'n
Weerfront
is 'n grens wat twee lugmassas van verskillende digthede skei.
In 'n bepaalde lugsoort is groothede soos
temperatuur
en vogtigheid oor lang, horisontale afstande gelyk.
Dit het tot gevolg dat die waardes van hierdie groothede aan die grens tussen twee lugsoorte oor 'n klein afstand sterk verander. Hierdie grens tussen twee lugsoorte staan as 'n frontvlak bekend, en die snylyn hiervan met die aardoppervlak as ʼn front. 'n Mens moet so 'n front eintlik nie as 'n dun lyn sien nie, maar as ʼn strook van 10 tot 100 km breed, dit wil se 'n frontale sone.
Ook die vertikale oorgang tussen twee lugsoorte is dikwels nie 'n snylyn nie, maar bestaan uit 'n oorgangslaag van enkele honderde meter dik. Indien die temperatuur van twee lugsoorte verskil, sal ook die digtheid daarvan anders daar uitsien; die koue lug is swaarder as die warm lug en sal dus altyd geneig wees om onder die warm lug in te beweeg.
As gevolg van die temperatuurgradient ontstaan 'n frontvlak wat altyd teen 'n skuins helling le. Die helling hang regstreeks af van die temperatuurverskil: hoe groter dit is, hoe kleiner die helling. Indien die fronte ewewydig met die
isobare
(die lyne wat punte met gelyke
lugdruk
verbind) le, is hulle feitlik onbeweeglik en word
stasionere fronte
genoem. As die fronte egter nie ewewydig met die isobare le nie, kan hulle hulle saam met die
lugbeweging
verplaas en staan daarom as aktiewe fronte bekend.
Verder word ook warm en koue fronte onderskei: indien 'n gegewe plek op die
aarde
(soos byvoorbeeld 'n weerstasie) binne 'n warm front gelee is en 'n temperatuurverlaging ondervind, is dit die gevolg van ʼn koue front. By 'n warm front vind die teenoorgestelde plaas. 'n Front het 'n groot invloed op die weersontwikkeling en word daarom altyd op weerkaarte aangedui. ʼn Warm front word daarop aangebring in die vorm van 'n lyn met halfsirkelvormige skyfies aan die sy wat in die bewegingsrigting van die front le.
By 'n koue front word die halfsirkels deur driehoekies vervang. Wanneer 'n front oor 'n gebied beweeg, sal die windsnelheid en die windrigting dikwels verander. Die snelheidsverandering hang af van die onderlinge afstande tussen die isobare (dus van die
lugdrukgradient
) voor en agter die front. Die
windrigting
verander steeds op dieselfde manier: op die
Noordelike Halfrond
het die beweging van die front ʼn kloksgewyse verandering tot gevolg, terwyl dit op die
Suidelike Halfrond
teen die wysers inbeweeg.
Koue fronte
het die neiging om warm fronte te agterhaal, waarby die warm lug tussenin opgestoot word. By die styging van warm lug langs ʼn frontvlak sal hierdie lug afkoel, waardeur wolke kan ontstaan wat tot
reen
kan lei (indien die wolke hoog genoeg strek). By 'n warm front vind die proses oor 'n uitgestrekte gebied langs die front plaas, terwyl bewolking en neerslag by 'n koue front meestal tot 'n smal sone beperk bly.
'n Kouefront is die voorpunt van 'n koeler lugmassa, wat op die grondvlak 'n warmer massa lug vervang, wat binne 'n taamlike skerp oppervlaktrog van lae druk le.
'n Warmfront is aan die voorpunt van 'n homogene warm lugmassa, wat op die ewenaarskant van die gradient in isoterme gelee is, en le in 'n groter trogge van lae druk as koue fronte. 'n Warmfront beweeg stadiger as die koue front wat dit gewoonlik volg, omdat die koue lug digter is en harder om van die Aarde se oppervlak te verwyder.
[1]
'n Okklusiefront vorm wanneer 'n koue front 'n warm front oorval,
[2]
en vorm gewoonlik rondom volwasse lae druk gebiede.
[1]
'n Stilstaandefront is 'n nie-bewegende (of gestopte) grens tussen twee lugmassas, wat nie sterk genoeg is om die ander te vervang nie. Hulle is geneig om in dieselfde gebied te bly vir lang tydperke, en beweeg gewoonlik in golwe.
[3]
'n Soortgelyke verskynsel soos 'n weerfront is die drooglyn, wat die grens is tussen lugmassas met beduidende vogverskille.
- Hoofartikel :
Buie-lyn
Georganiseerde gebiede met donderstormaktiwiteit versterk nie net die bestaande frontale sones nie, maar kan koue fronte oorskry in 'n patroon waar die straal op die boonste vlak in twee strome verdeel,met die resulterende Mesoskale konvektiewe stelsel (MKS) wat vorm op die punt van die boonste vlak van die verdeling van die windpatroon wat suidoos loop in die warm sektor parallel met die lae vlak diklyne. As die konveksie sterk en lineer of geboe is, word die MKS 'n buie-lyn genoem, met die eienskap wat aan die voorpunt van die aansienlike windskof en drukstyging geplaas is.
[4]
Selfs swakker en minder georganiseerde donderstorms lei tot koeler lug en hoer druk, en die uitvloeigrense bestaan voor hierdie tipe aktiwiteite, wat later die dag kan dien as fokus vir addisionele donderstormaktiwiteit.
[5]
Hierdie eienskappe word dikwels in die warm seisoen regoor die Verenigde State van Amerika op oppervlakanalises uitgebeeld en le binne oppervlaktroe. As uitvloeigrense of buie-lyne oor droe streke vorm, kan 'n haboob ('n tipe intense stofstorm wat op 'n atmosferiese gravitasiestroom gedra word) ontstaan.
[6]
Buie-lyne word op NWS-oppervlakanalises uitgebeeld as 'n afwisselende patroon van twee rooi kolletjies en 'n streep gemerk SQLN of SQUALL LINE, terwyl die uitvloeigrense as trogies met 'n etiket van OUTFLOW BOUNDARY.