한국   대만   중국   일본 
Pakistan - Wikipedia

Pakistan ( Oerdoe : ???????, P?kist?n ), amptelik die Islamitiese Republiek Pakistan ( Engels : Islamic Republic of Pakistan ; Oerdoe: ??????? ??????? ?????????, Isl?m? Jumh?riyah P?kist?n ), is 'n staat in Suid-Asie . Dit word in die weste begrens deur Iran en Afghanistan , in die noorde deur die Volksrepubliek China en in die ooste deur Indie . In die suide grens die land aan die Arabiese See van die Indiese Oseaan . In die noordooste word Pakistan deur die Himalaja met bergpieke soos Broad Peak , Gasherbrum I , Gasherbrum II , K2 en Nanga Parbat begrens. Pakistan se geografie word gekenmerk deur die Indusvallei .

Islamitiese Republiek Pakistan
Islamic Republic of Pakistan ( Engels )
?????? ??????? ???????
Isl?m? Jumh?riyah P?kist?n [1] ( Oerdoe )
Vlag van Pakistan Embleem van Pakistan
Vlag Embleem
Nasionale leuse : ?????? ?????? ??? [2]
?m?n, Itti??d, Na?m
(Oerdoe vir: "Geloof, Eenheid, Dissipline")
Volkslied : ???? ????? Qaum? Tar?nah [3]
(Oerdoe vir: "Volkslied")
Ligging van Pakistan
Hoofstad Islamabad

33°40′N 73°10′O ? / ? 33.667°N 73.167°O ? / 33.667; 73.167

Grootste stad Karatsji

24°51′N 67°01′O ? / ? 24.850°N 67.017°O ? / 24.850; 67.017

Amptelike?tale Engels en Oerdoe [4]
Regering Federale parlementere
grondwetlike republiek
Asif Ali Zardari
Shehbaz Sharif
Onafhanklikheid
Vorming
? Opvatting van Pakistan
? Pakistan-verklaring
? Pakistan-resolusie
? Onafhanklikheid
en Dominium
? Islamitiese Republiek
? Ontbinding van Oos-
en Wes-Pakistan
? Huidige grondwet


29 Desember 1930
28 Januarie 1933
23 Maart 1940

14 Augustus 1947
23 Maart 1956

16 Desember 1971
14 Augustus 1973
Oppervlakte
?- Totaal
 
?- Water (%)
 
881?913 [5] km 2 ?( 33 ste )
340?509 myl 2
2,86
Bevolking
?- 2021-skatting
?- 2023-sensus
?- Digtheid
 
226?992?332 [6] ( 5 de )
241?499?431 [7]
273,8 / km 2 ( 56 ste )
709,1 / myl 2
BBP ( KKP )
?- Totaal
?- Per capita
2023 -skatting

$1,568?miljard [8] ( 24 ste )
$6?774 [8] (138 ste )

BBP (nominaal)
?- Totaal
?- Per capita
2023 -skatting

$340?636?miljard [8] ( 46 ste )
$1?471 [8] (161 ste )

MOI ( 2021 ) 0,544 [9] ( 161 ste ) ??? medium
Gini ( 2018 ) 29,6 [10] ??? medium
Geldeenheid Roepee (Rs) ( PKR )
Tydsone
?- Somertyd
PK ( UTC +05:00 )
net soms toegepas ( UTC +06:00 )
Internet-TLD .pk
Skakelkode +92
Nasa -Satellietbeeld van Pakistan
Kaart van Pakistan

Pakistan beslaan 'n oppervlakte van 881?913?km² en het 'n bevolking van 241?499?431 in 2023 gehad. Die hoofstad is sedert 1960 Islamabad en die grootste stad is Karatsji . Ander groot stede sluit in Faisalabad , Gujranwala , Hyderabad , Lahore , Multan , Pesjawar , Quetta en Rawalpindi . Die amptelike tale is Engels en Oerdoe (ook nasionale taal), terwyl ander tale soos Beloetsji , Kasjmiri , Pandjabi , Pasjtoe , Persies en Sindhi net plaaslike erkenning geniet. Belangrike etniese groepe sluit in Beloetsje , Bengale , Muhajirs, Punjabi's , Pasjtoene , Saraiki's en Sindhi's .

Pakistan het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indie en met die Verdeling van Indie het dit saam met Bangladesj van sy buurland Indie geskei. In 1971 het die destydse Oos-Pakistan met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin en op 26 Maart 1971 sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar. Met die grondwet van 14 Augustus 1973 het die land 'n federale parlementere grondwetlike republiek geword. Pakistan is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof . Sedert die Verdeling van Indie veg Pakistan teen Indie en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir , wat tot dusver tot vyf oorloe oor die verdeelde gebied gelei het.

Die naam Pakistan beteken "Land van die suiwer" in Persies en Oerdoe. Dit is ook afgelei van die gebiede in die voormalige Brits-Indie: P unjab, North-West Frontier Province ( A fghania Province), K asjmir, S indh en Baluchis tan . [11] [12] [13] Die letter i is toegevoeg om die spelling te verbeter en die korrekte naam in Persies en Oerdoe te kry. [14] Die agtervoegsel ????? ( -st?n ) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit -woord sth?na ?????. [15] Pakistan beteken dus "land van die Pakistane".

Sport

 
Die Pakistanse aanvangskolwer Yasir Hameed speel teen Australie op Lord’s in Engeland

Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Pakistan beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en tydens die bestaan van Brits-Indie op die Indiese subkontinent gevestig.

Veldhokkie word as Pakistan se nasionale sport beskou [16] [17] en die Pakistanse nasionale hokkiespan kon tot dusver drie goue medaljes op Olimpiese Somerspele wen: in 1960 , 1968 en 1984 . [18] Daarbenewens het Pakistan die veldhokkiewereldbeker tot dusver vier keer gewen (in 1971, 1978, 1982 en 1994), meer as enige ander land. [19]

Krieket is Pakistan se gewildste sport. [20] Die Pakistanse nasionale krieketspan het die Asiatiese Beker twee keer (in 2000 en 2012), die Asiatiese Toetskampioenskap 1999, die Austral-Asiatiese kampioenskap drie keer (in 1986, 1990 en 1994) en die Krieketwereldbeker 1992 gewen, asook tydens die Krieketwereldbeker 1999 as naaswenner geeindig. Pakistan het ook twee keer as naaswenner van die T20I-wereldbeker geeindig (in 2007 in Suid-Afrika en in 2022 in Australie ) en kon die T20I-wereldbeker 2009 in Engeland wen. In 2017 het Pakistan vir die eerste keer die Kampioenetrofee ingepalm. In Maart 2009 het militante die Sri Lankaanse nasionale krieketspan tydens hul toer deur Pakistan aangeval met die gevolg dat tot Mei 2015 geen internasionale krieketwedstryde in Pakistan gespeel is nie. [21] Eweneens is Pakistan van sy rol as medegasheer vir die Krieketwereldbeker 2011 ontneem. [22] [23]

Pakistan was gasheer of medegasheer van verskeie internasionale sportgeleenthede: die Suid-Asiatiese Spele in 1989 en 2004; die muurbalw ereldbekertoernooie in 1984, 1993, 1996 en 2003; die krieketwereldbekertoernooie in 1987 en 1996 , asook die veldhokkiewereldbeker in 1990. Die Kampioenetrofee 2025 sal ook in Pakistan aangebied word. [24]

Verwysings

  1. ( en ) James Minahan (2009). The Complete Guide to National Symbols and Emblems [2 volumes] . ABC-CLIO. p.?141. ISBN  978-0-313-34497-8 .
  2. ( en ) "The State Emblem" . Ministerie van Inligting en Uitsaaiwese, Pakistanse regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2007 . Besoek op 13 Augustus 2014 .
  3. ( en ) "National Symbols and Things of Pakistan" . Pakistanse Regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014 . Besoek op 13 Augustus 2014 .
  4. ( en ) "Welcome" . Pakistanse regering. 2012 . Besoek op 5 September 2018 . "English, as an Official Language of Pakistan" . Heritage Pakistan. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016 . Besoek op 5 September 2018 .
  5. ( en ) "Pakistan statistics" . Geohive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2016 . Besoek op 13 Augustus 2014 .
  6. ( en ) "Pakistan Population 2021 (Live)" .
  7. ( en ) "Announcement of Results of 7th Population and Housing Census-2023 'The Digital Census' " (PDF) . Pakistanse Statistiekkantoor. 5 Augustus 2023 . Besoek op 15 Augustus 2023 .
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 ( en ) "Pakistan" . Internasionale Monetere Fonds . Oktober 2021 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  9. ( en ) "Human Development Report 2021/2022" (PDF) . United Nations Development Programme. 2021 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  10. ( en ) "Gini Index ? Pakistan" . Wereldbank . Besoek op 6 Maart 2024 .
  11. ( en ) Choudhary Rahmat Ali (28 Januarie 1933). "Now or Never. Are we to live or perish forever?" . Besoek op 6 Maart 2024 .
  12. ( en ) S.M. Ikram (1 Januarie 1995). Indian Muslims and partition of India . Atlantic Publishers & Dist. pp.?177?. ISBN  978-81-7156-374-6 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  13. ( en ) Rahmat Ali. "Rahmat Ali?::Now or Never" . The Pakistan National Movement. p.?2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2013 . Besoek op 13 Augustus 2014 .
  14. ( en ) Roderic H. Davidson (1960). "Where is the Middle East?". Foreign Affairs . 38 (4): 665?675. doi : 10.2307/20029452 .
  15. ( en ) "Monier-Williams Sanskrit Dictionary" . 1872 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  16. ( en ) M. Ilyas Khan (8 Augustus 2012). "Pakistan's Olympic humiliation in national sport" . BBC . Besoek op 6 Maart 2024 .
  17. ( en ) Abbott, David (2015). Changing World: Pakistan . Encyclopædia Britannica . p.?21. ISBN  978-1-62513-321-2 .
  18. ( en ) Bill Mallon; Jeroen Heijmans (2011). Historical Dictionary of the Olympic Movement (4th revised?uitg.). Scarecrow. p.?291. ISBN  978-0-8108-7249-3 .
  19. ( en ) V.V.K.Subburaj (30 Augustus 2004). Basic Facts of General Knowledge . Sura College of Competition. p.?771. ISBN  978-81-7254-234-4 .
  20. ( en ) Saad Khan (15 Maart 2010). "The Death of Sports in Pakistan" . The Huffington Post . Besoek op 6 Maart 2024 .
  21. ( en ) "Pakistan cricket future in doubt" . BBC . 4 Maart 2009 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  22. ( en ) "Pakistan counts cost of Cup shift" . BBC . 18 April 2009 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  23. ( en ) "World Cup matches moved out of Pakistan" . ESPNcricinfo. 17 April 2009 . Besoek op 6 Maart 2024 .
  24. ( en ) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup" . ESPNcricinfo . Besoek op 6 Maart 2024 .

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels