in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
William Randolph Hearst
|
---|
|
Gebore
| (
1863-04-29
)
29 April 1863
|
---|
Sterf
| 14 Augustus 1951 (op 88)
|
---|
Nasionaliteit
| Verenigde State
|
---|
Beroep
| Entrepreneur, politikus, uitgewer
|
---|
Politieke party
| Demokratiese Party; onafhanklik
|
---|
Eggenoot
| Millicent Wilson (1903-1951)
|
---|
Kinders
| George, William Jr., John, Randolph, David; Patricia Lake (vermoede van vaderskap)
|
---|
Handtekening
|
---|
|
William Randolph Hearst Sr.
([h?st], *
29 April
1863
in
San Francisco
; †
14 Augustus
1951
in
Beverly Hills, Kalifornie
) was 'n
Amerikaanse
entrepreneur, politikus en uitgewer wat met
Hearst Communications
die grootste pers-uitgewery en media-onderneming in die Verenigde State gevestig het. Hearst se
dagblaaie
het met hul fokus op sensasionalisme sterk invloed op die verslaggewing en joernalistiese styl van hoofstroom-dagblaaie in die Verenigde State uitgeoefen het.
Hearst het in 1887 tot die uitgewersbedryf toegetree nadat sy vader George Hearst die bestuur van die dagblad
The San Francisco Examiner
aan hom oorgedra het. Vervolgens het hy homself in New York Stad gevestig waar hy die dagblad
The New York Journal
oorgeneem en vir strawwe mededinging met
Joseph Pulitzer
se
New York World
gesorg om die se sirkulasie te oortref. Sirkulasiesyfers is verhoog met reuse-opskrifte op die voorblaaie en skokkende stories oor misdaad, korrupsie, seks en ander gebeure.
Met die oorname van verdere dagblaaie het Hearst 'n dagbladketting geskep wat op sy hoogtepunt uit byna dertig koerante in groot metropole bestaan het. Later het hy sy belange uitgebrei na tydskrifte om uiteindelik die wereld se grootste personderneming te skep. As een van die welvarendste mense op aarde kon Hearst duur stokperdjies bekostig. Hy was 'n geesdriftige kunsversamelaar en het vir homself 'n kasteelagtige herewoning naby San Simeon in Kalifornie laat bou -
Hearst Castle
.
Hearst se onderneming bestaan voort as
Hearst Communications
. Van 'n beskeie begin met 'n enkele dagblad op 4 Maart 1887 het dit tot een van die wereld se voorste privaat media- en inligtingsmaatskappye met meer as 360 dogterondernemings in meer as 150 lande gegroei.
[1]