in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Woordeboek
is 'n
naslaanboek
waarin die betekenis van die
woorde
van 'n sekere
taal
, of 'n sekere aspek van 'n taal, weergegee word.
Daar kan tussen verskillende soorte woordeboeke onderskei word:
- Sien ook:
Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
Die
tweetalige woordeboek
of
vertalende woordeboek
is die oudste soort woordeboek. Hierdie woordeboeke het ten doel om die betekenis van woorde van 'n vreemde taal in 'n taal weer te gee wat die raadpleger verstaan. Reeds in die
middeleeue
het daar al vele woordeboeke bestaan wat min of meer soos woordelyste opgestel is en ten doel gehad het om mense
Latyn
te leer. Sedert die einde van die middeleeue het daar ook woordeboeke vir moderne vreemde tale soos
Frans
en
Hoogduits
verskyn. Daar is gewoonlik twee dele in sulke woordeboeke: een deel vir die vertaling
vanuit
die vreemde taal en een deel vir vertaling
in
die vreemde taal.
Gelykmatig
Die
verklarende woordeboek
is tans ongetwyfeld die mees geraadpleegde woordeboeksoort. Hierin word 'n groot aantal woorde van die moedertaal van die samesteller aangetref, en die betekenis van elke woord word in dieselfde taal omskryf. Die bekendste Afrikaanse verklarende woordeboek is die
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
.
Veldgespesialiseerde woordeboek
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
veldgespesialiseerde woordeboek
of
vakwoordeboek
gee nie die woordeskat van 'n taal weer nie, maar slegs die vaktaal van 'n bepaalde groep mense, gewoonlik mense wat dieselfde vak beoefen. Daar bestaan beide verklarende woordeboeke en vertalende woordeboeke in hierdie kategorie.
Etimologiese woordeboek
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
etimologiese woordeboek
verduidelik die
etimologie
of herkoms van woorde.
|
Sien
woordeboek
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|