in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Tronk
of
gevangenis
is 'n
gebou
of kompleks van geboue waar
mense
opgesluit word. Mense wat in 'n tronk aangehou word, word gevangenes of prisoniers genoem. Die personeel wat die tronk beman en bedryf word tronkbewaarders genoem. Mans, vrouens en jeugdiges word apart aangehou.
In die moderne samelewing word tronke algemeen as deel van die
regstelsel
ingespan om verhoorafwagtendes en veroordeelde
misdadigers
aan te hou. Na arrestasie word verhoorafwagtende gevangenes aangehou sodat hulle voor 'n hof gebring kan word. As hulle 'n vaste adres het en nie 'n vlugrisiko inhou nie, kan hulle op borgtog vrygelaat word. Daarteenoor word veroordeelde kriminele vir 'n spesifieke periode gevangenisstraf opgele. Dit dien as 'n vorm van straf, maar ook om hulle te rehabiliteer, of as dit nie moontlik is nie, uit die vrye samelewing te verwyder. Sulke gevangenes word soms vroeer, onder streng voorwaardes, op parool vrygelaat.
Outoritere regimes gebruik soms ook tronke as 'n instrument vir politieke onderdrukking, waar politieke andersdenkendes aangehou word. Die gebruik is egter onwettig in terme van internasionale reg. Ten tye van oorlog of konflik, kan gevangenes ook in militere tronke (soos
konsentrasiekampe
) geinterneer word.
Tronke word ook soms vir teregstellings gebruik. In lande waar die
doodstraf
toegepas word, word mense in tronke aangehou tot hulle tereggestel word.
Tronke word gewoonlik deur hoe mure, hekke en uitkykposte omring. Streng toegangsbeheer word toegepas om te verseker dat prisoniers nie ontsnap nie. Selfs binne die tronk is daar gewoonlik verskeie hekke om die beweging van die aangehoudenes te beheer. Die gevangenes slaap in klein geslote kamers wat selle genoem word. 'n Tipiese sel het 'n bed, toilet en 'n wasbak. Gevangenes word daagliks vir 'n beperkte tyd uit hulle selle (maar nogsteeds binne die tronk) gelaat om te eet, te oefen of sekere take te verrig (soos kosmaak en skoonmaak).
Besoekers word sommige dae vir kort periodes in 'n aparte besoekersarea toegelaat. Afhangende van die klassifikasie van 'n gevangene mag hy 'n publieke telefoon gebruik, sport beoefen of televisie kyk. Die administratiewe kantoor en gesondheidskliniek kan gewoonlik ook daagliks besoek word.
In Suid-Afrika word tronke meestal deur die
Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste
bestuur. Voorbeelde hiervan is die
Kgosi Mampuru II-beheergebied
in
Pretoria
en die
Drakenstein-gevangenis
in die
Paarl
. Die
Mangaung-gevangenis
in
Bloemfontein
is 'n voorbeeld van 'n privaatbestuurde tronk.