Die
United Democratic Front
(afkorting
UDF
;
Afrikaans
: Verenigde Demokratiese Front) was ’n anti-
apartheidsorganisasie
wat in
1983
gestig is. Die nierassige koalisie van ongeveer 400 burgerlike, kerk-, studente-, werkers- en ander organisasies is aanvanklik gestig om teen die nuwe driekamerparlement te agiteer. Die doel van die UDF was om 'n "nierassige, verenigde
Suid-Afrika
te vestig waarin segregasie afgeskaf word en waarin die
samelewing
bevry is van institusionele en stelselmatige
rassisme
."
Die UDF se slagspreuk was: "
UDF Unites, Apartheid Divides
."
Die betrokkenheid by
vakbonde
, wat in 1973 in Durban versnel is, het daartoe bygedra dat 'n volhoubare politieke kultuur onder
swart mense
in Suid-Afrika geskep is.
Groot stedelike protesoptrede kan ook nagespoor word na die toename in skolieraktivisme en die
Soweto-opstand
in 1976.
[3]
Sedert 1982 het die gevolge van 'n wereldekonomiese krisis ook Suid-Afrika geraak, en die prys van
goud
het ook in 1985 gedaal.
[3]
Die resultaat van hierdie neigings en ander ekonomiese probleme het groot
werkloosheid
veroorsaak, veral onder jong swart Suid-Afrikaners.
[3]
Die regering het in 1983 'n nuwe
grondwet
opgestel "in 'n poging om kritiek teen apartheid te beeindig en 'n nuwe koers" in te slaan.
Die nuwe bedeling het 'n driekamerparlement voorgestel waarin die Suid-Afrikaanse
bruin mense
en
Asiate
"nominale verteenwoordiging" sou geniet.
[5]
Swart mense mag steeds nie aan die regering deelgeneem het nie.
[5]
Tydens 'n betoging in
Langa
in 1984 het die polisie op die deelnemers geskiet en dit het tot verdere opstande gelei, onder meer 'n "swart jeugopstand" teen 1985 in Suid-Afrika.
Die planne vir 'n nuwe politieke organisasie is deur eerwaarde
Allan Boesak
op 'n konferensie op 23 Januarie 1983 van die Transvaal Anti-South African Indian Council Committee bekendgestel.
[7]
Die deel van sy toespraak waarin hy 'n "verenigde front" van "kerke, burgerverenigings, vakbonde, studente-organisasies en sportliggame" noem, was nie beplan nie, maar is goed ontvang.
Hy het ook versoek dat swart mense ten volle aan die regering deelneem.
Die UDF het toe streekskomitees gevorm wat verhoudings met plaaslike organisasies gevestig het. Die Natalse UDF is eerste in Mei bekendgestel, en daarna die Transvaal-streek (in Junie) en die Kaapprovinsie (Julie).
[10]
Verteenwoordigers van die streke het die tussentydse nasionale komitee gevorm, wat ook aktiviste van buite ingesluit het.
Einde Julie het die komitee 'n tweedaagse vergadering gehou waar hulle 'n nasionale bekendstellingsdatum bespreek het. Alhoewel die meeste afgevaardigdes tyd wou he om die streke voor die nasionale bekendstelling te organiseer, het hulle besluit dat die beste datum op 20 Augustus was, die dag waarop die regering beplan het om die Driekamergrondwet in werking te stel. Die UDF het meer as 400 000 briewe, strooibiljette en brosjures uitgestuur om die groep se bekendstelling te adverteer.
Die UDF se simbole ? 'n logo en slagspreuk ? is ook tydens die vergadering gekies. Beide die logo en die slagspreuk het die wydverspreide ondersteuning uitgebeeld wat die UDF gehoop het om onder 'n wye verskeidenheid Suid-Afrikaners van alle rasse te werf. Sommige lidorganisasies het die slagspreuk "
UDF Unites, Apartheid Divides
" aangepas; die Soweto Civic Association het byvoorbeeld
Soweto Civic Association Unites ?
Piet Koornhof
Divides
gebruik.
Op 20 Augustus 1983 word die UDF in die Rocklands-gemeenskapsaal,
Mitchells Plain
, naby
Kaapstad
, geloods. Na 'n konferensie van afgevaardigdes van 575 organisasies is 'n openbare byeenkoms gehou wat deur ongeveer 10 000 mense bygewoon is.
Frank Chikane, die eerste groot spreker, het die dag "'n keerpunt in die stryd om vryheid" genoem.
Aktiwiteite van die UDF
[
wysig
|
wysig bron
]
Die UDF en sy geaffilieerdes het huurgeldboikotte, protesoptrede by skole, werkers wegblyaksies en 'n boikot van die driekamerstelsel bevorder. Hierdie aktiwiteite het na September 1984 in alle erns plaasgevind.
[3]
In 1989 het die UDF afgevaardigdes na die
Verenigde State
en die
Verenigde Koninkryk
gestuur om te bespreek wat die buiteland kan doen om apartheid te beeindig.
[11]
Vroue in die afvaardiging "was die mense die gesprek dikteer het", met
Albertina Sisulu
wat 'n sterk boodskap van niegeweld en deernis oorgedra het.
[11]
Verbannings en gevangenisstraf
[
wysig
|
wysig bron
]
In 1986 het president
P.W. Botha
die UDF verbied om buitelandse fondse te ontvang.
[5]
Die UDF was van Februarie 1987 af aan 'n regeringsverbod onderhewig om sy optrede te beperk.
[12]
In Mei 1987 het 'n Natalse provinsiale regter van die Hooggeregshof, John Didcott, beslis dat die verbod op die UDF se vermoe om buitelandse geld te ontvang, opgehef moet word.
[13]
Buitelandse bydraes het meer as die helfte van die beweging se begroting behels.
[13]
Aan die einde van 1987 was die meerderheid van die UDF se aktiviste in die tronk.
Op 19 Februarie 1985 is verskeie lede van die UDF, onder wie Albertina Sisulu, Frank Chikane en Cassim Saloojee, in hegtenis geneem kragtens lasbriewe vir
hoogverraad
.
[15]
Die UDF is daarvan beskuldig dat hy 'n "skadu-organisasie vir die
African National Congress
" was.
[15]
In November 1988 is agt van die beskuldigdes weens hoogverraad op al die aanklagte vrygespreek, terwyl vier aktiviste skuldig bevind is aan
terrorisme
.
[16]
Die regter het ook beslis dat die UDF 'n "rewolusionere organisasie" was wat "in 1984 geweld in swart
townships
aangehits het om Suid-Afrika onregeerbaar te maak".
[16]
Die skuldigbevindings is in 1989 deur die appelhof in Bloemfontein omgekeer en vyf aktiviste is vrygelaat, onder wie Popo Molefe.
[12]
Toe die ANC, die
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
(SAKP), die
Pan Africanist Congress
(PAC) en ander organisasies in Februarie 1990 ontban is, het die UDF 'n verandering in die gesig gestaar en "het dit duidelik geword dat die behoefte aan die UDF nie meer bestaan nie".
[17]
In Maart 1991 is die besluit geneem om dit te ontbind en die UDF het sy laaste vergadering op 14 Augustus 1991 in
Johannesburg
gehou.
[17]
- ↑
3,0
3,1
3,2
3,3
Neocosmos, Michael (1996).
"From People's Politics to State Politics: Aspects of National Liberation in South Africa, 1984-1994"
.
Politeia
.
15
(3). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 April 2003
. Besoek op
17 September
2016
.
- ↑
5,0
5,1
5,2
"Botha Blocks Anti-Apartheid Donations"
.
The Daily Herald
. 10 Oktober 1986
. Besoek op
14 September
2016
.
- ↑
The UDF at 30: An organisation that shook Apartheid's foundation
, deur J. Brooks Spector,
The Daily Maverick
, 22 Augustus 2013
- ↑
"United Democratic Front (UDF)"
.
South African History Online
(in Engels). 30 Maart 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Junie 2019
. Besoek op
14 September
2016
.
- ↑
11,0
11,1
Arnold, Reid (13 Mei 2015).
"Strong and Unnoticed: The Women of the UDF"
.
South African History Online
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2019
. Besoek op
16 September
2016
.
- ↑
12,0
12,1
Kraft, Scott (16 Desember 1989).
"Convictions Overturned for 5 Leading South African Black Activists"
.
Los Angeles Times
. Besoek op
14 September
2016
.
- ↑
13,0
13,1
Parks, Micahael (9 Mei 1987).
"Foreign Gifts Allowed for Apartheid Foes : Court Clears Way for United Democratic Front to Solicit Abroad"
.
Los Angeles Times
. Besoek op
14 September
2016
.
- ↑
15,0
15,1
"Six Anti-Apartheid Leaders Are Arrested in South Africa On High Treason Charges"
.
Santa Cruz Sentinel
. 19 Februarie 1985
. Besoek op
14 September
2016
– via Newspapers.com.
- ↑
16,0
16,1
"Activists Convicted of Treason"
.
The Salina Journal
. 19 November 1988
. Besoek op
14 September
2016
– via Newspapers.com.
- ↑
17,0
17,1
"Disbanding, 1990-1991"
.
South African History Online
(in Engels). 30 Maart 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020
. Besoek op
14 September
2016
.
- Good, Kenneth (November 2011).
"The Capacities of the People Versus a Predominant, Militarist, Ethno-Nationalist Elite: Democratisation in South Africa c. 1973-97"
(PDF)
.
Interface
.
3
(2)
. Besoek op
14 September
2016
.
- Hassim, Shireen (2006).
Women's Organizations and Democracy in South Africa: Contesting Authority
. The University of Wisconsin Press.
ISBN
9780299213831
.
- Hemson, David (1996)
For sure you are going to die! Political participation and the comrade movement in Inanda, Kwazulu?Natal
- Neocosmos, Michael (2007)
Civil society, citizenship and the politics of the (im)possible: rethinking militancy in Africa today
- Neocosmos, Michael (1996).
"From People's Politics to State Politics: Aspects of National Liberation in South Africa, 1984-1994"
.
Politeia
.
15
(3). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 April 2003
. Besoek op
17 September
2016
.
- Sitas, Ari (September 1992).
"The Making of the 'Comrades' Movement in Natal, 1985-91"
(PDF)
.
Journal of Southern African Studies
.
18
(3)
. Besoek op
17 September
2016
.
- Suttner, Raymond (September 2004).
"The UDF Period and its Meaning for Contemporary South Africa"
.
Journal of Southern African Studies
.
30
(3)
. Besoek op
17 September
2016
.
- Swilling, Mark (1987).
The United Democratic Front and Township Revolt In South Africa
(PDF)
.
- Van Kessel, Ineke (2000).
'Beyond Our Wildest Dreams': The United Democratic Front and the Transformation of South Africa
. University Press of Virginia.
ISBN
0813918685
.