in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde
(Nederlands:
Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren
, afgekort as
DBNL
) is 'n
webwerf
oor die
Nederlandse
taal
en -
letterkunde
. Dit bevat duisende literere tekste, sekondere literatuur en bykomende inligting soos biografiee. Die DBNL is 'n inisiatief van die DBNK-stigting en is in
1999
van stapel gestuur deur die
Maatschappij der Nederlandse Letterkunde
.
[1]
Die skep van die DNBL is moontlik gemaak deur skenkings van onder andere die Nederlandse Organisatie voor Wetenschappelijk Onderzoek (NWO) en die
Nederlandse Taalunie
. Rene van Stipriaan was van 2008 tot 2012 die redakteur.
[2]
Die daaglikse werksaamhede van die DBNL word verrig deur agt persone in Leiden (met ingang 2013: Den Haag), 20 studente, en 50 persone in die
Filippyne
wat die tekste skandeer en intik.
[2]
Met ingang 2020 word die biblioteek onderhou deur die
Taalunie
, Vlaamse Erfgoedbibliotheek en die Koninklike Biblioteek van die Nederlande.
[3]
Basiese biblioteek: 1,000 sleuteltekste
[
wysig
|
wysig bron
]
Die DBNL bevat, of sal in die nabye toekoms, die volledige 1,000 sleuteltekste van die Nederlandse- en
Vlaamse
kulturele geskiedenis bevat. Die voorsitter van die komitee wat die 1000 sleuteltekste gekies het is Paul Schnabel. Nietemin ontbreek sommige klassieke tekste uit die
Nederlandse
letterkunde soos
Gerard Reve
se
1947
-roman,
De avonden
en
Willem Frederik Hermans
se
1966
-roman
Nooit meer slaap nie
as gevolg van
kopiereg
uitdagings.