in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Heilige en Groot Klooster van Vatopedi
(
Grieks
: Βατοπ?δι) op
Berg Athos
in
Griekeland
is in die tweede helfte van die 10de eeu gebou deur drie monnike, Athanasius, Nicholas en Antonius van
Adrianopel
, wat dissipels van
Athanasius van Athos
was.
Verskeie geboue is sedertdien gebou, die meeste in die
Bisantynse
tydperk en tydens die 18de en 19de eeu toe die
klooster
op sy hoogtepunt was. Sowat 100
monnike
woon vandag in die klooster en uitgebreide herstelwerk aan die groter geboue is op pad.
Twee groot skiti's (kloostergemeenskappe) behoort tot Vatopedi: die Agiou Andrea (St. Andreas) in
Karyes
en die Agiou Dimitriou (St. Demetrius) naby die hoofklooster. Ander, kleiner skiti's val ook onder die klooster.
- Die Katolikon (hoofkerk)
- Die eetsaal
- Die kloktoring uit die Bisantynse tyd
- Die 10de-eeuse noordoos-toring wat nou die biblioteek huisves
In die klooster is ’n gordel wat deur sommige geglo word aan die
Maagd Maria
behoort het en wat sy aan
Tomas
gegee het. ’n Silwer-reliekhouer met juwele versier en met die kopbeen van
Johannes Chrysostomus
word in die klooster gehou en kan volgens
Oosters-Ortodokse
Christene help met wonderhelings. Daar is ook verskeie
ikone
.
In die biblioteek is die
Vatopedi-handves
, ’n
Middeleeuse
koninklike handves uit die 13de eeu van
Iwan Asen II van Bulgarye
wat aan die klooster opgedra is. Dit is in 1929 in die klooster se argiewe ontdek. Die biblioteek bevat ook 2 000 manuskripte en 35 000 gedrukte boeke.
Daar is sewe ikone in die klooster van die
Moeder van God
wat glo wonderwerke kan meebring: Elaiovrytissa, Ktetorissa (Vimatarissa), Esphagmeni, Pantanassa, Pyrovolitheisa, Antiphonitria en Paramythia.
[1]
40°19′N
24°13′O
/
40.317°N 24.217°O
/
40.317; 24.217