in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tuynhuys
is die ampswoning van die
president van Suid-Afrika
in
Kaapstad
. Die woning grens aan die
Kompanjiestuin
, 'n park in sentraal Kaapstad wat in 1652 deur die
Nederlandse
setlaars van die
Oos-Indiese Kompanjie
uitgele is om
groente
te kweek. Die nabyheid van die tuin verklaar die naam tuinhuis. Tuynhuys is al vir meer as 250 jaar die ampswoning van die hoogste gesag in die land en was die woning van die meeste Nederlandse,
Bataafse
en
Britse
administrateurs en goewerneurs van die
Kaapkolonie
. Sedert 1961 woon die Eerste Ministers en (Staats)presidente van Suid-Afrika in Tuynhuys.
Die gebou het 'n skynbaar nederige begin gehad. Die vroegste verwysing daarna is uit 1674, toe die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie 'n "tuinhuisie" gebou het om gereedskap vir die Kompanjie se groot tuin te berg. Hierdie tuin is in 1652 deur
Jan van Riebeeck
aangele. In ongeveer 1684 is die tuinhuisie in 'n gastehuis vir goewerneur
Simon van der Stel
se buitelandse besoekers omskep. Daarna is die woning 'n paar keer verbou en uitgebrei. In 1751 word vermeld dat die goewerneur dit as 'n somerhuis gebruik.
Op 'n tekening van Josephus Jones uit die jaar 1790 kan die kenmerkende
rococo
-balusters al in die tuin gesien word. Die styl van die gebou is deur die 18de-eeuse Nederlandse en Nederlands-Indiese argitektuur van daardie tyd beinvloed. Vergelykbare gewels, vensters, deure en boligte kan gesien word in koloniale geboue wat in dieselfde tydperk in plekke soos
Amsterdam
en
Batavia
gebou is.
Die totale ontwerp word aan die Franse argitek
Louis Michel Thibault
(1750?1815) toegeskryf, maar die artistieke besonderhede van die buitegewels, waaronder die beelde van
Mercurius
en
Poseidon
en die VOC-embleem word aan Jacobus Leeuwenberg en
Anton Anreith
(1754?1822) toegeskryf. Die gebruik van slawe vir die bou van die woning word nie deur historici uitgesluit nie. Nadat die Kaap in 1809 deur die Britte oorgeneem is, het die gebou 'n gedaantewisseling ondergaan. Die Goewermentshuis, soos dit toe genoem is, is oorgepleister en het 'n meer Georgiaanse styl gekry. Goewerneur lord
Charles Somerset
brei die gebou aan beide kante uit met 'n danssaal en 'n ryk versierde trap word aangebring.
In 1968 word die gebou deur die argitek Gabriel Fagan in sy ou 18de-eeuse glorie herstel. Die tekening uit 1790 gespeel 'n belangrike rol hierin.
Die gebou le tussen die geboue van die
Suid-Afrikaanse Nasionale Parlement
en die geboue van die Raad van die President. Bykans al die goewerneurs en presidente gebruik die gebou as woning. In 1854 is die eerste parlementsitting van Suid-Afrika in hierdie gebou gehou.
- 1806 ? Die naam van Tuynhuys word deur die nuwe Britse heersers na Goewermentshuis (
Government House
) gewysig.
- 1854 ? Die eerste parlement van die Britse
Kaapkolonie
word deur die Britse goewerneur
George Grey
in Tuynhuys byeengeroep.
- 1947 ? Tuynhuys (Goewermentshuis) dien as gastehuis vir die Britse koninklike familie wat in Suid-Afrika oorbly.
- 1968 ? Tuynhuys word teruggebring in 18de-eeuse styl en kry sy voormalige Nederlandse naam terug.
- 18 Maart 1992 ? Op die trappe van die Tuynhuys verklaar staatspresident
Frederik Willem de Klerk
dat die stelsel van
apartheid
na 'n hervormingsproses van 2 jaar afgeskaf is.
Koordinate
:
33°55′39″S
18°25′07″O
/
33.9274°S 18.4186°O
/
-33.9274; 18.4186