in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
nasionale vlag van
Palau
is op
1 Januarie
1981
in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele ligblou baan met ’n geel skyf, horisontaal in die middel en effens nader aan die vlagpaalkant
Die eenvoudige ontwerp van die vlag weerspreek die diep mening wat daaraan toegeskryf word. Die verduideliking vir die kleure is diep gewortel in die geskiedenis en gebruike van die Palauaanse volk. Die ligblou veld, wat dikwels verkeerdelik gese word dat dit op die Stille Oseaan dui, is in werklikheid ’n voorstelling van die oorgang van buitelandse oorheersing na selfregering. Die goue skyf wat effens langs die middel is na die vlagpaalkant, verteenwoordig die
volmaan
. Die Palauane beskou die volmaan as die optimale tyd vir menslike aktiwiteite. Op hierdie tyd van die maand word aktiwiteite soos visvang, saal, oes, die uitkerf van tradisionele kano’s en ander vieringe gehou. Die maan is ’n simbool van vrede, liefde en rustigheid.
Die middelpunt van die vlag le op 7/16 van die breedte van die vlag en in die middel van die hoogte van die vlag. Die deursnee van die skyf is 6/16.
Die vlag van die Trustgebied van die Pasifiese Eilande saam met die vlae van die Verenigde Nasies en die Verenigde State is voorheen vir die vlag van Palau gebruik. ’n Japannese professor wat in internasionale betrekkinge studeer, beweer dat daar ’n verwantskap bestaan tussen die vlae van Palau en Japan.
[2]
Volgens sy teorie is die motief van die maan ’n eerbetoon aan die “Opkomende Son-vlag” en beskryf dit die simbool van vriendskap tussen Palau en Japan.
-
Vlag van Spanje
, wat Palau tot 1899 besit het
-
Vlag van die
Duitse koloniale ryk
wat sedert 1885 in gedeeltes en van 1899 tot 1914 in die hele Palau gebruik is
-
Vlag van Japan
, 1914 tot 1944
-
-
Vlag van die Trustgebied van die Pasifiese Eilande, 1965 tot 1981
-
-
Vlag van die Verenigde State, 1959 tot 1960
-
Vlag van die Verenigde State, 1960 tot 1994
Vlae van die state van Palau
[
wysig
|
wysig bron
]
- ↑
"Palau"
(in Engels). Flags of the World.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2018
. Besoek op
6 Junie
2013
.
- ↑
(
ja
)
Futaranosuke Nagoshi (1987) 世界に生きる日本の心(
Sekai ni ikiru nihon no kokoro
, Japanese spirits being around the world). Tendensha.