in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Washington-monument (September 2019)
Die
Washington-monument
(
Engels
:
Washington Monument
) is in die stad
Washington D.C.
gelee. Dit is opgerig ter nagedagtenis van die eerste
Amerikaanse president
,
George Washington
, en is ontwerp deur Robert Mills. Met 'n hoogte van meer as 169 meter is die Washington-monument die hoogste
obelisk
wat ooit gebou is. Dit is gebou met
marmer
, graniet en
sandsteen
. Die
monument
vorm deel van die sogenaamde
National Mall
, wat strek van die
Capitol
tot die Washington-monument.
Die bou van die monument het in 1848 begin, maar dit is eers in 1884 voltooi, amper dertig jaar na die dood van die
argitek
. Die vertragings is veroorsaak deur 'n gebrek aan hulpbronne en die uitbreek van die
Amerikaanse Burgeroorlog
. Weens die baie vertragings in die bou van die obelisk, is verskillende soorte marmer gebruik vir die boonste en onderste helfte. As gevolg hiervan kan daar steeds 'n verskil in kleur tussen die bo- en onderkant (op 'n hoogte van 45 meter) gesien word, wat die oorspronklike konstruksie onderskei van die voltooiing in 1876. Die monument is toeganklik vir die publiek. 'n
Hysbak
neem besoekers na die bopunt van die obelisk waar relatief klein (ongeveer 1 m
2
) vensters in al vier mure aangebring is.