Pollok House
Pollok Country Park, Glasgow
Skotland
Verenigde Koninkryk
Voltooiing
1752
Styl
Palladiaans-Georgiaans
Argitek
William Adam
Openbare vervoer
Pollokshaws West-stasie (ScotRail)
Webtuiste
Pollok House
Pollok House
is 'n herehuis (
stately home
) in Pollok Country Park, gelee aan die suidelike stadsrand van
Glasgow
, wat tans namens die Stadsraad van Glasgow deur die
National Trust for Scotland
bestuur word. Pollok House vorm saam met die ommuurde tuin, wat rondom die herehuis aangele is, en die omringende land Pollok Country Park wat in 1966 deur Dame Anne Maxwell McDonald aan die Stad Glasgow geskenk is en tans gewild is by stappers en drawwers. Die herehuis se boonste tweede verdieping dien steeds as woning vir lede van die Maxwell-familie tydens hul besoeke aan Glasgow en is - in teenstelling met die res van die herehuis - nie toeganklik vir die publiek nie.
Pollok het ses eeue lank as herewoning van die Maxwell-familie gedien, alhoewel die grootste deel van die huidige herehuis eers teen die middel van die 18de eeu in die Georgiaanse styl ontstaan het. Uitbreidings is in die vroee 20ste eeu bygevoeg.
[1]
In 1931 het Sir John Sterling Maxwell tydens 'n vergadering in Pollok House die
National Trust for Scotland
in die lewe geroep. Die kamer, waarin die stigterslede vergader het, mag besigtig word.
Pollok House staan oop vir die publiek en gee besoekers 'n outentieke smakie van die adellike leefstyl tussen die
Edwardiaanse tydperk
en die 1930's, met destydse meubilering in die privaat vertrekke, 'n elegante gang wat met mahoniehout en marmer afgewerk is, 'n biblioteek met 7 000 boeke en die uitgestrekte bediendekwartiere benede. In die huis se beste dae voor die Groot Oorlog het 48 bediendes drie Maxwell-familielede versorg.
[2]
Versamelings van antieke meubels, silwerware en keramiek word in Pollok House vertoon. Die herehuis huisves ook Sir William Stirling-Maxwell se kunsversameling wat op
Spaanse
skilderkuns fokus, met werke van El Greco (waaronder
Lady in a Fur Wrap
- 'n vermeende El Greco-portretskildery wat intussen aan 'n ander skilder toegeskryf word),
Francisco Goya
en Bartolome Esteban Murillo, portrette van heersers uit die
Huis van Habsburg
en godsdienstige visioenere werke van
William Blake
soos
The Canterbury Pilgrims
(1808). Privaat versamelings met Spaanse skilderkuns is 'n uitsondering in Britse herehuise omrede adellikes vroeer meestal op kuns uit lande gefokus het wat deel uitmaak van die klassieke
Grand Tour
.
Die eerste verdieping dien as uitstallingsruimte. Vanaf 19 Mei 2018 word 'n uitstalling aan die fotograaf
Harry Benson
, 'n boorling van Glasgow, gewy.
[3]
[4]
- Wiki-webtuistes
- National Trust for Scotland
- Kunsversamelings
55°49′41″N
4°19′6″W
/
55.82806°N 4.31833°W
/
55.82806; -4.31833