'n
God
in sy
tempel
verwys. Die eerste Christene het hierdie betekenis oorgeneem om hul betrekking met Jesus te beklemtoon; die
Vulgaat
gebruik
adventus
om na sy inkarnasie (menswording) asook sy eindelike wederkoms te verwys. Dit is as 'n
leenwoord
in die meeste moderne Europese tale oorgeneem.
[2]
Nes die Vastyd voor
Paasfees
was die Adventstyd oorspronklik 40 dae lank en het rondom die
Sint-Maartenfees
op 11 November begin.
[3]
Elkeen van die vier Adventsondae het sy eie betekenis:
- Die 1ste Sondag dien as voorbereiding vir die naderende koms van die Here, veral in die Protestantse kerke is die Sondag aan Jesus se intog in
Jerusalem
gewy.
- Die 2de Sondag dien as voorbereiding vir die koms van die Verlosser.
- Die 3de Sondag is aan
Johannes die Doper
gewy.
- Die 4de Sondag is in die Rooms-Katolieke Kerk aan die Maagd
Maria
gewy, terwyl in die Protestantse kerke die Sondag aan die naderende geboorte van Jesus gewy is.
Die Adventstyd se verskillende lengtes het sy oorsprong in die bepaling van die begin op 'n weeksdag, Sondag, terwyl die einde aan 'n maanddag, 24 of 25 Desember, geheg is. Die vierde en laaste Sondag kan net voor 25 Desember wees, vervolgens is die vroegste moontlike termyn vir die laaste Sondag volgens die
Gregoriaanse kalender
18 Desember en die laaste moontlike 24 Desember. Dus kan die Adventstyd net tussen 27 November en 3 Desember begin.
Adventsondag
|
Vroegste datum
|
Laatste datum
|
Kerklied
|
1ste Sondag 🕯
|
27 November
|
3 Desember
|
Levavi
|
2de Sondag 🕯🕯
|
4 Desember
|
10 Desember
|
Populus Sion
|
3de Sondag 🕯🕯🕯
|
11 Desember
|
17 Desember
|
Gaudete
|
4de Sondag 🕯🕯🕯🕯
|
18 Desember
|
24 Desember
|
Rorate
|
- ↑
Julia Martin (1 Desember 2018).
"Das bedeuten die vier Adventssonntage"
.
katholisch.de
(in Duits).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2019
. Besoek op
22 April
2019
.
- ↑
(
de
)
Hansjorg Auf der Maur:
Feiern im Rhythmus der Zeit I. Herrenfeste in Woche und Jahr.
Regensburg 1983,
ISBN 3-7917-0788-4
(
Gottesdienst der Kirche. Handbuch der Liturgiewissenschaft
, uitgereik deur Hans Bernhard Meyer, Deel 5), bl. 180.
- ↑
(
de
)
Advent
.
In:
Okumenisches Heiligenlexikon
(heiligenlexikon.de). Besoek op 22 April 2019.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Advent
.
|
|
---|
Kerskring
| | |
---|
Paaskring
| |
---|
Jaarkring
| |
---|
Mariafeeste
| |
---|