Die nasionale vlag van Barbados is op 30 November 1966 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe bree vertikale bane met blou aan die vlagpaalkant en die wapperkant en ’n geel baan in die middel. In die geel baan is ’n swart gebroke drietand.
Die twee blou bane stel onderskeidelik die see en die lug voor en die geel baan stel die sand op die strande van Barbados voor. [1]
Die simbool in die middel van die geel baan is die Drietand van die Mitiese seegod, Neptunus . Hierdie simbool pryk ook op die Seel van die kolonie wat deur die wapenskild van Barbados vervang is. Die gebroke staaf van die Drietand dui op die band wat gebreek is met die land se historiese en grondwetlike bande as ’n voormalige kolonie. [1]
Antigua en Barbuda · Bahamas · Barbados · Belize · Costa Rica · Dominica · Dominikaanse Republiek · El Salvador · Grenada · Guatemala · Haiti · Honduras · Jamaika · Kanada · Kuba · Meksiko · Nicaragua · Panama 1 · St. Kitts en Nevis · St. Lucia · St. Vincent en die Grenadine · Trinidad en Tobago 1 · Verenigde State
Groenland (Denemarke) · Guadeloupe / Martinique / Saint-Martin / Sint Bartholomeus? / Sint Pierre en Miquelon (Frankryk) · Aruba 1 / Bonaire 1 / Curacao 1 / Saba / Sint Eustatius / Sint Maarten (Nederland) · Anguilla / Bermuda / Britse Maagde-eilande / Kaaimanseilande / Montserrat / Turks- en Caicoseilande (Verenigde Koninkryk) Amerikaanse Maagde-eilande / Puerto Rico (Verenigde State)