'n
Tikmasjien
is 'n meganiese-, elektromeganiese-, of elektriese apparaat, voorsien van sleutels waarmee skryftekens op papier gedruk kan word. Voor die tikmasjien uitgevind is, is briewe en amptelike dokumente deur klerke per hand geskryf. 'n Tikmasjien bevat hamertjies met lettertekens wat letters op papier vorm wanneer die hamertjies teen die tiklint voor die papier slaan.
By latere tikmasjiene is die letters op 'n bal aangebring, wat 'n gegewe letter na voor draai wanneer die betrokke toets gedruk word. Die tikmasjien het 'n groot ontwikkeling deurgegaan en die modernste weergawe het 'n elektroniese geheue wat die masjien instaatstel om gestandaardiseerde briewe en dokumente outomaties uit te tik. Die uitvinding van die tikmasjien word toegeskryf aan
Henry Mill
, wat in
1714
'n patent daarvoor verkry het.
Van hierdie masjien het egter slegs in tekeninge bewaar gebly en die presiese konstruksie daarvan is onbekend. In
1829
het William Austin Burt sy "typographer" gepatenteer. Dit het uit 'n halfronde raam met lettertekens bestaan wat letters op papier gevorm het wanneer dit teen die papier geslaan het.
Die eerste praktiese tikmasjien is in
1870
gebou deur
Christopher Latham Sholes
(1819- 1890) in samewerking met
Carlos Glidden
en Samuel M. Soule. Sholes het dan ook die woord
typewriter
ingevoer, waarvoor die vertaling tikmasjien later in Afrikaans geskep is. Die letters (slegs hoofletters) was op 'n letterskyf wat teen die papier geslaan het wanneer 'n hefboom gedruk is.
Die tikmasjien is in samewerking met die wapenfabriek Remington and Sons ontwikkel, en spoedig was dit van 'n skryfrol en 'n palrat, soos in die gewone tikmasjien, voorsien. Die posisies van die lettertoetse op die toetsborde is gestandaardiseer volgens 'n internasionale ooreenkoms (QWERTY-toetsborde). In 1885 het 'n tikmasjien met ʼn dubbele aantal toetse verskyn ? vir klein- sowel as hoofletters. Later het die dubbele toetse egter verval toe die hoofletters gevorm is deur die skryfrol met behulp van 'n toets op te skuif.
'n Belangrike ontwikkeling was die elektriese tikmasjien. In beginsel werk dit net soos 'n gewone tikmasjien, behalwe dat die hamerarmpies deur middel van 'n elektromotor aangedryf word. Met die tikmasjien word 'n hoe tikspoed bereik, terwyl gelykmatiger swart skrif ook verkry word. In
1960
het IBM die gholfbal-tikmasjien bekendgestel, waarby 'n metaalbal met al die letters op die gewone hamertjies vervang het.
Rekenaartegnologie vervang die tikmasjien
[
wysig
|
wysig bron
]
Sedert die koms van die
rekenaar
en die
woordverwerker
het die tikmasjien in onbruik verval, omrede:
- 'n Rekenaar se elektroniese uitsette kan letterlik binne sekondes na enige plek ter wereld versend word deur die
internet
.
- Rekenaars en woordverwerkers gebruik 'n "virtuele" (elektroniese) vel papier (op die monitor), dus kan veranderings en foutkorreksies na willekeur en enige tyd gedoen word sonder om enige papier, korreksievloeistof of tiklint te verbruik.
- Die spoed en doeltreffendheid van 'n tikster op 'n rekenaar is waarskynlik tien keer beter as iemand op 'n meganiese tikmasjien, omdat die rekenaarsleutels sag is om te druk, terwyl tikmasjiene "geslaan" moet word. Tikfoute kan ook dadelik, tydens die tikwerk, maklik verbeter word.
Die
QWERTY-sleuteluitleg
is deur Christopher Sholes in
1867
gepatenteer en aan
Remington
in
1873
verkoop, waarna dit eerste in tikmasjiene gebruik is.
-
'n Ouer tikmasjien.
-
IBM Selectric II (dubbel Latyn/Hebreeus tikbal en sleutelbord
-
Selectric II dubbel Latyn/Hebreeus
Hadar
tikbal
-
Vervangbare IBM "gholfballe" met 'n €2 muntstuk vir vergelyking