in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- "Plaaslike Superswerm" stuur jou aan na die artikel. Vir die superswerm wat in 2014 ontdek is en waarvolgens Virgo net deel van ’n groter superswerm is, sien
Laniakea-superswerm
.
Die
Virgo-superswerm
of
Plaaslike Superswerm
(afgekort as
PS
) is die onreelmatige
superswerm
wat die
Virgo-sterrestelselswerm
en die
Plaaslike Groep
bevat. Laasgenoemde bevat weer die
Melkweg
, waarin die
Aarde
le, asook die
Andromeda-sterrestelsel
. Minstens 100
sterrestelselswerms
le in die Virgo-superswerm se gebied met ’n deursnee van 33 miljoen
parsek
(110 miljoen
ligjare
). Dit is een van die miljoene superswerms in die waarneembare heelal.
Volgens ’n studie in September 2014 is die Virgo-superswerm net deel van ’n groter swerm, die
Laniakea-superswerm
, wat die
Groot Aantrekker
in sy middel huisves.
[1]
Reeds met die eerste groep
newels
wat in 1863 deur
William
en
John Herschel
gepubliseer is, was dit duidelik dat daar ’n merkbare oorvloed van newelvelde in die
sterrebeeld
Maagd
is. In die 1950's het die Frans-Amerikaanse
sterrekundige
Gerard Henri de Vaucouleurs
voorgestel dat hierdie oorvloed ’n grootskaalse sterrestelselagtige struktuur verteenwoordig; hy het dit in 1953 die "Plaaslike Supergalaktika" genoem en die term in 1958 verander na "Plaaslike Superswerm" (PS).
[2]
Die debat oor of die PS wel ’n struktuur is en of dit ’n toevallige oplyning van sterrestelsels is, het in die 1960's en '70's voortgeduur.
[3]
Die kwessie is opgelos met die
rooiverskuiwing
-opmetings van die laat 1970's en vroee 1980's, wat ’n plat konsentrasie van sterrestelsels getoon het.
[4]
In ’n omvattende dokument het
R. Brent Tully
in 1982 die resultate van sy navorsing oor die basiese struktuur van die PS gepubliseer. Die superswerm bestaan uit twee dele: ’n plat skyf wat twee derdes van die superswerm se liggewende sterrestelsels bevat, en ’n rofweg bolvormige halo of ring wat die oorblywende derde bevat.
[5]
Die skyf self het ’n dun (~1 miljoen parsek) ellipsvorm met ’n verhouding tussen die lang en die kort as van minstens 6:1, en moontlik tot 9:1.
[6]
Danksy data wat in Junie 2003 bekendgemaak is na ’n vyfjaarstudie was sterrekundiges in staat om die PS met ander superswerms te vergelyk. Die PS is ’n redelike klein en arm (m.a.w. sonder ’n hoedigtheidskern) superswerm. Dit het een ryk sterrestelselswerm in die middel wat omring is deur
filamente
van sterrestelsels en arm groepe.
[7]
Die
Plaaslike Groep
is aan die buitewyke van die PS gelee in ’n klein filament wat van die Fornax-swerm tot die Virgo-swerm strek.
[4]
Die Virgo-superswerm se volume is min of meer 7 000 keer die van die Plaaslike Groep en 100 miljard keer die van die Melkweg.
Sedert die laat 1980's is dit duidelik dat nie net die Plaaslike Groep nie, maar alle materie tot op ’n afstand van 50 miljoen parsek, teen 600 km/s beweeg in die rigting van die Norma-sterrestelselswerm (Abell 3627) ? ook bekend as die
Groot Aantrekker
as gevolg van die tot dusver onverklaarbare verskynsel.
[8]
- ↑
R. Brent Tully, Helene Courtois, Yehuda Hoffman, Daniel Pomarede (2 September 2014). "The Laniakea supercluster of galaxies".
Nature
.
513
(7516): 71.
arXiv
:
1409.0880
.
Bibcode
:
2014arXiv1409.0880T
.
doi
:
10.1038/nature13674
.
AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
cfa.harvard.edu,
The Geometry of the Local Supercluster
,
John P. Huchra
,
2007
(URL besoek op 12-12-2008)
- ↑
de Vaucouleurs, G. (Maart 1981). "The Local Supercluster of Galaxies".
Bulletin of the Astronomical Society of India
.
9
: 1.
Bibcode
:
1981BASI....9....1D
.
- ↑
4,0
4,1
Klypin, Anatoly (Oktober 2003). "Constrained Simulations of the Real Universe: The Local Supercluster".
The Astrophysical Journal
.
596
(1): 19?33.
arXiv
:
astro-ph/0107104
.
Bibcode
:
2003ApJ...596...19K
.
doi
:
10.1086/377574
.
- ↑
Hu, F. X. (April 2006). "Orientation of Galaxies in the Local Supercluster: A Review".
Astrophysics and Space Science
.
302
(1?4): 43?59.
arXiv
:
astro-ph/0508669
.
Bibcode
:
2006Ap&SS.302...43H
.
doi
:
10.1007/s10509-005-9006-7
.
- ↑
Tully, R. B. (15 Junie 1982). "The Local Supercluster".
Astrophysical Journal
.
257
(1): 389?422.
Bibcode
:
1982ApJ...257..389T
.
doi
:
10.1086/159999
.
- ↑
Einasto, M. (Desember 2007). "The richest superclusters. I. Morphology".
Astronomy and Astrophysics
.
476
(2): 697?711.
Bibcode
:
2007A&A...476..697E
.
doi
:
10.1051/0004-6361:20078037
.
- ↑
Plionis, Manolis; Valdarnini, Riccardo; Valdarnini (Maart 1991). "Evidence for large-scale structure on scales about 300/h MPC".
Royal Astronomical Society, Monthly Notices
.
249
: 46?61.
Bibcode
:
1991MNRAS.249...46P
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- Brent Tully:
The Local Supercluster
, Astrophys. J., vol. 257, pp. 389?422 (1982)
- Oscar Monchito:
Superclusters and Other Stuff
, Colton, vol. 12, pp. 124?118 (1992)
- Lynden-Bell, D., et al.:
Spectroscopy and photometry of elliptical galaxies. V ? Galaxy streaming toward the new supergalactic center
, Astrophysical Journal, Deel 1, vol. 326, ble. 19?49 (Mar 1988)