Die
nasionale vlag van
Broenei
is op
29 September
1959
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee parallelogramme in wit bo en swart onder van die skildhoek na onder in die wapperkant op ’n geel baan. In die middel is embleem van Broenei in rooi.
Die geel stel die Sultan van Broenei voor. In
Suidoos-Asie
is geel tradisioneel die koninklike kleur en die koninklike standaarde van
Maleisie
en
Thailand
, asook die vlag van Sarawak en die presidensiele vlag van
Indonesie
gebruik ’n geel baan.
Die embleem bestaan uit ’n sekelmaan (wat
Islam
voorstel) wat met ’n
sambreel
(wat
monargie
voorstel) saamgesmelt is saam met twee hande weerskante wat opwaarts wys (wat die welwillendheid van die regering voorstel). Onder die sekelmaan is ’n lint. Op die sekelmaan en lint is
Arabiese
inskripsies wat vertaal word as
Staat van Broenei, Woning van vrede
en Broenei se leuse
Altyd in diens met God se leiding
.
Die swart en wit parallelogramme stel Broenei se hoofministers voor.
Die vlag in sy huidige vorm, behalwe vir die embleem, is sedert 1906 in gebruik toe Broenei ’n Britse protektoraat geword het na die ondertekening van ’n ooreenkoms tussen Broenei en Groot-Brittanje.
Die embleem is in 1959 op die vlag gesuperponeer na die promulgasie van die Grondwet van 29 September 1959.
[2]
Die ontwerp is behou toe die land op 1 Januarie 1984 volle afhanklikheid verkry het en as
Brunei Darussalam
(
Staat van Broenei, Woning van Vrede
).
-
![Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4b/FIAV_historical.svg/23px-FIAV_historical.svg.png)
Vlag van die Sultanaat (later protektoraat) van Broenei tot 1906
-
![Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4b/FIAV_historical.svg/23px-FIAV_historical.svg.png)
Vlag van die Protektoraat van Broenei, 1906 tot 1959
Sy Majesteit die Sultan het ’n persoonlike standaard in geel waarop die koninklike embleem op ’n rooi agtergrond in die middel van die standaard is.
[3]
Die standaard van Haar Majesteit die Raja Isteri is liggeel met die koninklike embleem op ’n rooi agtergrond in die middel van die standaard.
Die Perdana Wazir het ook ’n persoonlike standaard wat deur Sy Majesteit die Sultan aan hom toegeken is. Die standaard is gesuperponeerde wit in die middel van die vlag met die koninklike embleem in liggeel. Die embleem word ondersteun deur “Si Kikil”, ’n kris wat met sy skede gekruis is.
Die persoonlike standaarde van die Pengiran Bendahara, Pengiran Digadong, Pengiran Pemancha en Pengiran Temenggong is onderskeidelik wit, groen, swart en rooi.
Die Sultan het ook persoonlike vlae aan laer amptenare, bekend as die Pengiran Cheteria, toegeken asook aan Pengiran en ander onderdane. Onder die Pengiran en hoogwaardigheidsbekleers wat gemagtig is om persoonlike standaarde te gebruik, is:
- afstammelinge van die Sultan tot in die vierde geslag,
- afstammelinge van Wazir tot in die derde geslag,
- afstammelinge van Cheteria tot in die tweede geslag,
- Menteri tot by Damong.
Hul persoonlike standaarde inkorporeer die koninklike embleem in rooi op ’n geel agtergrond in die vlag se skildhoek.