in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Martinus Johannes de Jongh
, meer bekend as
Tinus
(
31 Januarie
1885
,
Amsterdam
?
17 Julie
1942
,
Bloemfontein
) was 'n bekende Suid-Afrikaanse skilder.
Hy was eers verbied deur sy ouers om te skilder, maar hy het homself leer skilder en begin sy loopbaan as versierder in
Nederland
. Daarna het hy die beroep voltyds beoefen. Sy eerste sukses was toe die
Stedelijk Museum
in Amsterdam een van sy eerste skilderye gekoop het. Hy arriveer in 1921 in
Suid-Afrika
en vestig hom in
Kaapstad
. Sy eerste skilderye hier was sober, getipeer deur sy skildery
Still lewe met voels en haas
. Die lig en landskappe van Suid-Afrika vang sy oog en hy verander sy styl. Hy skilder later met 'n paletmes. Louis Woolf het as sy agent opgetree en honderde van sy skilderye verkoop.
Hy sterf op 17 Julie 1942 aan longkanker. Sy seun
Gabriel de Jongh
was ook 'n bekende landskapskilder.