in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Webwerf
of
webtuiste
is 'n versameling
webblaaie
, prente, video's en ander digitale bates wat op een of meer
webbedieners
bedryf word, en gewoonlik beskikbaar is vanaf die
Internet
,
selfoon
of 'n
LAN
.
'n Webbladsy (of webblad) is 'n dokument, tipies geskryf in
HTML
, wat meestal beskikbaar gemaak word deur die
HTTP
protokol. Die HTTP protokol is verantwoordelik om die inligting van die webbediener aan te stuur na die gebruiker se
webblaaier
.
Al die
publieke
toeganklike webwerwe word kollektief beskou as die
Wereldwye Web
.
Die blaaie van 'n webwerf kan gewoonlik bekom word van 'n eerste- of worteladres (
URL
). Die worteladres van 'n webwerf word die hoofblad of tuisblad genoem. Die adresse van die blaaie word gewoonlik in 'n hierargie georganiseer, maar skakels tussen die blaaie beheer hoe die leser die struktuur sien en hoe verkeer tussen die blaaie van die webwerf vloei.
Sekere webwerwe vereis dat gebruikers registreer alvorens sekere inhoud gesien kan word. Voorbeelde van sulke webwerwe sluit in: besigheid-, nuus- en sosiale netwerk webwerwe.