in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Andorra
|
Gebruik
|
Nasionale
vlag
|
Verhouding
|
7:10
|
Goedgekeur
|
27 Augustus
1971
[1]
|
Ontwerp
|
’n Vertikale driekleur in blou, geel en rooi met die landswapen in die geel baan.
|
Die
nasionale vlag van
Andorra
is op
27 Augustus
1971
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in
blou
,
rooi
en
geel
met die Andoraanse landswapen in die middel van die geel baan. Hoewel die drie bane ewe wyd voorkom is die geel baan in werklikheid wyer as die bou en rooi bane in verhouding 8:9:8.
Die geskiedkundige vlag van Andorra, wat van 1806 tot 1866 gebruik is, het uit twee vertikale (soms ook horisontale) bane in geel en rooi bestaan. Daar word beweer dat hierdie vlag deur
Napoleon
in 1806 toegestaan is, maar die gebruik daarvan kan veel vroeer wees. ’n Variant van die moderne vlag sonder die wapenskild is na bewering deur
Napoleon III
ontwerp deur die blou baan wat Frankryk verteenwoordig, toe te voeg. Van 1931 tot 1939 is ’n horisontale weergawe van die vlag gebruik en die bedoeling was om die Spaanse vlag te weerspieel. In 1934 is vir ’n kort ruk ’n horisontale variant met ’n kroon in die middel vertoon terwyl
Boris I
geheers het. Tussen 1939 en 1949 is ’n variant van die 1866-vlag gebruik met ’n ander vlagverhouding en wapenskild, en daarna, van 1949 tot 1959 is ’n variant met gewysigde kleure gebruik. Tot 1993, toe Andorra se vlag gestandaardiseer is met hul inlywing by die
Verenigde Nasies
, is meerdere weergawes van die moderne vlag gebruik.
[2]
[3]
-
Vlag van Andorra, 1806 tot 1866
-
Vlag van Andorra onder Boris I, 1934
-
Vlag van Andorra, 1939 tot 1949
-
Vlag van Andorra, 1949 tot 1959
Die ontwerp is verwant aan die vlae van
Frankryk
,
Spanje
, Katalonie en Foix
[4]
wat almal historiese bande met Andorra het. Die wapenskild in die middel van die vlag bevat historiese simboliek van die biskoppe van Urgell en Foix en van Katalonie en die Burggraafskap van Bearn. Die insluiting van die wapenskild maak dit een van 28 nasionale vlae wat openlike Christelike simbole bevat.
[5]
Die vlag se drie vertikale bane herinner aan die Franse driekleur terwyl die breer middelste baan aan die Spaanse vlag herinner. Die leuse van die wapenskild (in Goudy Old Style) in die middelste baan
Virtus Unita Fortior
beteken “Verenigde
Deug
is Sterker”. Die blou en rooi van die Andoraanse vlag is ook in die Franse vlag te sien met die rooi en geel wat ook in die Katalaanse vlag te sien is (as ou koninklike simbool van die kroon van Aragon) en in die wapenskild van die ou Graafskap Foix (tans deel van Frankryk).
[6]
[7]
Die Andoraanse vlag het die volgende tegniese ontwerp:
Die amptelike kleure van die Andoraanse vlag word in die “Grafiese regulasies vir die namaak van die skild en vlag” van die Oficina de Marques del Principat d’Andorra uiteengesit. Die vlag se kleure is:
Kleurskema
|
Blou
|
Geel
|
Rooi
|
Heksadesimaal
|
|
#1C3F94
|
|
#FFEE00
|
|
#ED000F
|
RGB
|
|
28-63-148
|
|
255-238-0
|
|
237-22-79
|
CMYK
|
|
100-88-0-5
|
|
0-1-100-0
|
|
0-100-62-0
|
Pantone
|
|
Blou 072 C
|
|
Geel C
|
|
119 C
|
Die kleure vir die wapen is:
Kleurskema
|
Rooi
|
Beige
|
Geel
|
Blou
|
Bruin
|
Heksadesimaal
|
|
#EE3224
|
|
#E0C298
|
|
#FFEE00
|
|
0078C1
|
|
7D3620
|
RGB
|
|
238-50-36
|
|
224-194-152
|
|
255-238-0
|
|
0-120-193
|
|
125-54-32
|
CMYK
|
|
0-95-100-0
|
|
12-22-43-0
|
|
0-1-100-0
|
|
100-44-0-0
|
|
40-86-100-30
|
Pantone
|
|
485 C
|
|
466 C
|
|
Geel C
|
|
300 C
|
|
478 C
|