in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Warmteoordrag vind plaas as mens aan 'n warmwaterbottel raak.
As 'n gevolg van die verskil in termiese geleidingsvermoe van plaveiselstene en gras, kan die plaveiseloorsig deur hierdie sneeu gesien word.
In
warmteoordrag
, is
warmtegeleiding
of
konduksie
die oordrag van
termiese energie
tussen aanliggende
molekules
in 'n stof wat veroorsaak word deur 'n
temperatuurgradient
. Dit vind altyd plaas vanaf 'n hoe temperatuurstreek na 'n lae temperatuurstreek, en neig om ewewig tussen die temperatuurverskil te bereik. Warmtegeleiding kom voor in alle vorme van
materie
?
vastestowwe
,
vloeistowwe
,
gasse
en
plasmas
? en benodig nie die meerderheid beweging van materie nie. In vastestowwe kom dit voor weens die kombinasie
vibrasies
van die molekules, en die vervoer van
energie
deur
vrye elektrone
. In
vloeiers
is warmtegeleiding moontlik deur die botsings en
diffusie
van molekules gedurende willekeurige beweging.
Anders as warmtegeleiding, kan warmteoordrag ook plaasvind deur
termiese straling
(of radiasie) en
konveksie
. Dikwels kom meer as een van hierdie prosesse voor in 'n gegewe situasie.