in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Women Forward (WF)
is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Junie 2008 gestig is.
Die party het as 'n aktivisbeweging begin en is in 2007 gestig deur Nana Ngobese (kleindogter van
Albert Luthuli
) om die 2009-verkiesing te betwis. Die party het slegs 5 087 stemme in die verkiesing gekry.
Die party fokus op geslagsgelykheid en beklemtoon die feit dat daar nog nooit 'n vroulike minister van finansies of ouditeur-generaal was nie.
[1]
Ngobese doen ook 'n oproep op die
kastrasie
van
verkragters
. Die meeste van die party se lidmaatskap kom van
Limpopo
.
[2]
Die party het aan die
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019
deelgeneem, maar kon geen provinsiale of nasionale setels in die verkiesing gewen nie.
[3]
Ngobese het gese dat "fondse en die politieke omgewing nie so bevorderlik was om die party na vore te bring nie."
[4]
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2019
[5]
|
6 108
|
0,04
|
0
|
2009
|
5 087
|
0,03
|
0
|