in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vaalrivier
|
Uitsig stroomaf van die
N3
-nasionale pad af
|
Stroomgebied
|
Suid-Afrika
|
Oorsprong
|
Sterkfonteinbaken naby
Breyten
|
Monding
|
Oranjerivier
|
Lengte
|
1 120 km
|
Gemiddelde afloop
|
4 300 miljoen m
3
|
Stroomgebiedopp.
|
200 000 km
2
|
Die
Vaalrivier
is die grootste
takrivier
van die
Oranjerivier
in
Suid-Afrika
. Die Vaalrivier kry sy naam van die grys kleur van sy water, veral in die vloedseisoen wanneer baie slik en sediment afgevoer word. Die
opvanggebied
is ongeveer 200 000 km
2
en die jaarlikse afloop is 4 300 miljoen m
3
.
Dit het sy oorsprong by Sterkfontein Baken naby
Breyten
, in
Mpumalanga
provinsie en vorm die grootste deel van die
Vrystaat
provinsie se noordelike grens. Dit vloei hiervandaan 1 120 km suidwes tot by sy samevloeing met die
Oranjerivier
naby
Douglas
. Sowat 30 km suidoos van
Ermelo
vloei die rivier onder deur die
Paulkrugerbrug
wat die
N11
-nasionale pad dra. Net voor
Standerton
vloei die rivier in die
Grootdraaidam
in. Die
Kliprivier
sluit nou by die rivier aan en dan vloei die Vaalrivier onder deur die
N3
nasionale pad by
Villiers
.
[1]
Net daarna vloei die rivier by die
Vaaldam
in. By die Vaaldam vloei die
Wilgerivier
ook by die dam in; die Vaaldam is oor die samevloeiing van die twee riviere gebou.
Die Vaalrivier vloei nou wes, deur die
Vaaldriehoek
. Die ander
Klipriviersytak
vloei nou saam met die Vaalrivier net voor die rivier oor die
Barrage
keerwal gaan. Hiervandaan vloei die rivier tot in die
Bloemhofdam
.
Die
Hartsrivier
is een van die noordelike sytakke van die Vaalrivier. In die omgewing waar die Hartsrivier in die Vaalrivier vloei, is die
Vaalharts-besproeiingskema
in
1933
as deel van die nasionale heropbouprogram na die
Groot Depressie
ontwikkel. Dit is 'n groot besproeiingsprojek wat water uit die Vaal- en Hartsriviere deur middel van kanale oor 'n groot gebied wat voorheen redelik droe wereld was, versprei en die dorpe
Jan Kempdorp
en
Vaalharts
laat groei het.
Water word uit die rivier onttrek om te voldoen aan die industriele behoefte van die
Gauteng
en 'n groot deel van die Vrystaat. Die grootmaatverbruikers sluit in:
Rand Water
,
Eskom
se steenkoolkragstasies,
Yskor
,
Sasol
, die
Vrystaatse Goudvelde
en myne in die
Noord-Kaap
.
Damme in die Vaalrivier
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
Vaaldam
is die grootste dam in die Vaalrivier. Dit is die tweede grootste dam in Suid-Afrika in terme van oppervlakarea en het die vierde grootste volume. Ander damme in die rivier is die
Grootdraaidam
naby
Standerton
en die
Bloemhofdam
naby
Bloemhof
. Daar is ook verskeie keerwalle in die rivier waarvan die Barrage naby
Vereeniging
die bekendste is.
Geelvisse
,
Oranjerivier-moddervisse
en
moggels
kom onder andere in die rivier voor.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Vaal River
.
|