Wolfgang Ernst Pauli
|
---|
|
Gebore
| Wolfgang Ernst Pauli
(
1900-04-25
)
25 April 1900
|
---|
Sterf
| 15 Desember 1958 (op 58)
|
---|
Nasionaliteit
| Oostenryk
Verenigde State
Switserland
|
---|
Notas
|
---|
Sy peetvader was
Ernst Mach
. Hy moet nie verwar word met
Wolfgang Paul
nie, wat Pauli sy "verbeelde deel" genoem het,
[1]
'n woordspeling en kwinkslag op die verbeelde eenheid
i
.
|
Wolfgang Ernst Pauli
(
Duitse
fonetiese uitspraak: ?v?lf?aŋ ?pa?li;
25 April
1900
?
15 Desember
1958
) was 'n
Oostenrykse
(en later Amerikaanse/Switserse)
teoretiese fisikus
en een van die pioniere van
kwantumfisika
. In 1945, nadat hy benoem is deur
Albert Einstein
,
[2]
het Pauli die
Nobelprys vir Fisika
ontvang vir sy "beslissende bydrae deur sy ontdekking van 'n nuwe natuurwet, die uitsluitingsbeginsel of
Pauli-beginsel
". Die ontdekking hou verband met
spin-teorie
, wat die basis is van 'n teorie van die
struktuur van materie
.
Pauli is in
Wene
gebore as die seun van die chemikus Wolfgang Joseph Pauli (
ne
Wolf Pascheles, 1869?1955) en sy vrou Bertha Camilla Schutz; sy suster was Hertha Pauli, 'n skrywer en aktrise. Pauli se middelnaam is gegee ter ere van sy peetpa, die fisikus
Ernst Mach
. Pauli se grootouers aan vaderskant was afkomstig van vooraanstaande Joodse families uit
Praag
; sy oupagrootjie was die Joodse uitgewer Wolf Pascheles.
[3]
Pauli se vader het hom kort voor sy huwelik in 1899 van die
Judaisme
tot die
Rooms-Katolisisme
bekeer. Pauli se moeder, Bertha Schutz is grootgemaak volgens die Rooms-Katolieke godsdiens van haar moeder; haar vader was die Joodse skrywer Friedrich Schutz. Pauli is as Rooms-Katoliek grootgemaak, hoewel hy en sy ouers uiteindelik die kerk verlaat het.
[4]
Hy word allerwee beskou as 'n aanhanger van die
Deisme
en as 'n
mistikus
.
[5]
[6]
Wat sy hoerskoolopleiding betref het Pauli die
Doblinger
-Gimnasium in
Wene
bygewoon waar hy met onderskeiding in
1918
gematrikuleer het. Slegs twee maande na sy matrikulasie publiseer hy sy eerste wetenskaplike stuk oor
Albert Einstein
se teorie van
algemene relatiwiteit
. Hy woon die Ludwig-Maximilians-universiteit in
Munchen
by waar hy onder Arnold Sommerfeld studeer en in Julie
1921
sy PhD verwerf vir sy verhandeling oor die
kwantumteorie
van geioniseerde diatomiese
waterstof
(
H
+
2
).
Sommerfeld het Pauli versoek om die
relatiwiteitsteorie
na te vors vir die
Encyklopadie der mathematischen Wissenschaften
(
Ensiklopedie van Wiskundige Wetenskappe
). Twee maande nadat hy sy doktoraat ontvang het, het Pauli die artikel voltooi, bestaande uit 'n ontsagwekkende 237 bladsye.
Einstein
het die werk geprys. Dit is gepubliseer as 'n
monograaf
, en is vandag steeds 'n standaardwerk oor die onderwerp.
[7]
Pauli het 'n jaar aan die Universiteit van Gottingen deurgebring as assistent van
Max Born
, en die jaar daarna aan die Instituut vir Teoretiese Fisika in
Kopenhagen
, wat later in 1965 die Niels Bohr Instituut geword het. Van 1923 tot 1928 was hy dosent aan die Universiteit van Hamburg. Gedurende hierdie tydperk was Pauli instrumenteel in die ontwikkeling van die moderne teorie van
kwantummeganika
. In die besonder het hy die
uitsluitingsbeginsel
en die teorie van nie-relatiwistiese
spin
geformuleer.
In 1928 word hy aangestel as professor in teoretiese fisika aan ETH Zurich in Switserland, waar hy belangrike wetenskaplike vordering gemaak het. Hy het in 1931 besoekende professorate aan die Universiteit van Michigan gehou, en in 1935 aan die Instituut vir Gevorderde Studie in Princeton, New Jersey. Die Lorentz-medalje is in 1931 aan hom toegeken.
Aan die einde van 1930, kort na sy hipotese oor die
neutrino
en onmiddellik na sy egskeiding en die selfmoord van sy moeder, het Pauli 'n persoonlike krisis beleef. Hy het die psigiater en psigoterapeut
Carl Jung
geraadpleeg, wat net soos Pauli naby
Zurich
gewoon het. Jung het dadelik Pauli se diep argetipiese drome begin interpreteer,
[8]
en Pauli het weldra een van Jung se beste studente geword. Hy het spoedig die
epistemologie
van Jung se teorie wetenskaplik begin kritiseer, en dit het bygedra tot 'n sekere verheldering van Jung se gedagtes, veral oor die begrip sinkronisiteit. Baie van hierdie besprekings is gedokumenteer in die Pauli/Jung-briewe, wat vandag gepubliseer word as
Atom and Archetype
. Jung se uitgebreide ontleding van meer as 400 van Pauli se drome word gedokumenteer in
Psychology and Alchemy
.
Die
Duitse anneksasie van Oostenryk in 1938
het van hom 'n Duitse burger gemaak, wat in 1939 vir hom problematies geword het na die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog. In 1940 het hy tevergeefs probeer om Switserse burgerskap te bekom, wat hom in staat sou gestel het om aan die ETH te bly.
[9]
Pauli verhuis in 1940 na die Verenigde State, waar hy as professor in teoretiese fisika aan die Instituut vir Gevorderde Studies werk. In 1946, na die oorlog, word hy 'n genaturaliseerde burger van die Verenigde State en keer daarna terug na Zurich, waar hy vir die res van sy lewe woon. In 1949 is Switserse burgerskap aan hom toegeken.
In 1958 is die Max Planck-medalje aan Pauli toegeken. In dieselfde jaar het hy
pankreaskanker
opgedoen. Toe sy laaste assistent, Charles Enz, hom in die Rotkreuz-hospitaal in Zurich besoek het, het Pauli hom gevra: "Het jy die kamernommer gesien?" Dit was nommer 137. Pauli was gedurende sy hele lewe ge-preokkupeer met die vraag van waarom die fyn struktuurkonstante, 'n dimensielose fundamentele konstante, 'n waarde het wat byna soortgelyk is aan 1/137.
[10]
Pauli sterf op
15 Desember
1958
in die kamer.
[11]
[12]
Wetenskaplike navorsing
[
wysig
|
wysig bron
]
Pauli het as fisikus baie belangrike bydraes gelewer, hoofsaaklik op die gebied van
kwantummeganika
. Hy het selde referate gepubliseer, en uitgebreide korrespondensie met kollegas soos
Niels Bohr
en
Werner Heisenberg
verkies met wie hy hegte vriendskappe gehad het. Baie van sy idees en resultate is nooit gepubliseer nie en verskyn slegs in sy briewe, wat dikwels deur hul ontvangers gekopieer en versprei is.
Pauli het in 1924 'n nuwe kwantumvryheidsgraad (of kwantumgetal) met twee moontlike waardes voorgestel om teenstrydighede tussen waargenome molekulere spektra en die ontwikkelende teorie van
kwantummeganika
op te los. Hy het die Pauli-uitsluitingsbeginsel geformuleer, miskien sy belangrikste werk, wat verklaar dat geen twee elektrone in dieselfde kwantumtoestand kan bestaan nie, geidentifiseer deur vier kwantumgetalle, insluitend sy nuwe twee-waarde kwantumvryheidsgraad. Die idee van spin het sy oorsprong by
Ralph Kronig
.
George Uhlenbeck
en
Samuel Goudsmit
het een jaar later Pauli se nuwe kwantumvryheidsgraad geidentifiseer as
elektron
spin
, 'n ontdekking wat Pauli vir 'n lang tyd foutiewelik geweier het om aan te glo.
[13]
In 1926, kort nadat Heisenberg die
matriksteorie
van moderne
kwantummeganika
gepubliseer het, gebruik Pauli dit om die waargenome
spektrum
van die
waterstofatoom
af te lei. Hierdie resultaat was belangrik om die geloofwaardigheid van Heisenberg se teorie te verseker.
Pauli het die 2 × 2
Pauli-matrikse
bekendgestel as 'n basis van spinoperateurs, en daarmee sodoende die nie-relatiwistiese teorie van spin opgelos. Daar word soms gese dat hierdie werk, insluitend die
Pauli-vergelyking
,
Paul Dirac
beinvloed het in sy skepping van die
Dirac-vergelyking
vir die
relativistiese
elektron, alhoewel Dirac gese het dat hy destyds selfstandig dieselfde matrikse uitgevind het, sonder die invloed van Pauli. Dirac het soortgelyke, maar groter (4x4) spinmatrikse uitgevind vir gebruik in sy relativistiese behandeling van fermioniese spin.
In 1930 het Pauli die probleem van beta-vervalling oorweeg. In 'n brief van 4 Desember aan Lise Meitner 'et al.' ', beginnende met "Geagte radioaktiewe dames en here", het hy die bestaan van 'n tot dusver onopgemerkte neutrale deeltjie met 'n klein massa, nie meer as 1% die massa van 'n proton nie voorgestel, ten einde die deurlopende spektrum van beta-verval te verklaar. In 1934 het
Enrico Fermi
die deeltjie, wat hy 'n
neutrino
, d.w.s. "klein neutral enetjie" in Fermi se oorspronklike
Italiaans
, genoem het, geinkorporeer in sy teorie van beta-verval. Die neutrino is in 1956 vir die eerste keer deur
Frederick Reines
en
Clyde Cowan
eksperimenteel bevestig, twee en 'n half jaar voor Pauli se dood. Toe hy die nuus ontvang, antwoord hy per telegram: "Dankie vir die boodskap. Alles word weldra duidelik vir die wat weet hoe om [daarvoor] te wag. Pauli."
[14]
In 1940 herlei hy die spin-statistiese-stelling, 'n kritiese resultaat van die kwantumveldteorie wat beweer dat deeltjies met 'n halfgetal spin
fermione
is, terwyl deeltjies met heelgetal spin
bosons
is.
In 1949 publiseer hy 'n referaat oor Pauli?Villars-regularisasie: regularisasie is die term vir tegnieke wat oneindige wiskundige integrale verander ten einde hulle beperk en vasgesteld tydens berekeninge te maak, sodat 'n mens kan identifiseer of die intrinsiek oneindige kwantiteite (onbeperktes) in die teorie (massa , lading,
golffunksie
) 'n vasgestelde en dus berekenbare versameling vorm wat herdefinieer kan word in terme van hul eksperimentele waardes, welke kriteria as hernormalisering bekendstaan en onbeperktes uit
kwantumveldteoriee
verwyder, maar ook die berekening van hoerorde-korreksies in versteuringsteorie moontlik maak.
Pauli het herhaaldelik kritiek gelewer op die moderne sintese van
Evolusionere biologie
.
[15]
[16]
Sy kontemporere bewonderaars verwys na modusse van
epigenetiese erfenis
as ondersteuning vir sy argumente.
[17]
Persoonlikheid en reputasie
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Pauli-effek is vernoem na sy anekdotiese en bisarre vermoe om eksperimentele toerusting te breek deur bloot in die nabyheid daarvan te verkeer. Pauli was bewus van sy reputasie en was verheug wanneer die Pauli-effek hom openbaar het. Hierdie vreemde gebeure strook met sy kontroversiele ondersoek na die geloofwaardigheid van parapsigologie, veral sy samewerking met
Carl Jung
oor die konsep van sinkronisiteit.
[18]
Wat fisika betref, was Pauli 'n perfeksionis. Dit strek nie net tot sy eie werk nie, maar ook tot die werk van sy kollegas. As gevolg hiervan het hy in die fisika-gemeenskap bekend geword as die "gewete van fisika", die kritikus aan wie sy kollegas verantwoordbaar was. Hy kon enige teorie wat na sy oordeel gebrekkig was afwys en verwerp, en sou dit dikwels bestempel as "ganz falsch", gans en al verkeerd.
Hierdie kritiek was egter nie sy skerpste kritiek nie, want die het hy gereserveer vir teoriee of proefskrifte wat so onduidelik voorgele is dat dit nie getoets of geoordeel kon word nie; dus nie na behore binne die wetenskaplike gebied nie, alhoewel die teorie of werk hulle voorgedoen het as sodanig. Dit was erger as verkeerd, want dit kon nie verkeerd bewys word nie. Hy het eenkeer oor so 'n onduidelike stuk gese: "Dit is nie eens verkeerd nie!"
[19]
Sy veronderstelde opmerking tydens 'n ontmoeting met 'n vooraanstaande fisikus,
Paul Ehrenfest
, illustreer die idee van 'n arrogante Pauli. Die twee het mekaar vir die eerste keer tydens 'n konferensie ontmoet. Ehrenfest was vertroud met Pauli se werk en was baie beindruk daarmee. Na 'n paar minute se gesprek het Ehrenfest opgemerk: "Ek dink ek hou meer van jou Ensiklopedie-artikel [oor relatiwiteitsteorie] as wat ek van jou hou", waarop Pauli teruggekap het: "Dit is vreemd. Met my is dit net die teenoorgestelde."
[20]
Die twee het van toe af hegte vriende geword.
'n Ietwat meer goedhartige indruk blyk uit die volgende verhaal, wat in 'n artikel oor Dirac verskyn:
Werner Heisenberg [in
Physics and Beyond
, 1971], roep 'n vriendelike gesprek tussen jong deelnemers aan die Solvay-konferensie in 1927 oor Einstein en
Planck
se siening oor godsdiens in herinnering op. Wolfgang Pauli, Heisenberg en Dirac het daaraan deelgeneem. Dirac se bydrae was 'n aangrypende kritiek op die politiese manipulasie van godsdiens, wat deur Bohr waardeer is vir die welsprekendheid daarvan, toe Heisenberg dit later aan hom gerapporteer het. Dirac het onder andere gese: "Ek kan nie verstaan waarom ons op ledige wyse oor godsdiens gesels nie. Indien ons eerlik is - en as wetenskaplikes is eerlikheid ons presiese plig - kan ons nie anders as om te erken dat enige godsdiens 'n klomp valse verklarings is nie, ontneem van enige ware fondament. Die idee van God is 'n produk van die menslike verbeelding. [...] Ek erken geen godsdienstige mites nie omdat hulle mekaar weerspreek. [...]" Heisenberg se siening was verdraagsaam. Pauli het na 'n paar aanvanklike opmerkings geswyg. Maar toe hy uiteindelik om sy mening gevra word, het hy grappenderwys gese: "Wel, ek sou se dat ook ons vriend Dirac 'n godsdiens aanhang en dat die eerste gebod van hierdie godsdiens is dat 'God nie bestaan nie en dat Paul Dirac sy profeet is'." Almal het spontaan uitgebars van die lag, ook Dirac.
[21]
Baie van Pauli se idees en resultate is nooit gepubliseer nie en verskyn slegs in sy briewe, wat dikwels deur hul ontvangers gekopieer en versprei is. Pauli was miskien nie baie bekommerd dat baie van sy werk nie erken is nie, maar toe dit by Heisenberg se wereldbekende 1958-lesing in Gottingen oor hul gesamentlike werk aan 'n verenigde veldteorie kom, en die persverklaring dat Pauli 'n blote "assistent van professor Heisenberg" is, het Pauli aanstoot geneem en Heisenberg se aanleg vir fisika aangeval. Die agteruitgang van hulle verhouding het daartoe gelei dat Heisenberg Pauli se begrafnis geignoreer het, en in sy outobiografie geskryf het dat Pauli se kritiek oorspanne was, alhoewel die veldteorie uiteindelik wel onhoudbaar bevind is, wat Pauli se kritiek staaf.
[22]
Pauli is in 1953 verkies as Buitelandse lid van die Royal Society.
[19]
In 1958 het hy 'n buitelandse lid van die
Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen
geword.
[23]
In Mei 1929 het Pauli die Rooms-Katolieke Kerk verlaat. In Desember van daardie jaar is hy getroud met Kathe Margarethe Deppner, 'n
kabaretdanser
.
[24]
Die huwelik was egter nie gelukkig nie en het in 1930 na minder as 'n jaar in die egskeidingshof geeindig. Hy is in 1934 weer getroud met Franziska Bertram (1901?1987). Hulle het geen kinders gehad nie.
- Pauli, Wolfgang; Jung, C. G. (1955).
The Interpretation of Nature and the Psyche
. Ishi Press.
ISBN
978-4-87187-713-8
.
- Pauli, Wolfgang (1981).
Theory of Relativity
. New York: Dover Publications.
ISBN
978-0-486-64152-2
.
- Pauli, Wolfgang; Jung, C. G. (2001). C. A. Meier (red.).
Atom and Archetype, The Pauli/Jung Letters, 1932?1958
. Princeton, NJ: Princeton University Press.
ISBN
978-0-691012-07-0
.
- ↑
Gerald E. Brown and Chang-Hwan Lee (2006):
Hans Bethe
and His Physics
, World Scientific,
ISBN 978-981-256-610-2
,
bl. 338
- ↑
"Nomination Database: Wolfgang Pauli"
. Nobel Foundation
. Besoek op
17 November
2015
.
- ↑
Ernst Mach and Wolfgang Pauli's ancestors in Prague
- ↑
"Jewish Physicists"
. Besoek op
30 September
2006
.
- ↑
Charles Paul Enz (2002).
No Time to Be Brief: A Scientific Biography of Wolfgang Pauli
. Oxford University Press.
ISBN
978-0-19-856479-9
.
At the same time Pauli writes on 11 October 1957 to the science historian Shmuel Sambursky whom he had met on his trip to Israel (see Ref. [7], p. 964): 'In opposition to the monotheist religions ? but in unison with the mysticism of all peoples, including the Jewish mysticism ? I believe that the ultimate reality is not personal.'
- ↑
Werner Heisenberg (2007).
Physics and Philosophy: The Revolution in Modern Science
. HarperCollins. pp.
214
?215.
ISBN
978-0-06-120919-2
.
Wolfgang shared my concern. ... "Einstein's conception is closer to mine. His God is somehow involved in the immutable laws of nature. Einstein has a feeling for the central order of things. He can detect it in the simplicity of natural laws. We may take it that he felt this simplicity very strongly and directly during his discovery of the theory of relativity. Admittedly, this is a far cry from the contents of religion. I don't believe Einstein is tied to any religious tradition, and I rather think the idea of a personal God is entirely foreign to him."
- ↑
W. Pauli (1926)
Relativitatstheorie
Klein's encyclopedia V.19 via
Internet Archive
- ↑
Varlaki, P.; Nadai L.; Bokor, J. (2008).
"Number Archetypes and Background Control Theory Concerning the Fine Structure Constant"
(PDF)
.
Acta Polytechnica Hungarica
.
5
(2). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 12 Desember 2010
. Besoek op
12 Februarie
2009
.
- ↑
Charles Paul Enz:
No Time to be Brief: A Scientific Biography of Wolfgang Pauli
, first published 2002, reprinted 2004,
ISBN 978-0-19-856479-9
,
p. 338
- ↑
Sherbon, M.A. Wolfgang Pauli and the Fine-Structure Constant. Journal of Science. Vol. 2, No. 3, pp. 148?154 (2012).
- ↑
"By a 'cabalistic' coincidence, Wolfgang Pauli died in room 137 of the Red-Cross hospital at Zurich on 15 December 1958." ? Of Mind and Spirit, Selected Essays of Charles Enz, Charles Paul Enz, World Scientific, 2009,
ISBN 978-981-281-900-0
, p. 95.
- ↑
Enz, Charles P.
"In memoriam Wolfgang Pauli (1900?1958)"
.
Helvetica Physica Acta
.
- ↑
Goudsmit, S.A.; translated by van der Waals, J.H.
"The discovery of the electron spin"
.
- ↑
Enz, Charles; Meyenn, Karl von (1994). "Wolfgang Pauli, A Biographical Introduction".
Writings on Physics and Philosophy
. Springer-Verlag: 19.
- ↑
Pauli, W. (1954). "Naturwissenschaftliche und erkenntnistheoretische Aspekte der Ideen vom Unbewussten".
Dialectica
.
8
(4): 283?301.
doi
:
10.1111/j.1746-8361.1954.tb01265.x
.
- ↑
Atmanspacher, H.; Primas, H. (2006).
"Pauli's ideas on mind and matter in the context of contemporary science"
(PDF)
.
Journal of Consciousness Studies
.
13
(3): 5?50. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 19 Maart 2009
. Besoek op
12 Februarie
2009
.
- ↑
Konferensie oor Wolfgang Pauli se Filosofiese Idees en Kontemporere Wetenskap
Geargiveer
10 September 2014 op
Wayback Machine
ge-organiseer deur die ETH, 20?25 Mei 2007. Die abstrak van 'n stuk deur Richard Jorgensen wat hierdie kwessie bespreek is hier beskikbaar:
[1]
Geargiveer
24 September 2015 op
Wayback Machine
- ↑
Harald Atmanspacher and Hans Primas (1996) "The Hidden Side of Wolfgang Pauli: An Eminent Physicist's Extraordinary Encounter With Depth Psychology '", Journal of Consciousness Studies 3: 112?126.
- ↑
19,0
19,1
Peierls, Rudolf
(1960).
"Wolfgang Ernst Pauli 1900?1958"
.
Biographical Memoirs of Fellows of the Royal Society
. Royal Society.
6
: 174?192.
doi
:
10.1098/rsbm.1960.0014
.
S2CID
62478251
.
- ↑
The Historical Development of Quantum Theory
, deur Jagdish Mehra, Helmut Rechenberg, p. 488, Springer (2000),
ISBN 978-0-387-95175-1
, met verwysing na Oskar Klein.
- ↑
Heisenberg, Werner (1971).
Physics and Beyond: Encounters and Conversations
. Harper and Row. p.
87
.
ISBN
978-0-06-131622-7
.
- ↑
Arthur I. Miller
(10 Desember 2009).
"The strange friendship of Pauli and Jung ? Part 6"
(flv)
.
CERN
. University College London. pp. 4?6:00, 8:10?8:50.
... a press release that read, most offensively to Pauli, 'Professor Heisenberg and his assistant W. Pauli ...
- ↑
Pagetype = authorDetail & aId=PE00002258 "Wolf bende Ernst Pauli (1900?1958)"
. Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen
. Besoek op
26 Julie
2015
.
- ↑
Shifman Misha (2017).
Standing Together in Troubled Times: Unpublished Letters Of Pauli, Einstein, Franck And Others
. World Scientific. p. 4.
ISBN
978-981-320-103-3
.
- Enz, Charles P. (2002).
No Time to be Brief, A scientific biography of Wolfgang Pauli
. Oxford Univ. Press.
- Enz, Charles P. (1995). "Rationales und Irrationales im Leben Wolfgang Paulis". In H. Atmanspacher; et al. (reds.).
Der Pauli-Jung-Dialog
. Berlin: Springer-Verlag.
- Fischer, Ernst Peter
(2004).
Brucken zum Kosmos. Wolfgang Pauli ? Denkstoffe und Nachttraume zwischen Kernphysik und Weltharmonie
. Libelle.
ISBN
978-3-909081-44-8
.
- Gieser, Suzanne (2005).
The Innermost Kernel. Depth Psychology and Quantum Physics. Wolfgang Pauli's Dialogue with C.G. Jung
. Springer Verlag.
- Jung, C.G. (1980).
Psychology and Alchemy
. Princeton, New Jersey: Princeton Univ. Press.
- Keve, Tom (2000).
Triad: the physicists, the analysts, the kabbalists
. London: Rosenberger & Krausz.
- Lindorff, David (1994).
Pauli and Jung: The Meeting of Two Great Minds
. Quest Books.
- Pais, Abraham
(2000).
The Genius of Science
. Oxford: Oxford University Press.
- Enz, P.; von Meyenn, Karl, reds. (1994).
Wolfgang Pauli ? Writings on physics and philosophy
. Vertaal deur Schlapp, Robert. Berlin: Springer Verlag.
ISBN
978-3-540-56859-9
.
- Laurikainen, K. V. (1988).
Beyond the Atom ? The Philosophical Thought of Wolfgang Pauli
. Berlin: Springer Verlag.
ISBN
978-0-387-19456-1
.
- Casimir, H. B. G.
(1983).
Haphazard Reality: Half a Century of Science
. New York: Harper & Row.
ISBN
978-0-06-015028-0
.
- Casimir, H. B. G. (1992).
Het toeval van de werkelijkheid: Een halve eeuw natuurkunde
. Amsterdam: Meulenhof.
ISBN
978-90-290-9709-3
.
|
---|
1901?1925
| |
---|
1926?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001?
nou
| |
---|