in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Estiese
eiland
Saaremaa
is op een na die grootste eiland in die
Oossee
met 'n oppervlakte van 2 673 vierkante kilometer groot en 'n bevolking 40 312 mense. Sowat 16 000 van Saaremaa se inwoners woon in die hoofdorp
Kuressaare
. Die naam van die eiland beteken niks meer as 'eiland' nie en dit geld ook vir die Sweeds/Duitse naam
Osel
.
Kaart van die
Estniese
argipel
(Saaremaa en
Hiiumaa
)
Die kratermeer van Kali
Saaremaa is dig bebos. Kenmerkend van die plantlewe is die talryke
jenewerstruike
. Die kus is baie gevarieerd met steil rotse in die noorde by Panga en klipstrande in ander gebiede.
Kultuurhistories het Saaremaa baie aan te bied. Die hoofdorp Kuressaare het rondom 'n biskopsburg ontstaan en is vanouds bekend as kuuroord. Baie van die dorpies op Saaremaa het baie ou kerke (onder meer: Valjala, Karja, Poide, Kaarma) wat ook 'n verdedigingsfunksie gehad het. Naby die stad Karja kan nog vyf windmeule besigtig word wat op 'n heuwel gelee is. Nog in die vroee 20ste eeu het elke dorp op Saaremaa oor 'n soortgelyke windmeuleheuwel beskik. Die vyf meule in Karja se hoe fondamente is op stene gebou; hul boustyl lyk baie op die van vroee Europese windmeule.
[1]
'n Opvallende aantreklikheid van Saaremaa is die kratermeer van
Kaali
in die ooste van die eiland, wat 'n deursnee van vyftig meter het en aan die begin van die eerste millennium v.C. ontstaan het as gevolg van 'n
meteorietinslag
. Dit is die beste bereikbare meteorietkrater in Europa.
Die eiland het 'n vaste verbinding met die naburige
Muhu
, waarmee dit saam een distrik vorm. Muhu is vanuit die Estiese hawe Virtsu bereikbaar. Daar is ook is 'n bootverbinding met
Hiiumaa
, wat ten noorde van Saaremaa gelee is. Pogings om veerbootdienste vanuit
Letland
en vanaf
Gotland
in die lewe te roep het tot dusver (2002) misluk.
-
Vlag van Saaremaa
-
Wapen van Saaremaa
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Saaremaa
.
|
- ↑
Dittmann, Frank (red.):
Reisehandbuch Skandinavien 2008
. Essen: Nordis 2008, bl. 334