한국   대만   중국   일본 
Wereldatletiek - Wikipedia Gaan na inhoud

Wereldatletiek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wereldatletiek
Kenteken van Wêreldatletiek
Kenteken van Wereldatletiek
Engelse naam World Athletics
Land wereldwyd
Sportsoorte baan en veld, landloop, Padwedloop , renwandel, bergmaraton en Ultramaraton
Gestig op 17 Julie 1912
Gestig in Stockholm , Swede
President Sebastian Coe
Konfederasies AAA, CAA, CONSUDATLE, EAA, NACAC, OAA
Setel Monte Carlo , Monaco
Lede 214 nasionale federasies
Affiliasie Internasionale Olimpiese Komitee
Amptelike tale Engels
Amptelike webwerf worldathletics.org

Wereldatletiek ( Engels : World Athletics ), tot in Oktober 2019 die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies ( International Association of Athletics Federations , afgekort IAAF ), is die wereldatletiekbond . Wereldatletiek is oorspronklik op 17 Julie 1912 in Stockholm onder die naam International Amateur Athletics Federation gestig. Sedert 1982 word die reels vir amateurstatus minder belangrik en in 2001 word die term 'Amateur' uit die naam verwyder. Wereldatletiek se hoofkwartier is in Monaco .

Toernooie en titels [ wysig | wysig bron ]

Die Atakoy-arena in Istanboel tydens die Binnenshuise Wereldkampioenskap van 2012

Wereldatletiek organiseer die volgende toernooie:

Geleentheid Frekwensie
Wereldatletiek Atletiekwereldkampioenskappe Elke twee jaar
Wereldatletiek Binnenshuise Atletiekwereldkampioenskap Elke twee jaar
Wereldatletiek Veldloopwereldkampioenskap Elke jaar
Wereldatletiek Halfmaratonwereldkampioenskap Elke jaar
Wereldatletiek Padwereldkampioenskap Afgeskaf
Wereldatletiek Wereldatletiekjuniorkampioenskap Elke twee jaar
Wereldatletiek Wereldatletiekjeugkampioenskap Elke twee jaar
Wereldatletiek Snelloopwereldbeker Elke twee jaar
Wereldatletiek Atletiekwereldbeker Elke vier jaar
Wereldatletiek Diamantliga Elke jaar
Wereldatletiek World Challenge Elke jaar

Wereldatletiek bekroon elke jaar die beste atleet en atlete met die titel "Wereldatletiek atleet van die jaar".

Presidente [ wysig | wysig bron ]

Sebastian Coe, die huidige president

Sedert sy stigting het Wereldatletiek ses presidente gehad:

Naam Land Termyn
Sigfrid Edstrom Vlag van Swede  Swede 1912?1946
David Burghley Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk 1946?1976
Adriaan Paulen Vlag van Nederland  Nederland 1976?1981
Primo Nebiolo Vlag van Italië  Italie 1981?1999
Lamine Diack Vlag van Senegal  Senegal 1999?2015
Sebastian Coe Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk 2015? hede

Geaffilieerde bonde [ wysig | wysig bron ]

Kaart van die ses geaffilieerde bonde
  •     Confederation Africaine d'Athletisme (CAA)

  •     Asian Athletics Association (AAA)

  •     European Athletic Association (EAA)

  •     North American, Central American and Caribbean Athletic Association (NACAC)

  •     Oceania Athletic Association (OAA)

  •     Confederacion Sudamericana de Atletismo (CONSUDATLE)


Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]