Dinsdag
is die weeksdag tussen
Maandag
en
Woensdag
. Die Engelse naam is afkomstig van die
Germaanse god
Tyr en beteken "Tyr se dag".
Dinsdag voor Vaste
(ook genoem
Mardi Gras
- "vet Dinsdag") gaan die vastyd vooraf in die Christelike kalender.
Swart Dinsdag
in die
Verenigde State van Amerika
verwys na
29 Oktober
1929
, die begin van die groot aandelemarkineenstorting van 1929. Dit was die Dinsdag na "Swart Donderdag", wat die begin van die
Groot Depressie
aangedui het.
In die
Griekse
wereld word Dinsdag as 'n rampspoedige dag gesien as gevolg van die val van Konstantinopel. Dieselfde geld in
Spaanssprekende
wereld, waar 'n
spreekwoord
En martes, ni te cases ni te embarques
lui: Moenie trou of 'n reis begin op 'n Dinsdag nie.
Eksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Tuesday
.
|
Sien
Dinsdag
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|