in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
United Christian Democratic Party
|
UCDP
|
|
Leier
|
Modiri Desmond Sehume
|
Slagspreuk
|
Ready to deliver where others have failed
|
Gestig
|
1997
|
Voorafgegaan deur
|
Tswana Nasionale Party
|
Hoofkwartier
|
Mmabatho
|
Jeugvleuel
|
UCDP Jeugliga
|
Ideologie
|
Christelike demokrasie
|
Amptelike kleure
|
|
Webblad
|
www
.ucdp
.org
.za
|
Die
United Christian Democratic Party
is ’n
politieke party
in
Suid-Afrika
. Dit is deur die voormalige president van
Bophuthatswana
,
Lucas Mangope
in 1997 gestig, en is vir die eerste vyftien jaar deur hom gelei. Mavis Matladi is as leier op 29 Januarie 2011 verkies maar is in Desember van dieselfde jaar oorlede.
[1]
Isaac Sipho Mfundisi is op 7 Januarie 2012 verkies as president van die UCDP.
Die meeste van die party se steun kom uit die
Noordwes-provinsie
(waar Bophuthatswana gelee was), en het baie min teenwoordigheid elders in Suid-Afrika. Die UCDP was die grootste opposisieparty teenoor die
ANC
in Noordwes na die algemene verkiesings in
1999
en
2004
, maar in 2009 het hulle teruggesak na die vierde grootste party in die provinsiale wetgewer na die ANC,
DA
en
Cope
.
Tydens die
2009 algemene verkiesing
het die party 66 086 stemme (0.37% van die nasionale stemme), en twee setels in die
parlement
gekry. Dit was egter ’n groot terugslag aangesien die party ongeveer die helfte van sy steun, asook een setel, verloor het sedert die
vorige verkiesing
.
In die provinsiale verkiesing het die party se steun afgeneem van 8.49% en 3 setels in die Noordwes provinsiale wetgewer,
[2]
na 5.27% en 2 setels in 2009. In 2009 het hulle in ses van die ander provinsies minder as 0.1% steun gekry.
Die party se missiestelling le klem op die behoefte aan Christelike waardes, nie-rassige demokrasie en regeringstoelae vir selfonderhoud. In 2004 het die party se manifes uitgevaar teen die ANC weens die ANC se beweerde sagte optrede teenoor misdaad, nepotisme en die verwaarlosing van die infrastruktuur in Suid-Afrika.
[3]
’n Opname in 2003 deur die
Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing
(RGN), het gevind dat 85% van die UCDP se kiesers vroulik was.
[4]
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2014
|
21,744
|
0.12
|
0
|
2009
|
66,086
|
0.37
|
2
|
2004
|
117,792
|
0.75
|
3
|
1999
|
125,280
|
0.80
|
3
|