한국   대만   중국   일본 
Webwerf - Wikipedia Gaan na inhoud

Webwerf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Webwerf
Onderdeel van wereldwye web Wysig
Datum van stigting of ontstaan 1990 Wysig
Skepper Tim Berners-Lee Wysig
Operateur webmeester Wysig
Ligging van vervaardiging Frankryk Wysig
Sagteware-enjin webbediener Wysig
Diensarea wereldwyd Wysig
Maintenance method webwerf instandhouding Wysig
Stack Exchange-etiket https://stackoverflow.com/tags/website Wysig
Skermkiekie van die webwerf www.wikipedia.org se voorblad.

'n Webwerf of webtuiste is 'n versameling webblaaie , prente, video's en ander digitale bates wat op een of meer webbedieners bedryf word, en gewoonlik beskikbaar is vanaf die Internet , selfoon of 'n LAN .

'n Webbladsy (of webblad) is 'n dokument, tipies geskryf in HTML , wat meestal beskikbaar gemaak word deur die HTTP protokol. Die HTTP protokol is verantwoordelik om die inligting van die webbediener aan te stuur na die gebruiker se webblaaier .

Al die publieke toeganklike webwerwe word kollektief beskou as die Wereldwye Web .

Die blaaie van 'n webwerf kan gewoonlik bekom word van 'n eerste- of worteladres ( URL ). Die worteladres van 'n webwerf word die hoofblad of tuisblad genoem. Die adresse van die blaaie word gewoonlik in 'n hierargie georganiseer, maar skakels tussen die blaaie beheer hoe die leser die struktuur sien en hoe verkeer tussen die blaaie van die webwerf vloei.

Sekere webwerwe vereis dat gebruikers registreer alvorens sekere inhoud gesien kan word. Voorbeelde van sulke webwerwe sluit in: besigheid-, nuus- en sosiale netwerk webwerwe.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]