Spele van die IIe Olimpiade
|
|
Die
Olimpiese Somerspele 1900
(
Frans
:
Les Jeux olympiques d'ete de 1900
), amptelik bekend as die
Spele van die
IIde
Olimpiade
, is in 1900 in
Parys
,
Frankryk
, as deel van die
Wereldtentoonstelling
gehou.
[4]
Ondanks Griekse pogings om die Spele permanent in
Griekeland
te laat plaasvind, besluit die
Internasionale Olimpiese Komitee
om die Spele elke keer na 'n ander land te skuif. Vroue het vir die eerste keer aan kompetisies tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.
In teenstelling met die
Olimpiese Somerspele 1896
was hierdie spele nie 'n groot sukses nie. Die sportplekke was oor die hele Paryse stadsgebied versprei en wedstryde is tydens die hele Wereldtentoonstelling aangebied met lang onderbrekings daartussen. Die Olimpiese Somerspele is nie as sulks benoem nie en amptelik
Concours Internationaux d’Exercices Physiques et de Sports
("Internasionale kompetisies vir
Liggaamlike Opvoeding
en
Sport
") genoem. Sommige atlete het eers jare later of nooit besef nie, dat hulle aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.
19 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
- Hengel
,
warmlugballonvaart
,
bocce
,
kanonskietery
, brandbestryding, vlerksweef,
jeu de paume
, lewensredding,
Longue paume
,
Motorsport
,
duifwedvlugte
en
bootwedrenne
is as demonstrasiesporte aangebied.
Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1900 gebruik:
Deelnemende nasies
wysig
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die
Nasionale Olimpiese Komitees
wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:
Getal medaljes
wysig
Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het:
Verwysings
wysig
Verdere leesstof
wysig
- (
en
)
David Wallechinsky (2004).
The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition
. SportClassic Books.
ISBN
978-1-894963-32-9
.
- (
en
)
Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).
Encyclopedia of the Modern Olympic Movement
. Greenwood Publishing Group.
ISBN
0-313-32278-3
.
OCLC
52418065
.
- (
en
)
Bill Mallon (1998).
The 1900 Olympic Games
. Jefferson, Noord-Carolina: McFarland & Company, Inc.
ISBN
9780786440641
.
- (
de
)
Volker Kluge (1997).
Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 ? Berlin 1936
. Berlin: Sportverlag.
ISBN
3-328-00715-6
.
- (
de
)
Karl Lennartz, Walter Teutenberg (1995).
Olympische Spiele 1900 in Paris
. Kassel: Agon-Sportverlag.
ISBN
3-928562-20-7
.
Eksterne skakels
wysig