Pius XII
was die 260ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
vir 19 jaar, 7 maande en 8 dae, van
1939
tot
1958
. Voor sy verkiesing as pous was Pius nuntius in Duitsland en kardinaal-staatsekretaris. In die funksie sluit hy die berugte “Reichskonkordaat” met die
Hitlerregering
. Na die oorlog tree Pius baie versoenend op teen die Spil-moondhede en hulle satelliete. Hy was ‘n bitter vyand van die kommunisme en het veral streng opgetree teen die lede van die Italiaanse kommunistiese party. Hy stel die dogma van Maria se hemelvaart in.
Pius XII het ‘n einde gebring aan die Italiaanse meerderheid in die kollege van kardinale.
Pous Pius XII
[1]
[2]
is gebore as
Eugenio Maria Giuseppe Giovanni Pacelli
(Eugenio Pacelli) op
2 Maart
1876
in
Rome
,
Italie
. Hy was die seun van Filippo Pacelli en Virginia Pacelli (gebore Graziosi). Hy het twee sussies gehad (Giusseppa en Elisabetta) en ‘n broer (Francesco). Die familie het nou bande met die Vatikaan gehad. Eugino se oupa Marcantonio Pacelli was sekretaris van Binnelandse Sake onder
Pous Leo XIII
en was mede-stigter van die Vatikaanse koerant L’Osservatore Romano. Sy broer Francesco Pacelli was ‘n regsadviseur vir
Pous Pius XI
. In 1894 begin Pacelli sy teologiese studie aan die Tridenine Caprancia seminarie. In 1899 verkry hy ‘n meestersgraad in die teologie.
Op Paassondag
2 April
1899
word Pacelli priester gewy deur biskop Paolo Cassetta. Vervolgend studeer hy kerkreg aan Sint Apollinaire en word priester by die Chiesa Nuova kerk. Hy kry verskeie poste by die Vatikaan en verwerf sy doktorsgraad in kerkreg in 1904. In 1912 word hy adjunk-sekretaris van die departement van Besondere Kerklike Sake onder
Pous Pius X
en later
Pous Benedictus XV
. Na die dood van Pius X word kardinaal Gaspari kardinaal-staatssekretaris en Pacelli ondersekretaris. Op
23 April
1917
word Pacelli nuntius in
Beiere
. Na die val van die Beierse republiek word Pacelli nuntius in
Duitsland
op
23 Junie
1920
en verhuis na
Berlyn
in Augustus 1925. Op
10 Desember
1929
word hy teruggeroep na
Rome
.
Pous Pius XI
stel Pacelli aan as kardinaal-priester van SS Giovanni e Paolo op
16 Desember
1929
en op
7 Februarie
1930
word hy kardinaal-staatsekretaris. In 1935 word hy ook Camerlengo. As staatsekretaris sluit hy verskeie konkordate onder andere met
Oostenryk
, Duitsland,
Joegoslawie
en
Portugal
. Die belangrikste konkordaat was die “Reichskonkordat” geteken op
20 Julie
1933
met die Nazi-regering van Adolf
Hitler
.
Tussen 1933 en 1939 teken Pacelli 55 proteste aan by die Duitse regering oor skending van die konkordaat. Die proteste loop uit op die ensikliek “Mit brennender Sorge” wat die nasionaal-sosialisme verwerp.
Op
2 Maart
1939
volg hy
Pous Pius XI
en word gekroon op
12 Maart
1939
deur kardinaal Camillo Caccia Dominioni. Hy regeer tot sy dood op
9 Oktober
1958
. Hy word opgevolg deur
Pous Johannes XIII
.
Die naam ‘Pius ’ beteken 'die vrome'.
Kerklike loopbaan
wysig
Pontifikaat
wysig
Pous Pius XI
sterf op
10 Februarie
1939
en Pius XII word verkies op
2 Maart
1939
op sy 63ste verjaarsdag na ‘n konklaaf van slegs een dag en drie stemrondtes. Sy eerste aanstelling was die van kardinaal Luigi Maglione as staatsekretaris.. Hy het ook die Italiaanse meerderheid in die kurie verminder deur Duitse en Nederlandse kardinale aan te stel.. Hy het ook die Amerikaanse kardinaal Francis Spellman ‘n groot rol in die Kerk laat speel. Gedurende die Tweede Wereldoorlog het Pius geen kardinale aangestel nie en die aantal lewende kardinale het gedaal tot 38. By die eerste konsistorie op
18 Februarie
1946
het hy 32 nuwe kardinale aangestel onder hulle was kardinale uit China, Indie en die Midde Ooste.
Pous Pius XII het die Katolieke geloof in 41 ensiklieke en byna duisend boodskappe en toesprake toegelig. In “Mediator Dei” verduidelik hy lidmaatskap en deelname in die kerk. Die ensikliek “Divino Afflante Spiritu” van 1943 open die deure vir Bybelnavorsing en gee nuwe vryheid na die ondersoek van teologiese kwessies.
Op
1 November
1950
kondig hy die dogma van Maria se hemelopneming aan. Die ensikliek “Fulgens corona’’ van
8 September
1953
kondig die Maria-jaar aan.
Oor geboortebeperking laat die pous die ritme-metode toe as aanvaarbaar in beperkte situasies. Hy was ook spyt oor die Kerk se hantering van die Gallileo-saak. In die ensikliek “Humani Generis” erken hy dat evolusie dalk die biologiese ontwikkeling van die mens kan beskryf, maar beklemtoon dat die siel deur God geskep is.
Pous Pius XII het geen kardinale aangestel tydens die Tweede Wereldoorlog nie. Die aantal lewende kardinale het gedaal tot 38. Na die oorlog het hy in 2 konsistories 56 nuwe kardinale aangestel. Hy het ook die meerderheid wat die Italiaanse kardinale in die kollege gehad het, tot niet gemaak. Weens die omvang van die lys word dit
hier
gehou.
Saligverklarings
wysig
Pous Pius XII het 31 saligverklarings gedoen, waaronder die sewe martelaresse van Shanxi en twee van sy voorgangers
Pous Innocentius XI
en
Pous Pius X
. Weens die omvang van die lys word dit
hier
gehou.
Heiligverklarings
wysig
Pous Pius XII het 28 persone heilig verklaar, waaronder sy voorganger
Pous Pius X
. Weens die omvang van die lys word dit
hier
gehou.
Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete
wysig
Pous Pius XII het 41 ensiklieke uitgereik. Weens die omvang van die lys word dit
hier
gehou.
Bibliografie
wysig
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0300091656
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0500017980
.
Verwysings
wysig
- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal:
Pope Pius XII
Eksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Pius XII
.
|
- Bulle
'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
- Inskrywing
in die Giga Catholic Information (Engels).
- Inskrywing
in die Saint-Mike Papal Library (Engels).