한국   대만   중국   일본 
Zlin - Wikipedia Gaan na inhoud

Zlin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Zlin
Zlin

Kaart Vlag
Wapen
  Land Vlag van Tsjeggië  Tsjeggie
  Streek Zlinsky kraj
  Distrik Okres Zlin
  Koordinate 49°13′37″N 17°40′08″O  /  49.22694°N 17.66889°O  / 49.22694; 17.66889
  Stigting (eerste verwysing) 1322
  Oppervlakte:  
 - Totaal 102,83 vk km
  Hoogte bo seevlak 230 m
  Bevolking:  
 - Totaal (2015) 75 112
 - Bevolkingsdigtheid 730/km²
  Tydsone UTC+01:00
  Burgemeester Miroslav Adamek
Bata-hoofkwartier in die 1930's

Zlin ([zliːn], Duits : Zlin ) is 'n Tsjeggiese stad in die suidooste van Morawie , gelee aan die D?evnice-rivier. Die ontwikkeling van die moderne stad is nou verbonde aan die Bata -skoenfabriek wat in die laaste dekade van die 19de eeu hier deur Toma? Ba?a (1876?1932), 'n boorling van Zlin, gevestig is en, volgens sy beleid van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid, na die Eerste Wereldoorlog moderne behuising en ander geriewe soos sportfasiliteite en vermaaklikheidsgeriewe aan sy personeel verskaf het - as deel van 'n "totale omgewing".

Die onderneming het moderne vervaardigingsprosesse ingevoer wat deur Henry Ford se motoraanlegte geinspireer is en tot 'n wereldleier in die skoenbedryf gegroei. Bata het ook in Suid-Afrika bekendheid verwerf met sy skoene vir skoolkinders, die befaamde Toughees wat in 1954 as handelsmerk ingevoer is. [1] Bata se hoofkwartier, die wolkekrabber "Bata gebou nr. 21", was in sy ontstaanstyd die hoogste gebou in Europa.

Met die kommunistiese magsoorname in Tsjeggo-Slowakye in 1948 is Bata se plaaslike aanlegte en bates genasionaliseer, terwyl die onderneming in westerse lande voortbestaan het as 'n privaatmaatskappy in familiebesit. Na 'n kort herlewing in die post-kommunistiese markekonomie is die laaste skoenfabrieke, wat lankal nie meer met mededingers op die wereldmark tred kon hou nie, in die 1990's gesluit. Zlin is tussen 1949 en 1990 hernoem as Gottwaldov, ter ere van die kommunistiese politikus Klement Gottwald.

Naas sy funksionalistiese 20ste eeuse boukuns en skoenvervaardiging staan Zlin bekend as filmstad. Meer as 2000 rolprente het hier ontstaan, waaronder rolprente vir kinders en klassieke Tsjeggiese tekenrolprente. Een van die grootste en belangrikste filmfeeste ter wereld, wat aan kinderrolprente gewy is, word in Zlin gehou. [2] 'n Universiteit, wat na die entrepreneur Toma? Ba?a genoem is, het sy deure in 2001 geopen.

In die nuwe nywerheidsone oos van Zlin, wat in 2001 gevestig is, het - naas fabrieke wat voedsel verwerk - aanlegte van Tsjeggiese en buitelandse ondernemings ontstaan wat huishoudelike toestelle, motoronderdele, plastiekprodukte en metaalverwerkingsmasjiene ontwikkel en vervaardig.

Bekende boorlinge [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) Toughees - Bata South Africa: A trusted household name. [dooie skakel] Besoek op 18 Julie 2017
  2. ( en ) Zlin - the town that Bata built. Colin O'Connor, Radio Prague. 23 Augustus 2006. Besoek op 18 Julie 2017