in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Advertensie van die Union-Castle-Redery
Die
Union-Castle-Redery
is in 1900 gestig na die samesmelting van die
Union-Redery
met die
Castle-Redery
. Aanvanklik is die firma deur Donald Currie & Co bestuur maar later is die beheer oorgeneem deur die
Royal Mail Steam Packet Company
waarvan sir Owen Phillips aan die hoof was. Hierdie reeling het in 1932 tot 'n einde gekom toe die Union-Castle Mail Steamship Company sy onafhanklikheid hervat het. In 1956 is die beheer deur die Cayvier, Irvine-groep oorgeneem. In 1965 is verkeie groot skepe aan
Safmarine
verkoop.