Wilhelm Backhaus
('Bachaus' op sekere
plaatetikette
) (26 Maart 1884 ? 5 Julie 1969)
[1]
was 'n
Duitse
pianis
en pedagoog. Hy is veral bekend om sy interpretasies van
Mozart
,
Beethoven
,
Schumann
,
Chopin
en
Brahms
. Hy word ook bewonder as 'n kamermusikant. Hy word beskou as een van die beste pianiste van die vroee 20ste eeu.
Backhaus was gebore in
Leipzig
as die seun van 'n bekende argitek. Hy het op die ouderdom van vier die klavier saam met sy moeder begin leer, wat 'n amateur pianis was. Die seun se talent is spoedig deur
Arthur Nikisch
raakgesien, op wie se aanbeveling Backhaus tussen 1891 en 1899 aan die Leipzig Konservatorium onder Alois Reckendorf studeer het, waarna hy privaat klavierlesse geneem het onder
Eugen d'Albert
in
Frankfurt
. As 'n seun van nege of tien is hy geneem om na uitvoerings van
Brahms
se twee klavier
concertos
te luister, soos gespeel deur d'Albert ? en soos deur Brahms self gedirigeer.
Hy het sy eerste konserttoer op die ouderdom van sestien meegemaak. In 1900 het hy na
Engeland
gereis en in 1901 het hy vir die eerste keer in
Manchester
gespeel tydens die
"Gentleman's Concerts"
. In 1902 het hy opgetree tydens die Halle-konserte, en daarna in twaalf konserte by Queen's Hall,
Londen
. Hy het ook ses verskillende klavierkonserte gespeel tydens The Proms.
In 1904 is hy aangestel as Professor van Klavier aan die Koninklike Musiekkollege van Manchester.
[2]
In
1905
het hy die Anton Rubinstein-kompetisie gewen.
Bela Bartok
, wat ook aan die kompetisie deelgeneem het, moes tevrede wees met tweede plek.
Hy het regdeur sy lewe wyd getoer- in 1921 het hy in minder as drie weke sewentien konserte in
Buenos Aires
gegee. Backhaus het sy buiging in die
Verenigde State
op 5 Januarie 1912 as solis gemaak met die speel van die Beethoven se Vyfde Klavierconcerto ("Die Keiser") saam met Walter Damrosch en die New York Simfonieorkes.
[1]
Hy het in
1926
klas gegee aan die Curtis Musiekinstituut. In 1930 het hy na Lugano verhuis en 'n burger van
Switserland
geword. Hy het in Villach in Oostenryk waar hy 'n konsert sou speel gesterf. Sy laaste opvoering van 'n paar dae vroeer in Ossiach is opgeneem.
Rol in die Duitsland van die Nasionaal-Sosialiste
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die "Machtergreifung" (gryp van mag) deur die
Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
het Backhaus vir
Adolf Hitler
ontmoet. Die ontmoeting het nie later as Mei
1933
plaasgevind nie, toe hulle saam na
Munchen
gevlieg het.
[3]
Dieselfde jaar het hy uitvoerende adviseur van 'n organisasie van die
Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
, bekend as die
Kameradschaft der deutschen Kunstler
(Kameraadskap van Duitse Kunstenaars), geword.
[4]
Backhaus het vir die skyn-
verkiesings
van 29 Maart
1936
'n verklaring in die
tydskrif
Die Musikwoche
onder die rubriek gepubliseer; vryelik vertaal as "Niemand is so ooglopend lief vir Duitse kuns, en spesifiek Duitse musiek, soos Adolf Hitler nie…"
[5]
'n Maand later, op
20 April
1936
? Hitler se 47ste verjaardag? het hy aan Backhaus 'n professoraat aangebied en hom uitgenooi om daardie September die jaarlikse
Neurenburg
-byeenkoms van die
Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
by te woon.
[3]
Die violis Leila Doubleday Pirani skryf dat sy op 20 November 1938 'n Backhaus-konsert in
Londen
(wat gedirigeer is deur
Adrian Boult
) saam met die Joodse violis Alma Rose bygewoon het? wat aan Pirani vertel het dat Backhaus "'n groot vriend van die familie was", en haar agter die gordyne geneem het om die pianis na die konsert te groet. Pirani skryf verder dat terwyl "Boult hulle behoorlik gegroet het," Backhaus, toe hy vir Rose gesien het, "sy rug na haar gedraai het en deur 'n sygang gestap het"; Pirani het die insident "'n steek in die rug deur hierdie lafhartige man, wat uit vrees vir sy Nazi-meesters nie behoorlik kon optree nie, selfs in Londen," genoem.
[6]
Die insident is gerapporteer deur Richard Newman, wat byvoeg dat Backhaus weldra na Switserland verhuis het "uit teenkanting teen die
Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
se bewind, en vermeld het dat "sy onwelvoeglike gedrag...miskien die gevolg was van die wete dat Duitse agente gedurende die tyd in Londen bedrywig was..."
[7]
Volgens sommige kritici was Backhaus een van die eerste moderne kunstenaars wat klavierwerke (in opposisie tot
Alfred Cortot
) op klassieke- of objektiewe wyse geinterpreteer het; welke speelwyse gebaseer is op groter getrouheid aan die teks.
Hy was een van die eerste pianiste om opnames te maak en het 'n uitgerekte loopbaan in beide die ateljee sowel as op die verhoog gehad. Hy het Beethoven se volledige klaviersonates en klavierconcertos opgeneem, asook 'n groot hoeveelheid van
Mozart
en
Brahms
se werke. Hy was ook eerste om die etudes van
Chopin
in 1928 op te neem. Dit word steeds deur verskeie kenners as van die beste opnames (Pearl 9902 en andere), en volgens baie andere as die beste opnames van die werke, beskou. Daar bestaan ook opnames van verskeie etudes uit die tydperk van die vroee 1950's, toe Backhaus amper sewentig jaar oud was.
Sy opname op 27 Januarie 1936 van
Brahms
se Walse, Op. 39, is net langer as dertien minute. Sy ateljee-opnames van die volledige Beethoven-sonates wat opgeneem is in die 1950's en 1960's vertoon buitengewone tegniek vir 'n man in sy sewentigs (Decca 433882), asook die twee Brahms-concertos van omtrent dieselfde tyd (Decca 433895).
Sy lewendige Beethoven-opnames is selfs in sommige opsigte beter, vryer en meer kleurvol (Orfeo 300921). Hy is egter somtyds daarvan beskuldig dat sy speelwerk te "meganies" was en "'n gebrek aan insig" getoon het."
[8]
Sy kamermusiek-opnames sluit Brahms se tjellosonates saam met
Pierre Fournier
in, en
Schubert
se forelkwintet saam met die International Quartet en Claude Hobday.
[9]
The Times
het Backhaus geloof in sy 1969 doodsberig: hy het die klassieke Duitse tradisie van die Leipzig Konservatoria onderhou. Sy fenomenale transponerende kragte het 'n vrugbare teelaarde vir vele staaltjies geskep: by die ontdekking dat die klavier 'n semitoon te laag gestel was vir 'n oefenlopie van Grieg se Klavierconcerto in A Mineur, het hy dit bloot in B-mol mineur gespeel- en toe weer in die oorspronklike A mineur tydens die konsert, nadat die instrument behoorlik ingestel is.
[10]
Backhaus was vinnig gewees om die belang van die
grammofoon
te erken. Sy wesenlik verkorte opname van die Grieg se Klavierconcerto in A Mineur? wat slegs ses minute lank is? was nie slegs die eerste opname van die werk nie, maar ook die eerste keer dat enige concerto opgeneem is.
[11]
Hy het dit egter volledig en pragtig opgeneem in die vroee 1930's.
By sy dood was Backhaus besig om sy tweede volledige Beethoven-sonatesiklus te voltooi. Al wat nog kortgekom het was Beethoven se Hammerklavier sonate. Volgens
Stephen Kovacevich
was Backhaus die enigste pianis wat die werk werklik verstaan het. (Uittreksels uit die boek/gids tot die “Great Pianists of the 20th Century”, gepubliseer (en
kopiereg
) in
1998
deur die Philips Musiekgroep).
- ↑
1,0
1,1
Slonimsky, Nicolas; Baker, Theodore (1992).
Baker's Biographical Dictionary of Musicians
(Agste uitg.). New York, New York: Schirmer Books.
- ↑
Manchester Faces and Places
(Vol XVI No 2 uitg.). Manchester: Geo. Woodhead and Co Ltd. Februarie 1905. p. 45?48.
- ↑
3,0
3,1
Fred K. Prieberg:
Handbuch Deutsche Musiker 1933?1945
, CD-Rom-Lexikon, Kiel 2004, S. 213.
- ↑
Ernst Klee:
Das Kulturlexikon zum Dritten Reich. Wer war was vor und nach 1945
. S. Fischer, Frankfurt am Main 2007, bl. 23.
- ↑
Volle aanhaling kan (in
Duits
) gevind word in Fred K. Prieberg:
Handbuch Deutsche Musiker 1933?1945
, bl. 213, sien ook Ernst Klee:
Das Kulturlexikon zum Dritten Reich
, bl. 23.
- ↑
Aangehaal op bl. 111 van Richard Newman,
Alma Rose: From Vienna to Auschwitz
, 2003, Hal Leonard,
ISBN 9781574670851
- ↑
Nota 15, bl. 341 van Richard Newman,
Alma Rose: From Vienna to Auschwitz
, 2003, Hal Leonard,
ISBN 9781574670851
- ↑
"The Art Of Piano Great Pianists Of The 20th Century"
.
YouTube
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 April 2019
. Besoek op
29 Oktober
2014
.
- ↑
Frank Forman.
"Acoustic Chamber Music Sets (1899-1926): A Discography"
.
Journal of the Association for Recorded Sound Collections. In three parts: Volume 31, No. 1 (Spring 2000); Volume 31, No. 2; Volume 32, No. 1
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Julie 2008
. Besoek op
1 Desember
2008
.
Claude Hobday het ook die werk as 'n lid van die
International Quartet
saam met Wilhelm Backhaus op
grammofoon
opgeneem. ES 395/8 [Oostenryk] [10 kante]. Die lede van die kwartet tydens die opvoering was Andre Mangeot,
viool
; Frank Howard,
altviool
; en Herbert Withers,
tjello
. Dit is heruitgereik op
CD
- ↑
The Times
(7 Julie 1969) "Professor Wilhelm Backhaus"
- ↑
"Wilhelm Backhaus- Bio, Albums, Prente ? Naxos Classical Music"
. Naxos.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2009
. Besoek op
29 Oktober
2014
.