Wetenskaplike klassifikasie
of
Taksonomie
is 'n hulpmiddel wat in die biologie gebruik word om organismes te klassifiseer. 'n Verskeidenheid eienskappe, soos anatomiese, morfologiese, embriologiese en genetiese eienskappe, gedrag, ensovoorts kan gebruik word om die
organismes
in kategoriee in te deel.
Bioloe erken 7 basiese en onontbeerlike kategoriee, naamlik die ryk, phylum, klas, orde, familie, genus en spesie. 'n Verdere onderskeid kan tussen die kategoriee gemaak word deur hulle in super-, sub- of infra-eenhede in te deel. Dit is belangrik dat die groot verskeidenheid lewende organismes in groepe ingedeel word wat hulle onderlinge verwantskap toon en wat die groepe wat bymekaarhoort, bymekaargroepeer.
Die Griekse wysgeer
Aristoteles
het 'n stelsel ontwikkel wat 2 000 jaar lank in gebruik was.
Carolus Linnaeus
het in die
18e eeu
'n stelsel ontwikkel waarvan die basiese beginsels vandag nog gebruik word. Die doel van klassifikasie is om organismes so in te deel dat die evolusionere en funksionele verwantskappe van die groepe duidelik blyk. Die indelingsproses berus op internasionaal aanvaarde standaarde en reels, wat vereis dat organismes na 'n deeglike studie van die eienskappe of in 'n reeds bestaande groep of in 'n nuwe groep ingedeel word.
Die eienskappe wat gebruik word, kan baie uiteenlopend wees, soos anatomies, morfologies, embriologies, geneties (chromosoomgetalle) of biochemies (aminosuurvolgordes, ensovoorts). Die eienskappe van die organismes word met ander verwante organismes vergelyk en dan word dit in die betrokke groep geplaas. Bioloe gebruik 7 basiese groepe vir die indeling van organismes.
Alle lewende organismes word deur die meeste bioloe in 5 ryke ingedeel: die diere behoort tot die ryk Animalia, plante tot die ryk Plantae, eensellige plante en diere tot die ryk Protista, swamme en gisse tot die ryk
Fungi
en die bakteriee en ander prokariote tot die ryk Monera. Die indeling is egter voortdurend onderhewig aan veranderings. Daarna word 'n ryk gewoonlik in phyla (in die geval van diere) of afdelings (in die geval van plante) ingedeel.
'n Voorbeeld van so ʼn indeling is die geleedpotiges (phylum Arthropoda) of die weekdiere (phylum Mollusca). 'n Phylum kan verder onderverdeel word in subphyla, byvoorbeeld die Chordata, wat in onder meer die subphyla Cephalachordata en
Vertebrata
ingedeel word. Die daaropvolgende indeling is die klas. Die
werweldiere
, byvoorbeeld, word in 'n aantal klasse ingedeel, soos die
beenvisse
(klas Osteichthyes),
kraakbeenvisse
(klas Chondrichthyes),
amfibiee
(klas Amphibia),
reptiele
(klas Reptilia),
voels
(klas Aves) en
soogdiere
(klas Mammalia).
Klasse word nou onderverdeel in ordes, byvoorbeeld die
soogdiere
, wat ingedeel word in die
roofdiere
of vleiseters (orde Carnivora), die
knaagdiere
(orde Rodentia), ensovoorts. Die ordes word in families ingedeel, soos die
Carnivora
, wat onder meer die volgende families, bevat: familie Mustelidae (die otters, muishonde, ensovoorts), die Viveridae (sivette, muskeljaatkatte) en die Felidae (leeus, luiperds, tiere, katte, ensovoorts).
Elkeen van die taxa kan verder gekwalifiseer word deur byvoorbeeld 'n superklas te skep, soos die superklas Pisces, wat al die visse, lewend en uitgestorwe, akkommodeer. Die taxa kan ook tot 'n subeenheid, byvoorbeeld 'n subklas, en ʼn taksonomiese eenheid daaronder, die infraklas, ingedeel word. Die voorvoegsels
super
-,
infra
- en
sub
is op al bogenoemde taxa van toepassing. 'n Aantal ander eenhede soos kohorte of tribus kan ook gebruik word, maar dit is nie baie algemeen nie.
Individuele groepe organismes word gewoonlik aan die hand van hul genus en spesiename aangedui en die metode word die binominale stelsel genoem. 'n Genus is 'n versameling van 'n aantal baie nouverwante soorte of spesies. Spesies kan op verskillende maniere gedefinieer word en die spesiedefinisies van plante en diere verskil. 'n Dierspesie kan gedefinieer word as ʼn groep diere waarvan die lede kan paar en nasate produseer wat kan voortplant. 'n Alternatiewe metode is om spesies te beskou as diere wat 'n gemeenskaplike, spesifieke maatuitkenningstelsel deel, wat beteken dat 'n mannetjie in natuurlike omstandighede net met 'n wyfie van sy eie spesie paar.
Die onderstaande lys wys hoe lewende dinge geklassifiseer word:
'n Organisme se wetenskaplike naam is 'n kombinasie van sy genus en spesie. 'n Hond se wetenskaplike naam is byvoorbeeld
Canis familiaris
en 'n perd is
Equus caballus
. Die wetenskaplike naam word gewoonlik kursief (skuinsgedruk) geskryf. Die genus word met 'n hoofletter geskryf en die spesie met 'n kleinletter.
Die volgende tabel is 'n lys van die verskillende koninkryke met ooreenstemmende filums/afdelings (die wetenskaplike naam is soms tussen hakies):
Koninkryk
|
Filum
(diere) /
afdeling
(plante)
(1)
|
Voorbeelde
|
Diere
|
Gewerweldes
(Vertebrata) /
rugstringdiere
(Chordata)
|
Vierpotiges
(Tetrapoda)
|
Soogdiere, voels, reptiele, amfibiee
|
Visse met kake
|
Tuna, haaie, pylsterte
|
Kaaklose visse (Agnatha)
|
Slymprik, lamprei
|
Ongewerweldes
(Invertebrata)
|
Wurms, slakke.
|
Ongewerweldes ?
geleedpotiges
(Arthropoda)
|
Spinnekoppe, skerpioene, duisendpote, krappe, insekte
|
Stekelhuidiges
(Echinodermata)
|
Seelelies, seesterre
|
Protosoe
(Protozoa])
|
Amoebozoa
|
Amoeba
|
Plante
|
Blomplante
(Angiospermae)
|
|
Varingplante (Pteridophyta)
|
Varings
|
Denne (Pinophyta)
|
Dennebome
|
Bakteriee
|
|
|
Skimmels
/swamme (Fungi)
|
|
Paddastoele
|
Protiste
(Protista)
|
|
|
Eensellige mikro-organismes (Archaea)
|
|
|
Nota:
Sien
Filum
vir 'n redelik volledige lys van verskillende filums/afdelings.
Die volgende tabelle van die verskillende filums bou voort op die boonste tabel:
Gewerweldes, rugstringdiere; superklas: vierpotiges
[
wysig
|
wysig bron
]
Gewerweldes, rugstringdiere; superklas: visse met kake
[
wysig
|
wysig bron
]
Notas:
- Osteichthyes
: Gebeende vis ? visse wat gebeende skelette het, teenoor
Chondrichthyes
wat 'n skelet van kraakbeen het.
- Actinopterygii
: Straal-/stekelgevinde vis: vinne bestaan uit webbe van vel wat ondersteun word deur beenagtige of horingagtige stekels, teenoor die vlesige, lobbige vinne soos
Sarcopterygii
.
- Sarcopterygii
: Lobgevinde
- Chondrichthyes
: visse wat kake met gepaarde vinne, gepaarde neusgate, skubbe, 'n hart met hartkamers in serie en skelet van kraakbeen het eerder as been, soos
Osteichthyes
.
- Batoidea
: Straalvis: Alle visse met vinne wat ondersteun word deur lang beenstroke.
Gewerweldes, rugstringdiere; superklas: kaaklose visse
[
wysig
|
wysig bron
]
Notas:
- Cyclostomes
: Kaaklose visse met ronde monde met terugtrekbare tande.
- Ostracoderms
: Kaaklose visse met harde doppe as vel
Ongewerweldes ? geleedpotiges
[
wysig
|
wysig bron
]
Ongewerweldes ? geleedpotiges ? skaaldiere
[
wysig
|
wysig bron
]
Klas
|
Orde
|
Familie
|
Genus
|
Spesie
|
Algemene naam
|
Malacostraca
|
Decapoda
|
Grapsidae
|
|
|
Krappe
|
Nephropidae
|
|
|
Kreef
|
Penaeidae
|
|
|
Garnaal
|
|
|
|
Varswater kreef
|
Merostomata
|
Xiphosura
|
Limulidae
|
|
|
Hoefysterkrap
|
Nota:
Skaaldiere (Crustacea) vorm 'n baie groot groep van die geleedpotiges en word gewoonlik as 'n subfilum hanteer. Dit sluit bekende diere soos krappe, krewe, varswaterkrewe, garnale, planktonkrefies en eendmossels in.
Notas:
- Pteridophyta
het nie blomme of sade nie en versprei deur spore.
- Pinophyta
is die gom-/pikplante of kegeldraende plante.