in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'
William Douglas Francis'
|
Gebore
|
6 Maart 1889
Bega
|
Oorlede
|
2 Januarie 1959
|
Nasionaliteit
|
Australies
|
Instelling(s)
|
Queensland Herbarium
|
Bekend vir
|
Sy boek
Australian Rainforest Trees
.
|
William Douglas Francis
(6 Maart 1889 - 2 Januarie 1959) was 'n gesiene
Australiese
plantkundige. Hy is in in
Bega
,
Nieu-Suid-Wallis
gebore. Op 17-jarige ouderdom het hy saam met sy pa, Alfred en broer Frederick, getrek vanaf Wollongong, Nieu-Suid-Wallis (waar hy die Wollongong Superior Public School bygewoon het), na
Kin Kin
,
Queensland
. Dit was hier waar hy sy groot belangstelling in die natuurwetenskap kon bevredig terwyl hy sy pa en broer op die plaas gehelp het.
In 1919 is hy aangestel as Assistent Regerings Plantkundige by die
Queensland Herbarium
. Teen 1950 was hy aangestel as regerings plantkundige. Hy het in 1954 afgetree en is vyf jaar later dood. Hy het grootliks bygedra tot die klassifikasie en identifikasie van Australiese reenwoudspesies en word waarskynlik die beste onthou vir sy boek
Australian Rainforest Trees
. Dit is in 1929 gepubliseer, met talle herdrukke sedertdien. 'n
Arboretum
wat in die 1990's by Kin Kin gestig is, is tot sy nagedagtenis aan hom toegewy.
[1]
[2]
Die standaard outeursafkorting
W.D.Francis
word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.