한국   대만   중국   일본 
Wapen van Algerie - Wikipedia Gaan na inhoud

Wapen van Algerie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Wapen van Algerie.

Die wapen van Algerie is 'n simbool wat deur die regering gebruik word. Dit is op 1 November 1976 in sy huidige vorm aangeneem.

Die inskripsie rondom die embleem lees: "Al-Jumhuriya al-Jaza'iriyya ad-Dimukratiyya al-Shabiyya" ("Volks Demokratiese Republiek van Algerie"). Die embleem wys die hand van Fatima, wat 'n belangrike simbool van die land is. Die opkomende son verteenwoordig 'n nuwe hoofstuk in die lewe van voorheen besette Algerie. Ander elemente van die embleem is verwysings na die land se landbou en nywerheid, terwyl die berge wat op die embleem sigbaar is, die Atlas-bergreeks simboliseer.