in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ultra HD Blu-ray
is 'n digitale stoorformaat vir optiese Blu-ray-skywe (BDXL) wat op 1 Maart 2016 amptelik deur die
Blu-ray Disc Association (BDA)
- 'n vereniging van vervaardigers in die rolprent- en stoormediabedryf wat sy hoofkwartier in
Los Angeles
het - ingevoer is en tans naas
Blu-ray
en
DVD-Video
bestaan.
[1]
Danksy sy groter stoorruimte is die formaat geskik om video-inhoud met hoer resolusie in 4K (3840 x 2160 beeldpunte teenoor Blu-ray se 1920 x 1080) en 'n maksimum van 60 raampies per sekonde te stoor. Video-inhoud word volgens die
High Efficiency Video Coding (HEVC)
-standaard geenkodeer. Die formaat is nie versoenbaar met konvensionele Blu-ray-spelers nie. UHD-Blu-ray-spelers is egter in staat om Blu-ray-, DVD-Video en
kompakskywe
weer te gee.
Ultra HD Blu-ray-skywe ondersteun die weergawe van video-inhoud met hoe dinamiese omvang (
Engelse
afkorting: HDR) danksy die hoer kleurdiepte van 10 bit per kleur en 'n hoer kleur-gamut. Oudio-weergawe sluit nuwe 3D-omringklankformate soos
Dolby Atmos
, DTS:X en
Auro 3-D
in wat omhullende klank lewer met luidsprekers wat op verskillende hoogtes aangebring word.
Anders as in die geval van Blu-ray en DVD-Video maak die Ultra HD Blu-ray-standaard geen voorsiening meer vir gebiedskodes nie.