in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Tweede Oorgangstydperk
is ’n periode in die geskiedenis van
Antieke Egipte
toe wanorde vir ’n tweede keer geheers het, tussen die
Middel-
en die
Nuwe Ryk
. Dit is veral bekend as die tyd toe die
Hyksos
van
Wes-Asie
hul verskyning in Egipte gemaak het en wie se bewind oor die
15de Dinastie
gestrek het.
Nadat ’n sentrale mag weer herstel is, het die Nuwe Ryk ontstaan. Dit was die mees vooruitstrewende periode van Egipte en die hoogtepunt van sy mag.
[1]
- ↑
Shaw, Ian, red. (2000).
The Oxford History of Ancient Egypt
. Oxford University Press. p. 481.
ISBN
0-19-815034-2
.