in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
troposfeer
is die laagste laag van die
Aarde
se
atmosfeer
en die een waarin byna al die
weerstoestande
plaasvind. Dit bevat 75% van die atmosfeer se
massa
en 99% van die totale massa van die
waterdamp
en
aerosols
.
[1]
Die gemiddelde hoogte van die troposfeer is 13 km ? dit is 18 km in die
trope
, 17 km by die middelste
breedtegrade
en in die winter 6 km in die
poolstreke
.
Die laagste deel van die troposfeer, waar
wrywing
met die Aarde se oppervlak lugvloei beinvloed, is die planeet se grenslaag. Dit is gewoonlik ’n paar honderd meter tot 2 km diep, na gelang van die landvorm en tyd van die dag. Bo die troposfeer is die
tropopouse
, wat die grens tussen tropo- en
stratosfeer
is. Die tropopouse is ’n inversielaag, waar die lug se
temperatuur
ophou om met die hoogte af te neem en dus konstant deur die hele laag bly.
[2]
Die woord "troposfeer" is afgelei van die
Griekse
tropos
("draai, omkeer, verander") en
sphere
.
- ↑
"Troposphere".
Concise Encyclopedia of Science & Technology
. McGraw-Hill. 1984.
- ↑
Danielson, Levin, and Abrams (2003).
Meteorology
. McGraw Hill.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (
link
)