in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gekoordineerde Universele Tyd
of
Universal Time Coordinated, UTC
, dikwels ook
Burgerlike Tyd
genoem, is die huidige tydstandaard of wereldtyd. Die Gekoordineerde Universele Tyd het reeds in 1926 die vroeer gebruiklike Middelbare
Greenwichtyd
(MGT) vervang (wat volgens astronomiese beginsels gewerk het) en is 'n kombinasie van die Internasionale Atomiese Tyd (TAI) en die Universele Tyd (UT). Volgens 'n internasionale konvensie word tydsones as 'n positiewe of negatiewe afwyking van UTC aangedui. Die Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST) word dus as UTC+2 aangedui.
By toepassings op globale vlak (byvoorbeeld die
internet
) word tydstippe gereeld in UTC en op 'n universele manier genoteer, o.a. met die behulp van 'n 24 uur notasie, sonder punte, nm/vm ens. Die notasie 1315 UTC beteken dus kwart-oor-een die middag, volgens die standaardkonvensie (op die nul-
meridiaan
).
In die militere sfeer en in die burgerlike lugvaart word soms ook die afkorting "Z" of "Zulu" gebruik soos in "1320z". Die "Z" verwys na die
zero meridian
of nulmeridiaan.
UTC is die standaardverwysing vir die volgende tydsbepalings:
- in die lugvaart en seevaart,
- in die sinoptiese weerkunde,
- vir algemene wetenskaplike doeleindes (behalwe vir spesifieke tydsbepalings),
- vir internasionale projekte wat oor 'n aantal tydsones strek,
- vir amateurradio,
- op die
Internasionale Ruimtestasie
(ISS),
- in
Antarktika
,
- op talle internasionale Internet-portale,
- in vonkposse.
Oorsprong
|
Afgekort
|
In woorde
|
Engels
|
UTC
|
Coordinated Universal Time
|
Frans
|
UTC
|
Temps Universel Coordonne
|
ooreengekom
|
UTC
|
nie-amptelike in Engelse: "Universal Time, Coordinated"
|
Die Gekoordineerde Wereldtyd word internasionaal afgekort as
UTC
. Aanvanklik is die term GMT vervang deur die meer neutrale benaming UT ("Universal Time" of Universele Tyd). Aangesien die UT op die meridiaan-deurgange van sterre baseer en sodoende die aarde se vertragende omwenteling volg, is dit ? wat die tydsbepaling van sekondes aangaan ? nie geskik vir die wereldwye koordinasie van presiese instrumente en tegnologiee soos byvoorbeeld GPS nie.
Die nuwe tydstelsel, wat vervolgens ingevoer is, voeg reelmatig skrikkelsekondes by om vir die aarde se vertragende omwenteling te kompenseer. Hierdie nuwe gekoordineerde wereldtyd het die benaming UTC gekry. Vir die internasionale benaming en afkorting is 'n kompromie getref wat sowel die Engelse (
Coordinated Universal Time = CUT
) as die Franse afkorting (
Temps universel coordonne = TUC
) in ag neem.
|
---|
180° tot < 90°W
| |
---|
90°W tot < 0°
| |
---|
0° tot < 90°O
| |
---|
90°O tot < 180°
| |
---|
180° tot < 90°W)
| |
---|