in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wetenskap
verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike
kennis
van die
mensdom
in terme van
feite
,
verskynsels
en
wette
wat ontwikkel is deur middel van
waarneming
, eksperimentering en logiese redenering. Vandag word die
wetenskaplike metode
gesien as die standaardmetode vir wetenskap, wat klem le op die noukeurige waarneming, eksperimentering, meting,
wiskunde
en herhaling.
Om as "wetenskap" te kwalifiseer moet 'n versameling kennis telkens deur onafhanklike waarnemers herhaal kan word. Wanneer die wetenskaplike metode op hierdie manier toegepas word, is daar sprake van "wetenskaplike navorsing" en die mense wat die navorsing uitvoer is "wetenskaplikes". Daar word dikwels onderskei tussen eksperimentele wetenskap (die waarneming en toetsing van kennis) en toegepaste wetenskap (hoe wetenskap in die daaglikse lewe benut kan word).
'n Wetenskaplike
hipotese
is 'n ingeligte raaiskoot rakende die karakter van iets, terwyl 'n wetenskaplike
teorie
'n hipotese is wat deur herhaalde waarneming en meting bevestig is.
Wetenskaplike navorsing speel 'n groot rol in alle
ontwikkelde lande
en van hul wetenskaplikes word verwag om enige vindings in vaktydskrifte te publiseer. Hierdie tydskrifte het medewerkers wat al die feite in 'n artikel nagaan voordat dit gepubliseer word, maar selfs na publisering word nuwe idees gewoonlik nie aanvaar voordat dit elders herhaal kon word nie.