한국   대만   중국   일본 
Vatternmeer - Wikipedia Gaan na inhoud

Vatternmeer

Koordinate : 58°24′N 14°36′O  /  58.400°N 14.600°O  / 58.400; 14.600
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vatternmeer

Nasa -Satellietbeeld van die Vatternmeer

Kaart van die Vatternmeer
Koordinate : 58°24′N 14°36′O  /  58.400°N 14.600°O  / 58.400; 14.600
Ligging: Swede
Soort: Binnemeer
Oppervlakte : 1 886 km² (728 myl²) [1]
Gemiddelde diepte: 40 m (131 vt) [1]
Maksimum diepte: 120 m (394 vt) [1]
Volume : 73,5 km³ (17,6 myl³) [1]
Lengte : 135 km (84 myl) [1]
Breedte : 31 km (19 myl) [1]
Invloei: Forsviksan, Tabergsan, Huskvarnaan
Uitvloei: Motala strom
Eiland/e : Visingso
Nedersettings : Jonkoping , Askersund, Hjo, Karlsborg, Motala, Vadstena en Granna

Die Vatternmeer ( Sweeds : Vattern , [?v??tː??]) is die sesde grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 1 886 km². Daarbenewens is dit die naasgrootste meer van Swede net na die Vanernmeer . Dit is in die suide van Swede, tussen Stockholm in die ooste en Gotenburg in die weste, gelee en grens aan die provinsies Vastergotland, Narke, Ostergotland en Smaland.

Kaart van Swede met die Vatternmeer in die suide
'n Sweedse sauna op die bevrore Vatternmeer

Die Vatternmeer vorm saam met die Vanernmeer deel van 'n waterweg regdeur Swede tussen Gotenburg in die weste en die Oossee in die ooste, wat die Trollhatte-kanaal langs die Gota alv in 'n westelike rigting en die Gota-kanaal in 'n oostelike rigting insluit. Jonkoping is die grootste stad aan die Vatternmeer en le langs die suidoewer.

Jaarliks vind in Juniemaand 'n fietstoer rondom die Vatternmeer plaas: Vatternrundan ("Vatternrondvaart"). Dit begin en eindig in Motala en loop oor sowat 300 km. Dit behels geen pryse nie en is oop vir Jan Alleman.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 ( sv ) "Fakta om Vattern" . Sweedse Meteorologiese en Hidrologiese Instituut. 30 April 2024 . Besoek op 7 Mei 2024 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]